Skoolseun ter see vermis ná hy meisie wou red

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 11-jarige seun word vermis nadat hy in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap deur die see meegesleur is nadat hy medeleerling probeer help het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Juan Pretorius, die NSRI se stasiebevelvoerder in die Port Alfred, het gesê die seun was deel van ʼn toergroep van ʼn skool in Grahamstad. Hy het gesê die seun het ʼn medeleerling wat in die moeilikheid beland het probeer help toe hy deur die see meegesleur is.

“’n 11-jarige meisie het in die moeilik beland en die seun het glo die see binnegegaan om haar te probeer help. Omstanders kon daarin slaag om die meisie uit die water te kry maar kon nie die seun vind nie,” het Pretorius gesê.

Die meisie is op die toneel behandel voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is in ʼn ernstige maar stabiele toestand. Die polisie se duikeenheid sal intussen voortgaan om na die seun se liggaam te soek.

In ʼn aparte voorval is ʼn skoolmeisie gered by Silver Beach in Port Edward nadat sy deur die see meegesleur is. Die 13-jarige meisie is deel van ʼn toergroep van ʼn skool in die Transkei. Sy het in die moeilikheid beland terwyl sy geswem het en is deur omstanders gered. Sy is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Sjoe, dis hartseer, sterkte aan die ouers. Hy is n held en baie dapper gewees om sonder om twee keer te dink in te spring om iemand se lewe te red.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.