Skoolseuns in hof wat moord op video vasvang

Thoriso Themane (Foto: ANA)

Vyf skoolseuns sal Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn in verband met die gru-moord op die plaaslike musikant Thoriso Themane.

Themane (27) is Saterdagaand in die Flora‑park op dié dorp aangerand waarna hy vir dood agtergelaat is. Themane was glo op pad huis toe van ʼn musiekoefening by sy kerk toe hy deur die groep seuns oorval en aangerand is.

Volgens die polisie is Themane Sondag gevind en na ’n hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

Die skoolseuns, almal tussen die ouderdomme van 15 en 16, is Woensdag in hegtenis geneem nadat video’s van dié moord, wat die seuns self opgeneem het, wyd op sosiale media versprei is.

Een van dié video’s wys hoe ʼn bebloede Themane gesleep, geslaan en geskop word. ʼn Ander wys hoe Themane se oënskynlik lewelose liggaam straat af gesleep word.

’n Derde video wys hoe een van die seuns, geklee in ’n skooluniform, oor die moord spog waarna hy beweer dat niks met hom sal gebeur nie, aangesien sy pa glo onaantasbaar is. Dié seun se pa is ’n afgetrede polisiebeampte.

Themane se dood het skokgolwe deur die land gestuur. Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die moord op Thmane veroordeel en gemeenskappe aangeraai om eerder nou met die polisie saam te werk as om die gereg in eie hande te neem.

ʼn Aanlyn petisie doen sedert Maandag die ronde wat eis dat geregtigheid in dié moordsaak moet geskied. Die petisie het teen Donderdagoggend meer as 53 000 handtekeninge gehad.

Themane se pa, ’n pastoor, het aan die TV-nuuskanaal eNCA gesê sy seun was ’n meelewende jong man wat lief was vir musiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Elize Nel ·

Dis sinneloos – so onnodig. Ek hoop die vyf seuns kry wat hulle toekom en baie sterkte vir die familie van die oorledene.

monique ·

Nou wonder ek daar was 7 gewees waar is die ander twee?
Die jongste was 13 gewees

Juffrou ·

En nou wil Lesufi sulke moordenaars in ons Afrikaanse skole loslaat!?
Behoede ons.

Jorese ·

Wie sê vir jou dis nie afrikaanse seuns nie??? Ek het nie feite nie maar die klink baie soos die Waterkloof 4 geval

Waterkloof 4 ·

Hulle is al lankal in ons skole vrygelaat, ons noem hulle die Waterkloof 4.

Beket ·

Die seuns is nie Afrikaans nie. Hulle is in Capricorn High School. Jy kan op die video wat versprei is duidelik sien wie hulle is.

@ JORESE ·

AG JORESE gaan kyk die VIDEO .. en jou geheue lyk dit my haak vas by die WIT AFRIKAANSE WATERKLOOF ouens wat nie een oomblik met die dood van die boemelaar gespog het nie . hulle het NIE EERS GEWEET hy is dood nie, so jou VERGELYKING is onvanpas en STOKOUD! JULLE ALMAL IS SIEKLIK WAT DIT MET WATERKLOOF VERGELYK .. kry asb tog iets nuuts en meer paslik …

Awie Opperman ·

Die waterkloof 4 was onskuldig tronk toe in elk geval. Gaan doen bietjie navorsing dan sal jy agterkom dat dit ‘n skande is wat met daardie 4 manne gebeur het. Hulle het iemand geslaan, maar die liggaam wat gebruik is om hulle te vonnis is nie dieselfde ou as die een wat hulle geslaan het nie.

Gaitsigubib ·

Dis nie Afrikaanse seuns nie. Die Eff het mos nog nie die land afgebreek en rassisme geskreeu nie. Stem saam met jou Awie. Die staat het ‘n swak saak gehad. Die waterkloof 4 is gevonnis op grond van hul arrogansie, nie op grond van die feite nie. Enige persoon wat met my verskil is of rassisties of het nie al die feite tot sy beskikking nie.

Sê maar net 1 ·

Give power to the youth. Kyk die gevolge. Een van die talle.
Die sg jeug wat ‘power’ het ken nie hul plek in die samelewing nie. (Seker ook nie in die huis nie).
Wetgewing verban mos enige vorm van dissiplinering behalwe mooi praat.

Heksie ·

Liewe Here help ons!!!! Wat het in die mensdom ingevaar?????

BlinkStephaans ·

En hy is heeltemal reg… daar sal niks met hulle gebeur nie. Net nog ñ Suid-Afrikaner… wat ñ bydrae gemaak het…. wat ñ verskil gemaak het… weggevat deur ñ sinnelose kultuur van geweld.

Gert J ·

Die Bybel se dat in die laaste dae, die wat boos is, boser sal word, die wat vuil is vuiler, maar ook se dit die wat skoon skoner, en die wat heilig is heiliger. Dit is die tyd waarin ons leef. Maak jou klaar om jou God te ontmoet. Staan voor Hom blaamloos altyd. Maranatha

Jakes Jacobs ·

Stem saam Gert, dis tekens van die eindtyd, kry jou gereed vir jou plek in die hemel. AMEN

Al ·

Dis skokkend. My innige meegevoel aan die familie.
Reeds vroeg vrot –

Skerpioen ·

Nee kyk die jeug is verlore. Maar ja met publieke figure soos sekere persone van EFF en BLF wat kan mens verwag.

pienkie ·

Daar is ‘n foto van een van die beskuldigdes in die Sowetan Live, en hy lyk nie baie soos enige van die Waterkloof 4 nie. As dit Afrikaanse seuns was, sou dit baie groter opslae gemaak het.

Lizelda ·

Ek het n gedeelte vd 2 video’s gesien met n vrou wat id agtergrond skreeu en die moordenaars aanhits om die jong man dood te maak, en die volgende video waar die jong een geklee in sy skoolklere bd skool spog oor die moord. n Mens kan nie glo hulle 5 gaan die volgende dag skool toe, opgeruimd en al dit nadat hulle n man so brutaal vermoor het nie. Ongelukkig gaan hul ouderdom n rol speel md vonnisoplegging. Ek wonder hoe voel die ouers vd beskuldigdes? Is hulle ook so verwaand soos hul kinders?

Antoon ·

Nes jy daar sê Lizelda. Ons gaan weer hoor dis die samelewing (of ouers of skool of hul sosio-ekonomiese omstandighede) se skuld en dat hierdie “kinders” nie toerekenbaar is nie. Moord is moord. Dan vra ek met trane in my oë: Kan ons gemeenskappe soos die kwalik neem as hul geregtigheid in eie hande neem?

Michael ·

Mense as dit nou wit seuns was.was hierdie land vandag n bloed bad .ons sal seker maar min van hierdie saak hoor. Dit is ook hoe dit in n land gaan waar daar geen wet en orde is nie wat se voorbeeld skep die seniors vir die kinders .”Geweld” dit is hoekom hulle so is.kyk Dit was nou heeltemaal onodig.

Raka ·

So gaan dit as lyfstraf afgeskaf word, dissipline nie toegepas word nie en respek vir ander nie bestaan nie. Wie moet ons blameer? In die tagtigerjare het die jeug hul ouers in die townships beheer. Hulle doen dit nog steeds…………

Rosemary ·

Waar gaan vandag se kinderlewens heen? Dis mos nie reg nie. Hulle is veronderstel om nog met karretjies te speel, maar kyk nou, nou vermoor hulle die onskuldige.
Themane is in ‘n beter plek en daardie kinders wat hom vermoor het, gaan eendag baie spuit wees daaroor wanneer hul virewig brand.

Tania ·

Eers was daar die Waterkloof 4, nou die Capricorn 5. Daai seun gaan vining uitvind dat sy pa hom nie hieruit gaan kan kry nie.

@ TANIA ·

En toe was dit die moord op TANIA terwyl sy nog besig is om vinger te wys na die WATERKLOOF 4 wat geboet het vir hulle dade.

Zumie ·

Gelukkig vir die SAPD neem die misdadigers skynbaar nou hulleself af terwyl hulle die misdaad pleeg…….. Ek is seker die aanklaer en ondersoekbeampte is dankbaar vir die hulp.

Jen ·

hoekom moet daar eers ‘n petisie geteken word om die moord te ondersoek?

Amanda Hulme ·

Vreeslik!!! My seun is ook onskuldig op 27 jarige ouderdom vermoor. Mens kom nooit oor jou kind se dood nie, en nog minder as jou kind vermoor is!!!! Ek hou sy ouers in my gedagte en hart!!

verstaan nie. ·

Hoekom is dit deesdae n problem om te sê of dit wit of swart is????wonder waar voor is die mense bang?
As dit wit moordenaars is se dit!!!!
As dit swart is sê dit!!! Maak dit van jou n rasis net om te lees dat 5 swart seuns n ander swart man vermoor het??? En as dit wit is wat wit vermoor!! Sê dit!! Dis mos wat gebeur en sal tog oopgevlek word.verstaan nie die heiligheid omtrent hierdie denk wyse nie! Ujg

Theuns ·

O jy sal vinnig hoor as dit wit seuns was. Dan was die hele anc, eff, blf , parlement en polisie op sosiale media om hulle menings te gee oor die onreg. Baie maklik om te sien of dit wit of swart is. As alles so stil gehou word kan jy maar weet hulle is swart.

Denise ·

SKOKKEND , WREED , geen respek vir hulle medemens nie en spog ook daarmee SIEK !!!

willie ·

Jorese jou opmerkingt.o.v. Waterkloof 4 is tog so ongevraagd! Vertel ons almal aan watse sindroom ly jy?

Anoniem ·

Nee Antoon ons kan glad nie die mense blameer dat hulle die reg in eie hande neem nie.
Hierdie “kinders” is siek verby.

Wonder Net ·

Ek wonder maar net oor ouderdom, met so ‘n snoor. Laat mens dink.

Ag JOhanna regtig ·

Klink asof jy geen korttermyngeheue het nie, net langtermyngeheue . dit het BAIE JARE gelede gebeur EN hulle is gestraf daarvoor .. en hulle het ook nie gespog daaroor nie so jou GEHEUE is taamlik selektief, daar is GEEN ooreenkoms nie .. die seuns het destyds nie eers geweet hulle skop die ou dood nie .. so ja .. jou vergelykings is ONVANPAS en stokoud …

Shelley ·

My hart is stukkend dat ouers hul kind op sò wreede manier verloor, my diepste simpatie
As daai 5 moord kan pleeg soos volwasse dan moet hulle die straf van volwassene ontvang! Die video en hulle spoggende tong is mos bewyse genoeg. Bring die doodstraf terug en dan sal daar orde in ons land wees!

Jane ·

Wat van pierre de necker se ouers? Ek het gehoor sy pa is ook dood oor wat met hom gebeur het en sy broer is in die tronk. Gaan gerrie nel sie menae way hom vermoor het privaat vervolg?

GM ·

Theuns, ons lees so baie berigte en weet wat in S.A. aangaan. Dit is dus maklik om afleidings te maak oor ras. Maar daar word internasionaal ‘n bohaai gemaak as ‘n wit persoon die krimineel is. Dus kan die president goed sê soos dat boere nie vermoor word nie en dat witmense rassiste is en swartmense onderdruk. Ek stem ook vir eerlike beriggewing. Call a spade a spade. Hou op bang wees om op tone te trap of iemand se menseregte te skend. As hul iemand vermoord, behoort hul geen menseregte te hê nie. Net soos kriminele nie behoort te stem nie.

GM ·

Sterkte aan die man se naasbestaandes.
Ek ys om te dink dat dit die tipe mentaliteit is waarmee my kinders te doene gaan kry in hul skoolloopbaan. Dit is tyd dat dié wat die land wil opbou, geskei moet word van dié wat die land wil afbreek. Alle rasse ingesluit.

Anna Smith ·

Hul word aangehits deur EFF en BLF om te moor…..gee nie eers om watse kleur nie…..solank hulle hul sadistiese moordlus kan bevredig….dis om van siek te word! Vader behoed ons asb!

Jane ·

Wat van pierre de necker se ouers? Ek het gehoor sy pa is ook dood oor wat met hom gebeur het en sy broer is in die tronk. Gaan gerrie nel sie menae way hom vermoor het privaat vervolg?

Herman P ·

Meeste optrede van kinders is direkte weerspieeling wat in die huishouding aangaan.

Diefie ·

Hoe hartseer is dit nie. Daar is geen “afskrikmiddel” vir moord nie, daarom is moord aan die orde van die dag. Sterkte aan die familie en vriend.

Geskok ·

Ai mense, wat maak dit nou saak watter ras, van waar en uit watter imstandighede? Iemand het hul seun verloor! Harte is verskeur! Sy werk op aarde vir God is kortgesnip deur sondaars wat nog hul Vader moes leer ken.
Dis so hartseer! My hart en gebede gaan uit aan sy ouers en vriende.
Eerder as om in bakleiery met mekaar te wees oor rasse, Waterkloof 4 (dis darm ou koeie) ens bid eerder saam dat geregtigheid sal geskied. Ek bid ook dat God onherroeplik in hierdie seuns se lewens sal ingryp.

Zeus ·

Die seuns is mos groot manne, stuur hul grootmens tronk toe, stuur hulle Pollsmoor toe, split hul op van mekaar af dan kyk ons hoe braaf en sterk die laatjies is

VanAfrika ·

Wat sou hulle motief wees om so n goeie jong man sommer net so te verniel en hom dan dood te maak? Hy het nie uit n kroeg uit gekom en n bakleiery begin nie, hy was in die kerk, besig om musiek te speel en sy ding vir die Here te doen. Was dit net vir die lekker kry, om te kyk of hulle “rang” kry in hulle bende vir n moord of het hulle nou maar besluit hulle hou nie van hom nie???

jakes ·

Die geweldige vlaag misdaad wat SA nou tref is n bewys dat ons volk besig is om kranksinnig te raak. Dit tref alle groeperinge. Die kinders wat die daad gepleeg het moet daarvoor boet. Ons tronke is stampvol met jeugmisdadigers want dit het byna n kultuur geword om te moor en te verkrag. Hierdie tipe misdade gebeur nie in lande waar die doodstraf toegepas word nie.

Aap ·

As dit afrikaanse suens was sou dit werld nuus gemaak het , die gaan onder die mat ingevee word as gevold van wie hulle is en hulle kleuer ,

Anni ·

Ag mense, vergeet tog asb Afrikaans of Engels pf watter taal ook al, of wit of swart. Hier is moord gepleeg en hulle is vermetel genoeg om dit af te neem. Afgesien van die hartseer van die ouers, wat moes die arme man deurmaak voor hy gesterf het. My hart breek.

My mening ·

Wat gaan met kinders aan?! Van hulle is erger as diere. Dit lyk my ons is regtig in die proses van devolusie.

cb ·

Hierdie gebeurtenis het my eggenoot so geruk, hy het daar skoolgegaan, Met trots sy ere baadjie gekry en dit is vir hom so hartseer om te sien wat van ons Skole word. So net weer dit was in die jare toe daar nog respek was vir die onderwysers, die skoollied en gepaardgaande. So daar is baie van Capricorn Leerders wat met trane in hulle oge sit oor die vergaan van so pragtige skool. God Bless all

Ekke ·

Innige simpatie aan sy ouers en familie. Dankie Vader, ons kinders emigreer. Hoop alles sal reg uitwerk vir hulle. Nerens veilig nie maar ek glo veiliger as SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.