Skoolseuns met vuurwapens betrap

Die windpistole en vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het. Foto: verskaf

Die windpistole en vuurwapen waarop die polisie beslag gelê het. Foto: verskaf

Twee skoolseuns van ʼn hoërskool in Mthatha in die Oos-Kaap is Maandag in hegtenis geneem toe hulle met vuurwapens betrap is.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê twee windpistole en ʼn ongelisensieerde 9mm-pistool is omstreeks 08:00 in die seuns, onderskeidelik 14 en 17 jaar oud, se besit gevind.

“ʼn Onderwyser het vermoed dat die 17-jarige iets onder sy baadjie wegsteek,” het Fatyela gesê. “Hy het die seun deursoek en op ʼn windpistool afgekom. Die seun het verduidelik dat die windpistool aan die 14-jarige behoort.”

Die 14-jarige is ook deursoek, waarna die ander windpistool en ʼn Norinco-pistool met ammunisie gevind is.

Die seuns is na die Madeira-polisiekantoor geneem waar daar vasgestel is dat die vuurwapen aan die seun se 61-jarige ouma behoort. Die seuns is in die sorg van hul ouers vrygelaat aangesien hulle nog minderjarig is. Hulle moet binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn.

Volgens Fatyela sal die ouma aangekla word van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zahn ·

Hoe kan jy kinders in die ouers se sorg vrylaat as hulle so sorgvry rondloop dat hulle vuurwapens kan bekom, al is dit die ouma se vuurwapens. Wat was die intensie toe hulle die goed gevat het uit die kluis? Op grond daarvan moet daar ‘n besluit geneemw ord. tsk, hierdie landjie van ons…

moeggepraat ·

Nou die dag het ‘n klomp matriek seuns ‘n arme kind met ‘n besemstok gemolesteer, is geen wonder die kinders bring wapens skool toe. Ek sou ook as ek weet ‘n besemstok wag vir my.

KarooKlong ·

Nou hoekom word die ouma nie ook aangekla vir die ongelisensieerde Norinco 9mm nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.