Skoolseun meters ver onder taxi gesleep

Die taxi wat die seun getref het. Foto: Netcare 911

Die taxi wat die seun getref het. Foto: Netcare 911

ʼn 14-jarige skoolseun is Donderdagoggend etlike meters ver deur ʼn minibustaxi gesleep nadat die taxi hom getref het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seun was op pad skool toe, toe hy in Louis Botha-laan in Houghton, Johannesburg, deur die taxi getref is.

“Die seun is sowat 18 meter ver deur die taxi gesleep voordat die taxi tot stilstand gekom het. Die seun was in ʼn kritieke toestand met paramedici se aankoms op die toneel,” het Mathe gesê.

Die seun is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Irene ·

Man julle moet die taxi sien ry wat elke dag kinders vervoer in Meyerspark Pta hoe hulle bestuur in Annalezestraat jammer vir daardie ouers wat gaan sit met jare se hartseer as daar iets gaan gebeur

Elsje ·

Kom kyk op die ou Johannesburg pad hier in Centurion hoe jaag hulle soos mal goed, ek bid elke dag vir daardie kinders wat by Hoerskool Zwartkops oor die pad by die robot stap, want onthou of die lig rooi is pla hulle nie. Kan Outsurance nie bietjie daar vir ons kinders kom help wat oor die pad moet loop nie, groot asseblief.

Antoon ·

Ek weet nie of eens dit sal help nie. Ek ry elke dag die R101 tussen Centrurion en Midrand en sien daagliks hoe Taxis die Outsurance Pointsmen blatant ignoreer.

Theresa B ·

Ek verstaan nie die Taxi bestuurders nie. Weereens onder die groep untouchables. Hulle het hul eie padreëls, maak soos hulle wil en kom weg daarmee. Wens ek kan ‘n towerstaffie swaai en dat alle Taxi’s net verdwyn. Bestuurders ingesluit.

My bydrae ·

Ek stem saam…..ek voel dikwels só. Veral wanneer daar op enige plek gestop word om mense op of af te laai…..op draaie, hoeke, by verkeersligte en soms in die middel van die pad! Die passasiers hardloop ook net voor voertuie in. Sou mens hulle raakry is joú en jou passasiers se veiligheid in gevaar.. Daar is die handjievol taxi bestuurders wat wél padreëls gehoorsaam, maar hulle is yl gesaai.

Chris W ·

Ook maar goed ek is nie swaar vragmotor bestuurder nie.Al baie lus geword om my lisensie te kry want verseker sal ek bo oor baie taxis ry as die geleentheid daar is !Die goed kom weg met moord op ons paaie en die owerhede doen NIKS daaraan nie maar is beheb met myn veiligheid al is die myn sterftes ongeveer 300 per jaar maar die pad sterftes +-14,000!Laat mens wonder hoe toe is die anc regime nou eintlik.

Paul ·

Chris, mynsterftes in Suid-Afrika is al vir etlike jare lank minder as 100 per jaar – meer in die omgewing van so 70 per jaar.

Ben ·

Dit gaan oor gierigheid – hoe vinniger hy jaag, hoe meer trips kan hy doen om geld te maak. Laat hulle elkeen ‘n logbook met Kilometerlesing en tyd invul vir elke trip of dit opneem op ‘n “dashcam” waarvan ‘n polisieman net SD-kaart kan uithaal en in 5-minute nagaan om te veel reise stop te sit.

Michael ·

En die Metro polisie doen niks . Jy kan kla tot jy nie meer kan maar belasting betaal ons ?????

Theresa B ·

Jy is heeltemal reg Ben. Hoe vinniger hulle die passasiers by hul bestemmings uitkry en hoe meer trips hulle ry – hoe meer geld in hul sake. Veiligheid is GEEN prioriteit by hulle nie maar geld is wel. En ja met omkopery kom hulle vêr in die lewe en met moord kom hul weg.

Deloris ·

Dis ‘n skande dat GEEN verkeers mense hulle op heter daad betrap nie, en ek het al met vele passasiers gesels wat daagliks van die taxis gebruik maak, hulle is ‘n senuwee wrak en bid vir ‘n veilige bestemming. Nie eers te praat van kinders in taxis nie. Die het mos hulle eie reels en maak net wat hulle wil en ry net hoe en waar hulle wil. Ry oor stop strate, ry in geel bane, ry oor rooi robots …. waar is die verkeers oewerhede !!!!! onskuldige mense lei daaronder. En ek hoop ons kommentaar word nie net hier gelos nie. ek sal nogal wil weet of ons kommenaar net hier gelaat word.

Mercy ·

Dis omdat hulle die heeldag hoeters blaas dat hulle nie kan hoor as hulle iets of iemand tref nie. Taxi’s must fall!!!

Penellope Jones ·

Ai tog, ‘n jong kind van 14 – ek hoop van harte dat hy ten volle sal herstel. Die skade aan die taxi is dalk ‘n teken teen watter spoed hierdie taxi gery het.

m ·

Presies hoe min moet jy vir jou medemens voel om net aan te hou ry. Moenie vir my se hierdie drywer het nie geweet wat hy doen nie. Sal seker nou weer een of ander storie vertel dat hy nie geweet het hy sleep iemand nie. Hoop net hierdie arme kind herstel ten volle sonder enige nagevolge van hierdie barbaarse daad.

m ·

Presies hoe min moet jy vir jou medemens voel om net aan te hou ry????

Willie ·

Niks sal met hom gebeur nie, dis mos hulle reg in land te doen net wat hulle wil. Daar is nie iemand in die land wat die taxi bedryf sal probeer aanvat nie… Dis n ANC bende op sy eie. En die armalstiges wat dit bestuur het geen empatie of gewete nie… Dis die skuim van SA

Anoniem ·

Hul radio’s blêr kliphard, aandag word afgetrek deur sy selfoon. Hul stop op rooi sperstrepe, gaan gereeld verby baan op grond langs die pad as verkeer naby spitstye te veel besig raak. Diesefde met hul gelopery oor pad, vroeër jare het mens boetes gekry vir die tipiese “eendlopery” oor die pad.

Theresa ·

Padmoord. Sadiste agter stuurwiele. Soms is daardie oë so rooi van wie weet wat, dat dit alleen genoeg rede is om die bestuurder van die pad af te hou. Vanoggend self ‘n kamakazi spel moes speel met die onnosel wat reg van vooraf op my afpyl in my baan in. Met die reën was als moeilik sigbaar en doenbaar, maar ek moes eenvoudig eenkant toe swaai om uit hierdie verpesting se pad te kom. Ek stem 100%: TAXIS MUST FALL. En hul mag noooooit werk kry as busbestuurders nie – dié raak ook al hoe wilder op die pad.
Trokbestuurders moet ongelooflik gestraf word as hul ‘n ongeluk veroorsaak, want hul mag nie meer as 80km ‘n uur ry nie en jaag soms met vrag en al 120km +. Die party wat hierdie mense wat met soveel minagting op ons paaie ry, wegkry – daar sal ek my kruisie trek.

broos ·

as n mens net die passassiers sover kan kry om ALMAL uit te klim as die bestuurder nie by die reels hou nie. ja die ongerief is groot vir ‘n rukkie maar die woord sal baie vinnig versprei dat as jy nie ordentlik ry nie jy nie passassiers gaan kry nie. dit gaan net ‘n week of so wees. hulle moet net besef dat hulle in die meerderheid is en dat die drywers (en eienaars) meer van hulle afhanklik is as andersom

pieter ·

as ek kyk hoe vol die taxi is,lyk my die mense dink dis veilig.

Roy ·

Ja ons almal wens Taxis weg maar as jou werker laat is dan kla ons ook. Alle Taxia het stickers op wat se hy mag nie vinniger as 100kmph ry nie maar ek het dit nog nooit ervaar nie, nie eers in die stad nie. Ek dink holle moet die Taxis Govenor soos wat hulle die ou army Bedfords gegovenor het sodat hy nie oor die limiet mag gaan nie

Ruby ·

Hoekom word die taxi bestuurders nie ook gedwing om by SARS te registreer nie?

Die eienaars van die taxi’s gee natuurlik vir elkeen ‘n betaalstrokie, kontrak en registreer vir UIF soos ons almal moet doen wat werknemers het? Dan betaal hulle natuurlik VAT ook. Ja right!!

Selektiewe reëls vir selektiewe comrades.

Lynette ·

Nee nee nee dit is moord . Geen verskoning nie . Hoe kan jy nie weet jy stamp n mens nie .

johan hennig ·

Hulle maak soos hulle wil want hulle word nie gekeer deur niemand nie, hulle was tot op Carte Blanche Sondag, kyk na ons Land, wys vir my een plek waar dit goed gaan, welcome to Africa, dit gaan nog bja erger raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.