Skoolseuns kry borgtog ná moord

Thoriso Themane (Foto: ANA)

Sewe skoolseuns wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Thoriso Themane (27), is Woensdag in die Polokwane-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Die sewe minderjariges, 15 en 16 jaar oud, is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en die saak is tot 31 Mei vir verdere ondersoek uitgestel, het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die twee volwassenes wat in verband met Themane se moord in hegtenis geneem is, het vroeër die week afsonderlik in dieselfde hof verskyn. Alfred Mothapo (36) en Chuene Maleka (37) is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Themane is op 23 Februarie in die Florapark in Polokwane aangerand waarna hy vir dood agtergelaat is. Themane was glo op pad huis toe van ʼn musiekoefening by sy kerk toe hy deur ’n groep oorval en aangerand is. Video’s is van die voorval gemaak en op sosiale media versprei.

Een van dié video’s wys hoe ʼn bebloede Themane gesleep, geslaan en geskop word. ʼn Ander wys hoe Themane se oënskynlik lewelose liggaam straat af gesleep word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Unfair ·

What about the murdered victims family.
These school kids knew exactly what they did. They must face the conciconces in a adult way.
My heart goes out for the murdered victim family. May God be with them in this time.

Michael P ·

R 2000 borg vir moord Dit wys jou hoe stuffed up is die land R150000 borg vir die K ” woord.

James ·

Maar die KFC ou sit nog. Die boer wat aan die huis vas gery het van werker sit nog.

Bietjie baie ·

En die Kentucky oortreders ….. Nee wat die regstelsel het teveel keuses en is nie regverdig nie.

Bren ·

En beste van als daar is ‘n video opname gemaak met ‘n selfoon.. wat meer wil hê om nog verder te ondersoek????? Skuldig en klaar!!! Maar die een se Pa was mos hoog op in die polisie. Een hand was die ander hand.

jaco ·

as hulle slagoffer wit was het ek nog die borg verstaan, MAAR hulle slagoffer was net so swart soos hulle en ons het ook n regstelsel wat eerder sulke borg sal toelaat as swart mense wit mense vermoor het. al gevolgtrekking is dat ons regstelsel blykbaar ook nie meer omgee vir sy swart rasgenote nie. moord deur swartes op swartes is blykbaar ook “maar ok” soos wat swart moorde op wit mense lankal is.

Charms ·

Jaco soms wonder ek hoekom witmense dink net hulle word vermoor. Kleurlinge en Indiers sowel as Swartes word daagliks deur hul eie mense en andere vermoor. En almal van ons word meeste kere gefaal deur die regstelsel.

Skerpioen ·

Sies ek skaam my vir hierdie onregverdigheid in Suid Afrika. Op n jong ouderdom moord gepleeg en nie uit selfverdediging nie maar agv booshied en borgskap word toegestaan? Agge nee man hoe kan die regstelsel dit toelaat. Suid Afrika is een groot sirkus…. net jammer ek lag nie en ek haat elke oomblik van hierdie show!

Gert van Wierdapark ·

Nogal net ‘n ou bedraggie van R1000 borgtog vir die 2 ouer skurke en R2 000 vir die 7 skoolgaan-de moegoes. Kom 31 Mei 2019 en sien wie van die nege daag op!

remondo ·

wat n belagliheid – R200-00? borg? dis hoekom die kriminele doen wat hulle wil…..

gatiep ·

Hoe kan n mens oot vertroue in regstelsel he.
Soos jaco se as hulle n wit mens doodgemaak het kon ek nog verstaan hulle sal vry gelaat word.
Is n swart man se lewe dan nou ook niks werd soos n witte in die land.
Lyk vir my moord pleeg is nie meer eintlik n iets nie.

Maljan ·

Julle verstaan nie mense. Dit gaan nie oor hoeveel n slagoffer werd was nie. Wit, swart, blou of pers. Die nvg is daar om die regte van die swart krim te beskerm.

GM ·

R1000 en R2000, onderskeidelik – dus R16000 vir ‘n lewe geneem, en hul loop vry rond. As hul gevonnis word, gaan dit seker ‘n ligte vonnis ook wees – veral vir die arme jong bloedjies wat nog skoolgaan. Hulle is mos groot genoeg om te kan moor, maar nie groot genoeg om soos volwassenes gestraf te word nie. As hul gevonnis word en eventueel vrygelaat word, gaan hul net weer moor. Ek glo nie dat hul rehabiliteerbaar is nie. Min is. Die feit dat hul video’s geneem het en versprei het, wys net dat hul nog meer sadisties is as ‘n ‘gewone’ moordenaar.

Sterkte aan Thoriso se ouers en sy naasbestaandes. Geen ouer verdien hierdie lyding nie.

Welkom in SA ·

Janee as jy CONNECTED Is dan loop jy en jou kinders vry ongeag van WAT SE MISDAAD daar gepleeg is . die kinders gaan SKOTVRY daarvan afkom ..

Pieter ·

Ek wonder net almal skree wit maar daar is hope gevalle wat nie eens aangemeld was van wit kwaad teenoor swart bruin en indier ek raak nou waaragtig keelvol maar toemaar Jesus is spoedig opad om te oordeel!

jhbmeisi ·

R1000 borgtog,is dit wat sy arme lewe werd was.Die land se regstelsel maak my siek!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.