Skoolseun sterf in motorfietsongeluk

Pieter Schalk Grobbelaar. Foto via - In loving memory of PS (Pieter Schalk) Grobbelaar op Facebook.

Pieter Schalk Grobbelaar. Foto via – In loving memory of PS (Pieter Schalk) Grobbelaar op Facebook.

Pieter Schalk Grobbelaar, ʼn gr. 12-leerder aan die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, Gauteng, is Saterdag in ʼn motorfietsongeluk dood.

Volgens ER24 het die ongeluk in Luipaardstraat plaasgevind. Daar word vermoed ʼn bakkie het voor hom ingedraai.

“Paramedici het die seun ʼn paar meter van sy motorfiets aangetref. Die seun het kritieke beserings opgedoen en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word,” het die nooddienste in ʼn verklaring gesê. Grobbelaar het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die skool het Sondag die hartseer nuus op hul Facebook-blad oorgedra en Maandag ʼn herdenkingseremonie vir hom gehou. Verskeie van sy vriende, familie en ander roubeklaers het Sondag na die ongelukstoneel gegaan om blomme neer te lê en eer te betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rene Swanepoel ·

Ons onthou jou kuiers op die plaas en ons tye by die swemgat. Jy was so ‘n borrelende sprankelend mens. Jy is wreed weggeneem deur ‘n dronk bestuurder. Jou plek is leeg. Jy het nog soveel gehad om voor te leef. Rus in vrede ou seun.

Johann ·

Ai, hoe onnodig tog! Wanneer gaan die wet optree teen roekelose bestuurders? Baie simpatie en sterkte aan die familie, skool en vriende. Julle is in ons gebede.

Wat-ek-lees ·

Hoé versigtig jy ookal ry, dit bly ‘n gevaarlike ryding.
Sterkte aan die betrokkenes.

Oom Boer ·

Dit is hartverskerend dat so ‘n jong man in die fleur van sy lewe op so ‘n wrede wyse van sy toekoms ontneem is. Indien die dronkbestuur tesame met nalatige en roekelose bestuur korrek bewys of ge-identifiseer word is hierdie net so wel manslag (sou amper sê moord sonder voorbedagte rade) en moet hierdie dronk bestuurder geweldig gestraf word en sy bestuurs lisensie vir leeftyd ontneem word. Aan die Grobbelaar familie wens ons u en familie, vriende, skool leerlinge, Onderwys personeel en alle andere ons innige simpatie toe en ons gebede gaan uit na jul gedurende hierdie rou en helings proses. “Sterkte en reik uit na GOD”

Michelle ·

Ek is nie seker waar ek dit gelees het nie, maar daar word blykbaar vermoed dat die bestuurder nie ‘n lisensie gehad het nie.

Baie sterkte aan die familie en vriende van hierdie jong man. RIV.

Sarie ·

‘n Baie tragiese & hartseer gebeurtenis. My innige simpatie aan àlmal wie hierdeur geraak word. Ek is sèker sy afsterwe laat ‘n gròòt leemte… STERKTE aan àlle betrokkenes; veral sy ouers & gesinslede… Ook ‘n moeder & ouma…

Liewe Heksie ·

5de motorfiets ongeluk in 7 dae waarvan ek gehoor het net een van hulle het nie geboed met sy lewe nie Almal nog bloedjong kinders Ek het al self my oudste seun vir dood langs die pad opgetel GOD se genade hy het dit oorleef en dit was laaste sien van n motorfiets in my erf Ouers besin voor jy daai motorfiets koop Hulle is so onbeskermd op die oop pad want nie al die mense op die pad is oplettend vir motorfiets ryers nie

tamboti ·

Liewe Heksie, dit is nie net motorfietse nie maar ook gewone trapfietse en ook stappende skoolkinders wat erg kwesbaar is, selfs die wat met bussies ry is ook blootgestel.
Die probleem is die motor, taxi, bus en vragmotor bestuurders.
En ja dan is daar kinders wat wel met die motorfietse onverskillig ry.

Gesiggie ·

Nog n jong lewe word geneem, deur iemand wat nie kan kyk wat hy doen ? Hy het nog so baie gehad om te bereik in die lewe.. en was geliefd onder sy vriende en Familie… dit breek my hart om net na sy gesiggie te kyk… hoe gaan n mens aan… hoe vergewe jy ooit n persoon wat die dood van jou kind veroorsaak het. Al wat n mens kan vra: is . God versterk my gee my n nuwe Visie … laat my verstaan hoekom my kind so gou moes gaan. Aan al sy vriende, Familie, Ouers… mag God jul dra in die tyd van Hartseer. Schalk jou tyd op aarde is nou verby, maar jy sal altyd diep binne al jou geliefdes se harte bly. RIP.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.