Skoolseun sterf in motorfietsongeluk

Kyle Knoop. Foto: Facebook

Kyle Knoop. Foto: Facebook

ʼn Gr. 11-leerder aan die spogskool Hilton College buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is in ʼn motorfietsongeluk dood.

Peter Ducasse, hoof van Hilton College, het gesê Kyle was Saterdag in ʼn motorfietsongeluk betrokke en het Sondagoggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. “Ons innige meegevoel met sy ouers, Kurt en Kathy, en sy broer, Robbie, en suster, Rachael, in hierdie hartseer tyd.”

Ducasse het gesê inligting oor sy begrafnis sal later bekend gemaak word. Maroela Media verneem Kyle, wat ook aan motorfietswedrenne deelgeneem het, het saam met sy broer en ʼn vriend in ʼn veld in Hilton gery toe die ongeluk gebeur het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het Kyle met sy motorfiets teen ʼn ander motorfiets vasgery en daarna geval. “Paramedici het die kritiek beseerde seun op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.” Volgens Mathe het die voorval tussen 17:00 en 18:00 plaasgevind.

“Kyle, jy sal altyd in ons harte wees en nooit vergeet word nie. Dankie vir alles wat jy vir die wêreld en die skool gedoen het. Jy was en sal altyd ʼn ware Hiltonian wees en ons is almal so trots om jou ʼn broer te genoem het,” het die “Boys of Hilton” op hul Facebook-blad geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Buitestander ·

‘n Motorfiets is ‘n baie lekker voertuig om mee te ry en ekonomies.
Toedat die motorbestuurder en fiets ryers nie 99% opgelei is nie, wil ek my nie op een begewe nie.
Ons kan mekaar die skuld gee maar opleiding is dié belangrikte ding.

Vissie ·

Ons rou nou nog oor ons oudste kleinsuen wat ses jaar gelede op neëntien in Pretoria met’n motorfiets verongeluk het. Ek haat duie goed soos gif, en kan dit net nie verstaan hoe ouers een vir ‘n kind kan koop of ‘n kind aanmoedig om met een van die goed te ry nie. Ons meegevoel met die ouers in hierdie geval.

Wim ·

Vissie en as hy nou in n motor ongeluk omgekom het, het jy dan motors ook gehaat?
Baie jammer vir die familie sterkte in hierdie moeilike tyd

Karma ·

@Vissie – dit is nie die motorfiets wat die persoon doodmaak nie, maar die persoon wat die motorfiets ry! My broerskind is 6 maande gelede op 22 jaar en 1 maand dood in ‘n ongeluk met sy motorfiets – dit is só jammer dat sulke tragiese ongelukke gebeur: enige persoon wat jonk doodgaan, se dood is ‘n tragedie. Sterkte aan die naasbestaandes, vriende ens. van hierdie mooi jong man!

Mira ·

Met alle respek gesê…. mens kan nie die motorfiets die skuld gee as daar ongelukke kom nie. Sulke goed gebeur maar. Daar is net so baie, indien nie meer, ongelukke waar jong mense in voertuig ongelukke sterf. My innige simpatie aan die gesin wat ń kind en broer verloor het.

Chris ·

My innige meegevoel vir die famielie. Motorfietse is n middel van vervoer. Enige persoon ongeag die opleiding kan dood verongeluk mety n moterfiets, fiets en motorvoertuig. Die probleem is mense besef nie die gevaar van alle vorm van vervoer. Nou dae is die meeste bestuurders nie opletend op die paaie. Voor iemand n motorfiets kritiseer moet alle ongelukke ondersoek word om te bepaal wat was die oorsaak. Dit geld ook vir n trapfiets en motorvoertuig. Die probleem nou dae is die bestuurders van voertuie (motorfietse, trapfietse en motorvoertuie) bestuur aggriesief en het geen genade vir die ander op die paaie. Die probleem leer ons ook vir ons nuwe bestuurders en dit is eintlik verkeerd. Die een groot sondebok is selfone, tablette en die elektorniese radios wart ons nou dae kry. Meeste mense let nie op wat om hulle aangaan op die paaie.

Joann ·

Ai so hartseer. Ek het ruk terug op n ongeluk met moterfiets afgekom. Dit was n dame en ek het gehelp op toneel,ek is opgelei. Sy sal nooit weer haar arm volkome kan gebruik nie,baie slegte frakture.

Ruan ·

The Lord has given and the Lord has taken. Kyle you are now one of heavens angels. You will be dearly missed and always remember. My heart goes out too your beloved family….

Pastoor ·

Dit is so sad as ouers hulle gkind moet begrawe. My hart gaan uit na hulle. Ongelukkidg is bike gevaar

se ook net ·

Mense kritiseer altyd motorfietse…so ook is n voertuig gevaarlik. Ek het my seun (4) in n motorvoertuig ongeluk verloor. So dan moet mens maar begin loop of val daar dan n vliegtuig uit die lug uit op jou neer?

Gesiggie ·

So n jong seun, soveel nog gehad om te beleef, Ouers ons moet ons kinders koester, ons moet elke dag daar wees vir hul, want ons sal nooit weet as die tyd aanbreek om afskeid te neem, soos met Kyle, wat net n bietjie saam sy broer en vriend op die motorfiets wou ry…toe die ongeluk gebeur… waarom vra ons… ? ons sal nooit die antwoord kry. Aan Kyle se ouers, sy vriende en sy Familie…. mag God jul dra, mag God jul Hartseer verlig… om n kind te verloor is om n mens se hele siel te verloor. Kyle RIP Waar jy nou alreeds by God se voette sit.

Piet ·

Die seun het ‘n veldfiets gery. Die rede waarom dit lekker is om op ‘n veldfiets te jaag is omdat daar adrenalien betokke. Dit is egter nie baie algemeen om jou dood te val op n veldfiets nie, want gewoonlik is daar nie ander voertuie betrokke nie. Sy mense moet berusting probeer vind deur die feit dat hy besig was om te doen waarvan hy hou. Ek ry self motorfiets en my sewe jarige seun ry ook. Julle artikel bevestig net weer hoe belangrik dit is om veiligheid in ag te neem – sterkte aan al sy mense.

Karma ·

@Piet – dit was my presiese gedagtes toe ek aanvanklik lees van Kyle se dood: “he died while doing what he loved – what a blessed manner to go”. Met my broerskind se dood, het ek myself sterk gehou met die gedagtes van: “Only the good die young”.

Mike ·

Stem saam Piet…vandag ry ek al 41 jaar motorfiets,dit is nie die bike nie dit is die omstandighede,ek self het al my g afgeval in die veld,hoekom blameer mense nie n motor as daar n ongeluk is nie,maar n bike word altyd sleg gese, aan die ouers hy het gedoen waarvoor hy lief was dit is nie julle skuld nie,sterkte…..

Pietsepan ·

‘N motorfiets is ñ gevaarlike vervoermiddel. Mens moet hom verantwoordelik gebruik. ‘N perd is net so gevaarlik en in die ou dae het mense van perde af doodgeval. Ongelukke gebeur. Moenie die motorfiets blameer nie. Ry versigtig. Ek is jammer om van die ongeluk te verneem.

didodididi ·

As dit nie vir die onderskrif aan die foto was nie het ek nie geweet sy van was Knoop nie.

RIV.

Kowa ·

Wat fietse en motorfietse so “gevaarlik” maak is die feit dat die meeste mense in ‘n voertuig nie respek het vir mense op fietse nie. Hulle gun nie die persoon ook enige reg op die pad nie. Watter kans het ‘n fiets of motorfiets teen ‘n motor? Ek voel baie jammer vir die kind wat in die fratsongeluk oorlede is se ouers en vriende. Sterkte.

rejaune ·

Ai, hoekom ruk mense altyd die dam onder die eend uit. Baie van die kommentaar het niks te doen met die frats ongeluk “botsing nie” Sterkte aan die familie,

Asjas ·

Ek stem. Dis hoekom ons dit ‘n ongeluk noem, dit was ‘n ongeluk, ongelukkige sameloop van omstandighede wat tragies ge-eindig het. Niemand verongeluk hulself aspris nie?
Hy was nie op die pad waar ander mense en voertuie ook ‘n invloed op ons veiligheid het nie. As iemand anders verantwoordelik was vir die ongeluk sal ek kwaad wees maar in die geval hoop ek dat my kind alle redelike maatreels nagekom het en hoop ek sal kan berusting vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.