Skoolseun sterf toe meisie hom met mes aanval

(Argieffoto ter illustrasie.)

ʼn Graad 9-leerder is dood nadat hy Donderdagaand deur ʼn graad 7-dogter met ʼn mes aangeval is.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die seun was ʼn skolier by Alexandra High School. “Hy is gisteraand omstreeks 19:00 deur ʼn graad 7-skolier van Pholosho Secondary School, ook in Alexandra, aangeval. Die voorval het in die informele nedersetting plaasgevind.”

Die seun het by ʼn plaaslike hospitaal aan sy beserings beswyk. “Die saak is intussen aan die polisie oorgegee vir verdere ondersoek.”

Die departement se psigo-maatskaplike eenheid is na Alexandra High School ontplooi om die nodige bystand en berading te bied aan diegene wat deur die voorval geraak is. Die proses sal Maandag voortduur.

“Dis baie hartseer wat gebeur het,” het Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, gesê. “Ons betuig ons innige meegevoel met die familie en skoolgemeenskap vir hulle verlies. Ons veroordeel ten sterkste alle gewelddadige optrede deur ons leerders.”

Lesufi sê die skoolbeheerliggaam moet ook ondersoek instel en nodige stappe instel om sulke voorvalle te hanteer.

Nog ʼn skolier van Alexandra is op 30 Augustus dood toe hy ook met ʼn mes aangeval is. ʼn 15-jarige seun het reeds in die Alexandra-landdroshof verskyn in verband met dié voorval. ʼn Stryery het tussen die beskuldigde en ander leerders op die skoolterrein tydens middagete ontstaan. Die beskuldigde het glo ʼn skerp voorwerp gaan haal en die medeleerder gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hans ·

Lesufi, wat het jul gedink gaan gebeur toe jul dissipline by die deure uitgesmyt het????

Porseleintjie ·

Bring die Here terug in ons skole. Gee Hom Sy plek in die regering. Jesus Christus is die Enigste Hoop vir ons land.

Chris dupreez ·

Ou Lesufi kan nie weer rassisme die skuld gee nie, dit is mos altyd sy eerste sê ding

SwartBees ·

Dit word genoem crime stop! Die perd wou haar seker leed aan doen. Hoekom anders sou n laerskool dogtertjie n hormoon belaaide hoërskool seun dood steek.

Nie Verbaas ·

Vir n kind om dit te doen moet hy of sy dit op n gereelde basis by iemand sien of is dit bloot net nog n nuwe “kultuur” waarmee ons sonder aanspreeklikheid moet saamleef?

Frank John ·

Die media, vlieks en TV wys mos al die stories van hoe mense optree en geweld in skole, moord en hoe mense daarmee weg kom en so word mens geprogrameer sonder dat hul weet, in die onder buwesyn. Mense tree op sonder dat hulle besef wat hulle doen.

christo ·

Ek werk by ‘n swart skool. Die seuns het weinig respek vir die dogters. Daar’s meer as as net ‘n skêrstekery. Hierdie dogter moes heel moontlik haar self verdedig teen ‘n barbaar wat haar wou seksueel aanrand.

Blomme ·

Foeitog.. Die regering het ALLE beheer oor die land verloor.. As jong kinders nou al geweld as oplossing vir wat ookal sien… Is ons vinnig besig om teen ń afgrond af te tuimel. En steeds SWYG ons president oor al die misdade!

Gert ·

As sy haarself nie gaan beskerm nie is sy in die moeilikheid. Bekkie gaan haar nie help nie hy voel n…….. Vir die mense. Al wat Bekkie in belang stel is sy vet salaris die einde van die maand

Hasie ·

Die kinders sien geweld in die media .Die skuldiges word soos konings behandel .Dit net weereens bewys…. monkey see monkey do . En ek sê nie die kind is ‘n premaat nie. Daar is net nie meer ‘n geval van gevolge van aksies nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.