Skoolseun, volwassene sterf in gru-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en 24, meestal skoolkinders, is beseer toe ʼn skoolbus en nog twee voertuie buite Kimberley gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing tussen ʼn skoolbus, ʼn motor en ʼn sportnutsvoertuig het op die R705 sowat 50 km buite Kimberley plaasgevind. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die skoolbus op sy sy langs die pad gelê. Die motor en sportnutsvoertuig se wrakstukke het oor die pad gestrooi gelê.”

Volgens Meiring is die liggaam van ʼn jong seun in die bus gevind. Hy is op die toneel dood verklaar. Die liggaam van ʼn man is in die motor gevind en moes met meganiese toerusting verwyder word. Meiring het gesê ʼn volwassene en 23 kinders het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Lees die opvolgberig: Name bekend van skolier, motoris wat in gru-botsing sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Sjoe, nog ‘n jong leerder/jongmens verloor sy lewe! Wanneer gaan ons verantwoordelik begin bestuur?

DPJ ·

Gewoondlik is dit een bestuurder wat nie geduld het wa so ‘n ongeluk veroorsaak.
O! geduld wat so baie kan dra en verdra.

Hendrik ·

Ek vermy dit sovêr moontlik dat my kinders in skoolbussies vervoer word. Daardie goed se sitplekgordels is in die meeste gevalle buite werking, of weggesteek tussen die kussings. Dis nou te sê as daar enigsins sitplekgordels is. Daar behoort baie strenger beheer oor die dra van sitplekgordels uitgeoefen te word op skoolritte. Dis ‘n saak waaraan ouerbeheerliggame van die skole dringend moet aandag gee. Bestuurders van sulke bussies moet toesien dat kinders hulle sitplekgordels dra. Dis die wet.

Chris ·

Die ergste is skoolbussie was nie die oorsaak van die ongeluk nie. Ek glo al sou hulle n gordel aangehad het sou die kind nog gesterf het. Kyk hoe lyk daai bmw. Dit is spoed wat die oorsaak van hierdie ongeluk was en die spoed was die bmw se skuld.

Lizette ·

Regtig Hendrik… Regtig… Wat gaan sitpkek gordels met ‘ kop aan kop maak… Dalk moet jy daarop aandring vir lug kussings.

Hendrik ·

Daar bestaan geen twyfel dat veiligheidsgordels wat reg gebruik word, dood en ernstige ongelukke drasties verminder alle ernstige motorongelukke nie. Lees maar gerus op die skakel hieronder. Niemand beplan om in ‘n ongeluk te kom nie, en dikwels het minstens een van die bestuurders geen opsie om die ongeluk te vermy nie. Watter tipe botsing hier plaasgevind het, is nie van toepassing oor of skoolkinders in skoolbussies veiligheidsgordels moet dra nie. Dis die wet, net soos die wet bepaal dat ons nie te vinnig mag ry, of oor ‘n sperstreep verbygaan nie. Ek voel baie jammer vir die naasbestaandes van die kind wat gesterf het, en vir die wat seergekry het. Maar dit vat nie ons verantwoordelikheid weg on vas te gordel nie. Hoekom sal jy jouself in jou eie motor vasgordel, maar nie EIS dat jou kind dit in ‘n skoolbussie kan en moet doen nie?
https://www.edgarsnyder.com/car-accident/defective-products/seat-belts/seat-belts-statistics.html

Jf van Rooyen ·

Sperstrepe is daar vir ñ doel ongehoorsaamheid is die probleem nie spoed nie die persoon wat die ongeluk veroorsaak het is ñ gewoonte misdadiger vir jare al dit is nie die eerste sperstreep wat hy verontagsaam het nie en nou is ñ kind dood

Wickus de Bruin ·

Almal verloor wanneer mense die land se verkeers wette verontagsaam. Ons bid vanaand vir hulle wat ‘n geliefde in die ongeluk verloor het asook vir hulle wat nou met die trauma moet verwerk.

FM ·

As Oud-Landboudal onderwyser en alle Oud -Lanties gaan ons harte uit na Landboudal en sy kinders, en veral na die leerder wat in die skielike tragiese ongeluk gesterf het se ouers, familie, skoolhoof,onderwysers en skoolmaats .Mag julle vertroosting ontvang in hierdie moeilike tyd. Ook aan die kinders en volwassene wat beseer is word n spoedige herstel toegewens.LANDBOUDAL is soos een groot familie wie se krag lê in die lojaliteit en ondersteuning aan mekaar. Ons glo dit sal in hierdie slegte tyd ook so wees. Ons bid dat ons Liewe Vader julle sal vashou en vertroos in so traumatiese tyd. Baie sterkte. Van ONS GROOT LANTIE FAMILIE.

Jennifer ·

Is daar in die 1980 s ook so baie rondgery met skoolkinders? Dis aaklig om jou kind op n bus te sit en dan te wag tot 23;00 voordat kinders terug is van sportdag.

FM ·

Jennifer: Daar was maar nog altyd so rondgery met die kinders sodat hulle aan soveel as moontlike aktiwiteite blootgestel kan word. Nuus vir jou: ons het in my jare soms tot half een die nag teruggekom vanaf n sportbyeenkoms. Die Vader was goed vir ons en die ouers het dit baie waardeer wat ons gedoen het. Vandag se ongeluk was agv n persoon wat klaarblyklik padreëls verontagsaam en in die skoolbus vasgejaag het en so het n onskuldige kind gesterf en baie beseer. Daar reis daagliks honderde busse met skoolkinders om aan aktiwiteite te gaan deelneem. Elke ouer en onderwyser kan maar net bid vir n veilige reis en veilige tuiskoms. Ons lewe is nie in ons hande nie.

Oom Boer ·

Graag sluit ek aan by FM se kommentaar en sekondeer dit, want beter kan ek dit nie stel nie. Dit is tragiese nuus.

Hennie ·

Mens sien daagliks dat bestuurders sperstepe ignorer en blindelings vebysteek, hulle het geen insig hoe gevaarlik dit is nie. Drank speel ook al hoe groter rol in oortredings want drinkers word baie sterk en slim en glo dat hulle net so goed kan bestuur onder die invloed. Dis hoogtyd dat owerhede daarop konsentreer om sulke mense van die pad af te haal en maksimum strawwe toepas.

Hannelie ·

Ai dis so verskriklik hartseer, my hart gaan uit na die seun se ouers en Landbouskool Jacobsdal se leerders. Sterkte.

Yolande ·

Die mense ry vreeslik onverskullig. Eergisteraand self plaas toe gery en voor my ry n corolla. En ek sien die vrou is op haar sel. En sien kort kort n koppie tussen die sitplekke. Maar die vrou ry oor en weer oor die pad. En ek kan nie verbygaan nie. Later sien ek ek kan verby en sien behalwe vir dit sit die 4 jarige nog boonop op haar skoot.
Die tipe goed gee my road rage

phillip ·

In ons land is Sperstrepe slegs daar om die middel van die pad aan te dui

Linda ·

Asb mense 2 mense is weg gevat baie vreed – en die kind is my swear se seun asb dit ongevraag om opmerkings te maak as julle nie die feite weet nie – en die seer van die ouers om al die kommetaar of familie om dit te lees is nie lekker nie.
Dankie vir al die bemoediging ek sal dit deur gee aan die familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.