Skoolskoen lei polisie na vermiste seun (7) se liggaam

Polisie- en brandweerbeamptes op die toneel. Foto: Verskaf

Polisie- en brandweerbeamptes op die toneel. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn sewejarige seun is Woensdag gevind nadat hy vroeër vandeesweek ná skool nie by die huis opgedaag het nie.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gesê die seun is Dinsdag as vermis in die Elukwatini-omgewing, tussen Ermelo en Barberton, aangemeld.

“Die seun het vermis geraak ná swaar reën. Hy het vermoedelik huis toe geloop en probeer om ʼn spruit wat in vloed was oor te steek, onwetend dat die stroom te sterk is vir hom,” het Hlathi gesê.

Plaaslike polisiebeamptes en beamptes van die Chief Albert Luthuli-brandweer het Woensdagoggend die spruitgebied gefynkam en op sy skoolskoen op die oewer van ʼn rivier afgekom.

“Die soekgeselskap het vermoed die seun het verdrink en het hul soektog in en om die rivier voortgesit. Die seun se liggaam is later vasgekeer onder ʼn rots gevind.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

lilla B ·

Tussen Ermelo en Baberton vermis geraak ? hengse afstand tussen skool en huis?

Boerin ·

lilla B – Lees weer mooi en laat weet my wat jou uitkoms is.
So jammer om elke slag van kinders te lees wat om een of ander rede oorlede is. Dit breek ‘n mens in duisend stukkies. Sterkte aan die ouers en ander betrokkenes.

lilla B ·

Jy is reg boerin, bietjie dowwe oomblik gehad. Die sowat 120km tussen Ermelo en Baberton het my bietjie verwar met soveel dorpies tussenin…

E.K. - ek sê net! ·

JP – dink! Swart mense (baie ander ook!) het nie almal vervoer vir hul kinders nie. Tog gaan hul skool toe.

Arséne Lupin ·

Baie hartseer, maar ja, dit is maklik vir ons om te vra hoe kan ‘n ouer ‘n 7 jarige daai ent alleen laat loop. Maar plaas jouself in hulle skoene, dalk het hulle nie vervoer nie, en dalk miskien kan hulle ooknie vervoer bekostig nie. Daai ouers kon maar ook net hul kind op ‘n straat hoek laat staan het, en geld gebedel het, maar hulle het tenminste hul kind na ‘n skool gestuur vir onderig. Ek is seker dat die seuntjie se ouers hulself blameer, en is dit nie vir ons om klippe te gooi nie. Plaas dat die regering meer skole begin bou, dan het niemand se kind nodig om so vêr elke liewe dag te loop nie!

Pauline ·

Stem 100% saam moontlik moet ouers werk om brood op tafel sit en n dak oor hul kop.

Cherokee ·

Meer skole bou? Besef jy nie teen watter tempo skole afgebrand word nie? Die regering sal moet vinnig bou om voor te bly.

Stem 100% saam ·

Ek stem 100% saam Arsène!!!! Cherokee, jy het ‘n punt beet, maar mens moet liewer bepleit hul vat misdadigers wat skole brand vas en spandeer die geld wat hul op hul Kfc, Nando’s, vergaderings, ondersoeke en apel sake, vlugte en natuurlik hul eie behuising, dan skroom hul nie om belasting geld te gebruik nie. Daai geld moet vir skole & hospitale gebruik word.

Liza ·

Ai dis so hartseer, en ja ek glo ook nie hulle het vervoer vir hom nie, so klein maar skool toe wil hy gang ongeag die afstand, en van die kinders hardloop altyd skool toe, sterkte aan die ouers en rus in vrede seuntjie…….

Leonie ·

Ai dis hartseer. Die arme kind. Rus in Vrede seun en sterkte aan die ouers en familie xx

c ·

Ek werk in Elukwatini is al daar terwyl almal nog lekker vas slaap en ek sien elke keer kindertjies al van 5 uur af die oggend slag gereed en al oppad om skool toe te loop ongeag die weer! Almal van hulle is nie so bevoorreg om ‘n voertuig te he nie so die kinders moet maar loop. Sterkte aan die familie.

TDW ·

Dit breek my hart! Ek hoop hierdie seuntjie se dood is nie nou tevergeefs nie, miskien kan iemand in die omgewing ‘n carpool begin daar. Of die skool kan ‘n bussie vir die kinders reël.
Jammer vir die ouerharte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.