Skoolseun kritiek ná motor hom tref

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

ʼn Skoolseun van Durban is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Woensdagoggend op ʼn besige pad deur ʼn motor getref is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het op die M7 (Edwin Swalesrylaan) naby Southway Mall in Durban-Suid plaasgevind.

“Die seun is vermoedelik 12 jaar oud en was in sy skoolklere toe die ongeluk plaasgevind het,” het Bodasing gesê. “Die seun het aan die kant van die pad gelê met ernstige beserings. Die motor wat hom getref het, was daar naby. Die voorkant van die motor is beskadig.”

Die seun is op die toneel behandel en na die King Edward-hospitaal gehaas vir verdere behandeling.

Die polisie en verkeerpolisie was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

broos ·

ek sien nie ‘n robot of oorgangs strepe op die foto nie? dis te maklik om gou-gou ‘n kans te vat en oor te hardloop (of soos party op hulle tyd oor te loop). wat dink jy gaan gebeur as jy nie by die padreels hou nie? en as die kar erg beskadig is beteken dit ook dat daar seker nie by die voorgeskrewe spoed gehou is nie…..hoop hy/sy herstel vinnig

Nina ·

Het al menigte kere verstom gestaan. Karring voor mens in in stadige aksie, en dan word daar ‘doeriekanttoe’ gekyk, asof hulle aanneem ‘as hulle jou nie kan sien, is jy nie daar’. . Absolute arrogansie van sommiges ook wat jou in die oë kyk en op hul ou tyd oorstap. Wat het tog geword van flink en vinnig?

Hoop maar die kind herstel vinnig.

Potts ·

Wonderwerk dat daar nie elke week iemand doodgery word nie.
Daar is n robot, maar hulle steek die pad oor net waar hulle wil en vat altyd kanse.
Die karre en trokke kom ook afgejaag in die pad.
80km/h spoed beperking, maar verkeer kom verby jou asof jy stilstaan.

Dee ·

Ek was om 8 uur vanmôre op daardie pad en 11vm weer. Dit is ‘n besige pad langs die hawe en daar is swaar verkeer asook baie ligte verkeer. Spoed is 60kmu maar soos gesê, die pad is besig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.