Skoolseun sterf voor maats op uitstappie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige skoolseun is dood nadat hy sy kop by die venster van ʼn bewegende bus uitgesteek en ʼn lamppaal getref het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê die bus het in Duck Kingstraat in Durban gery toe die ongeluk gebeur het. McKenzie kon nie bewerings dat die seun onthoof is, bevestig nie.

Volgens McKenzie is die seun dood toe sy kop ʼn paal getref het terwyl die bus in die smal straat gery het. Hy het gesê nog ʼn kind is op die toneel behandel, maar kon nie meer besonderhede gee oor die aard van die tweede kind se beserings nie.

Die seuns, wat glo van Lesotho afkomstig is, was op ʼn skooluitstappie toe die voorval gebeur het. McKenzie het gesê polisie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

Ek sê weer. Dit lyk my Kwazulu Natal het die meeste dodelike ongelukke as die hele SA saam…elke dag is daar hoeveel wat in ongelukkke in daai provinsie sterf…Wat is die oorsaak? Dalk gekoopte lisensies? Wil iemand nie bietjie navorsing doen nie?

Winston ·

Nee Frans. Hierdie is weereens n geval van n kind wat nie geleer is dat mens geen liggaams dele uit bewegende voertuie laat hang nie. Tragies maar kyk maar net om jou op die pad. Sommiges dink voertuie is donkie karre

Gesie ·

Ag nee! Jou kommentaar is regtig in swak smaak. Ek betwyfel sterk die “Cum Laude!” Hierdie persoon was iemand se seun. Kinders doen regtig onverantwoordelike dinge, maar die gevolge bly tragies.

Louise ·

Gesie – Ek stem saam – dit is iemand se kind……en ‘n klomp kinders bymekaar dink nie altyd aan die logiese gevolge nie

Elaine ·

Maroela Media ek hoop regtig julle gaan hierdie “cum laude” se kommentaar delete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.