Skoolseun sterf in motorfietsongeluk

Kyle Knoop. Foto: Facebook

Kyle Knoop. Foto: Facebook

ʼn Gr. 11-leerder aan die spogskool Hilton College buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is in ʼn motorfietsongeluk dood.

Peter Ducasse, hoof van Hilton College, het gesê Kyle was Saterdag in ʼn motorfietsongeluk betrokke en het Sondagoggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. “Ons innige meegevoel met sy ouers, Kurt en Kathy, en sy broer, Robbie, en suster, Rachael, in hierdie hartseer tyd.”

Ducasse het gesê inligting oor sy begrafnis sal later bekend gemaak word. Maroela Media verneem Kyle, wat ook aan motorfietswedrenne deelgeneem het, het saam met sy broer en ʼn vriend in ʼn veld in Hilton gery toe die ongeluk gebeur het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het Kyle met sy motorfiets teen ʼn ander motorfiets vasgery en daarna geval. “Paramedici het die kritiek beseerde seun op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.” Volgens Mathe het die voorval tussen 17:00 en 18:00 plaasgevind.

“Kyle, jy sal altyd in ons harte wees en nooit vergeet word nie. Dankie vir alles wat jy vir die wêreld en die skool gedoen het. Jy was en sal altyd ʼn ware Hiltonian wees en ons is almal so trots om jou ʼn broer te genoem het,” het die “Boys of Hilton” op hul Facebook-blad geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Buitestander

‘n Motorfiets is ‘n baie lekker voertuig om mee te ry en ekonomies.
Toedat die motorbestuurder en fiets ryers nie 99% opgelei is nie, wil ek my nie op een begewe nie.
Ons kan mekaar die skuld gee maar opleiding is dié belangrikte ding.

Vissie

Ons rou nou nog oor ons oudste kleinsuen wat ses jaar gelede op neëntien in Pretoria met’n motorfiets verongeluk het. Ek haat duie goed soos gif, en kan dit net nie verstaan hoe ouers een vir ‘n kind kan koop of ‘n kind aanmoedig om met een van die goed te ry nie. Ons meegevoel met die ouers in hierdie geval.

Mira

Met alle respek gesê…. mens kan nie die motorfiets die skuld gee as daar ongelukke kom nie. Sulke goed gebeur maar. Daar is net so baie, indien nie meer, ongelukke waar jong mense in voertuig ongelukke sterf. My innige simpatie aan die gesin wat ń kind en broer verloor het.

Chris

My innige meegevoel vir die famielie. Motorfietse is n middel van vervoer. Enige persoon ongeag die opleiding kan dood verongeluk mety n moterfiets, fiets en motorvoertuig. Die probleem is mense besef nie die gevaar van alle vorm van vervoer. Nou dae is die meeste bestuurders nie opletend op die paaie. Voor iemand n motorfiets kritiseer moet alle ongelukke ondersoek word om te bepaal wat was die oorsaak. Dit geld ook vir n trapfiets en motorvoertuig. Die probleem nou dae is die bestuurders van voertuie (motorfietse, trapfietse en motorvoertuie) bestuur aggriesief en het geen genade vir die ander op die paaie.… Lees meer »

Joann

Ai so hartseer. Ek het ruk terug op n ongeluk met moterfiets afgekom. Dit was n dame en ek het gehelp op toneel,ek is opgelei. Sy sal nooit weer haar arm volkome kan gebruik nie,baie slegte frakture.