Skoolseun kom op ma se lyk af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrystaatse tiener het Dinsdagmiddag ná skool op sy 43-jarige ma se liggaam in die gang van hul huis afgekom.

Sers. Mamello Mokhuoane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die 15-jarige seun van Saaiplaas in Virginia het omstreeks 16:30 van die skool af gekom toe die gru-vonds gemaak is.

“Sy ma se liggaam het in die gang van hul huis gelê. Haar hande en voete was met toue vasgebind. Daar was geen sigbare beserings aan haar lyf nie,” het Mokhuoane gesê.

Die polisie het die vrou as Nnini Lydia Majoe geïdentifiseer.

“Daar was geen tekens van gedwonge toegang nie, maar die huis was geplunder. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Mense met inligting oor die voorval word versoek om die Virginia-polisie te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sanet ·

Sterkte aan die seun. Dit moes ‘n vreeslike skok gewees het.

Ruby ·

Die arme kind, hy sal vir altyd daardie gesig onthou.

Wetteloosheid is aan die orde van die dag.

Winston ·

Hoop die ANC vroulike Liga gaan ook nou aan die betoog. Kom ons kyk?

EMK ·

Jip, Winston – stem alweer 100% met jou saam! Ek hoop die arme kind gaan berading kry, dit moet ‘n vreeslike skok vir mens wees om op so-iets af te kom. Sterkte aan hom.

Drieks ·

Nog ‘n moord, nog ‘n kind se lewe verwoes….deur die ANC

Z bc ·

Ai die arme kind…….dis net vreemd dat die moeder se name bekend gemaak word, want nou gaan die mense wat die moeder ken, weet wie die kind ook is en hy is minderjarig…….Sterkte aan die familie en geliefdes……dis baie hartseer.

Thinus Erasmus ·

Is dit dan die kind tot skande dat sy ma vermoor is? Dit moet bekend gemaak word, ook die kind se naam dat almal wat hom ken kan weet, troos en help waar hul kan!
Vergeet van die aangeplakte en sinnelose politieke korrektheid – dit is apaties om die minste te se!

Rina ·

Het ook op 13 op my ma se lyk afgekom na skool. Ek nou 49. Mens vergeet daardie seer nooit

anita ·

Jo!!! Soveel moorde nou eers by bls (blog) 1..in my lewe op aarde , en is nou 54 jaar nog nooit gedink dat n moord so maklik gaan wees om te pleeg in suid afrika nie! Dit raak by die dag erger en erger..

Tanya ·

My innige simpatie aan die seun vandag. Hoop daai moordenaar/s kry hul dag 10x erger, eks jammer hulle het jou moederliefde gesteel van jou Seuna

Johannes Harding ·

As oud polisie man wat misdaad voorkoming en statistieke vir die gemeenskap gedoen het vra ek myself die vraag af, wat het van misdaad voorkoming geword? Ek was verantwoordelik vir die MAS stelsel ( Misdaad Aanmeldings Stelsel ) en moes daagliks die aangemelde sake kontroleer en daarvolgens misdaad voorkomings patrolies en voorkomings operasies saamstel in sameweking met die patrollie voertuie en alle ander afdelings.

Deesdae sien ek meer as gereeld SAPS voertuie met net een lid in die voertuig oppad waar net hy weet waarheen. Hoeveel dubbelkajuit voertuie van die SAPS ry op ons paaie in die stede rond met net een lid in die voertuig? Hoeveel SAPS lede loop op straat rond, nie eens behoorlik geklee in uniform met n ” ag ek het n werk en hoef nie myself dood te werk nie” uitdrukking op sy gesig.

Volgens my het die polisie die gemeenskap begin vaal met die indiensneming van mense uit die gemeenskap en sodra sy opleiding voltooi is, terug te plaas in dieselfde gemeenskap. Dit is die teelaarde van losbandige ongedisiplineerde lede wat die kriminele ken en te bang is om daadwerklik teen wettelose niksdoeners op te tree.

Wat het geword van die trots om n lid van die SAPS te wees? Hierdie is my mening aangesien ek self n lid was en die diens verlaat het as gevolg van die ongedisiplineerde houding wat die hedendaagse lede het. Ek se nie met hierdie skrywe alle lede is ongedisiplineerd nie. Ek dink dit is tyd dat ons as gemeenskap die hardwerkende en trotse lede identifiseer en vereer om sodoende kinders soos in die berig genoem, die hartseer en trauma te spaar.

Theresa ·

Johannes, dissipline, werkstrots, kennis, vaardighede en ‘n goeie skoot produktiewiteit – dit als verdwyn deur die splete van ‘n swak bestuurstelsel. Ek wens jy kon as kontrakteur vir elke stasie gaan opleiding gee om nog die werk so te doen! Sien 2 lede lui van die hitte en met uniforms in son – lekkkerrrr sit en indommel sommer so by ‘n winkelsentrum. Het later heerlik sit en klets met ‘n losloper daar. Hul steeds op die stuitjie uitgerek in die voertuig en die losloper by die venster. Toe wonder ek maar net of hul Stasiebevelvoerder weet waar hul is en wat hul doen…

Theresa ·

Wat is fout met my kommentaar asb? Het nie gevloek, of iets van jul voorwaardes oortree nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.