Skooltragedie: Departement van arbeid stel ondersoek in

Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark (1 Februarie 2019) (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het sy meegevoel betuig oor ʼn vierde skolier se afsterwe nadat ʼn betonloopvlak Vrydag by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark meegegee het.

Maroela Media het vroeër berig Marnus Nagel is Sondagoggend oorlede. “Hy was ʼn paar keer in en uit die teater, maar het aan sy beserings beswyk,” het Lesufi Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die leierskap sal Sondag die familie besoek. Meer inligting oor gedenkdienste en begrafnisse sal binnekort bekend gemaak word.

Die Gautengse departement van onderwys het Saterdag gesê die nasionale departement van arbeid het die skool oorgeneem om ʼn strukturele ondersoek te doen. Die polisie doen ook ʼn geregtelike ondersoek oor die omstandighede rondom die tragedie.

Die loopvlak van een skoolgebou na ʼn ander het op 1 Februarie kort ná 08:00 ineengestort. Leerders het glo oor die loopvlak geloop waarna dit ineengestort en op leerders wat onder die loopvlak was, geval het. Drie leerders, Roydon Olckers (17), Jandré Steyn (13) en Marli Currie (13), is Vrydagoggend dood is op die toneel dood en minstens 18 word nog in verskeie hospitale behandel. Van die leerders is steeds in die hoësorg- en waakeenheid van die betrokke hospitaal.

Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark (1 Februarie 2019) (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)

“Die departement van arbeid het die skool oorgeneem en geen ongemagtigde persoon sal dus in hierdie stadium op die perseel toegelaat word nie,” het die Gautengse departement van onderwys gesê. “Dankie vir die oorweldigende ondersteuning uit die gemeenskap en sakesektor. Alle ondersteuning wat betref strukturele rehabilitasie moet deur die departement van arbeid se inspekteurs op die perseel uitgevoer word.”

Die departement van arbeid sal ʼn strukturele assessering doen met die doel om ʼn verslag uit te reik wat die skool sal toelaat om sekere gebiede van die eiendom te gebruik. Die verslag sal na verwagting Maandag uitgereik word.

“Die departement van onderwys sal ook strukturele ingenieurs aanstel om ʼn strukturele assessering te doen.”

Lees alle vorige berigte oor die Hoërskool Driehoek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Karel ·

Al weer Panyaza Lesufi, Panyaza Lesufi, Panyaza Lesufi … ek wil ….

Werner ·

Ek wil ook. As ek die naam Panyaza Lesufer nog een keer hoor, gaan ek. Nou moet ouers wat n kind verloor het, nog in sy gesig ook vaskyk!

Marinda ·

Sterkte aan die families wat deur hierdie tragedie geraak is.

Mel ·

Wil hou nou elke keer wag vir nog ‘n terugslag voor daar ondersoeke gedoen moet word, rerig skrik wakker Lesufi………. My hart bloei saam almal

Anel ·

As die departement sy werk gedoen het en sy instandhouding op datum was, was daar nie nou so ‘n groot tragedie nie. Maar die regering glo mos nie in instandhouding nie. Glo nie eens hulle weet wat dit beteken nie!

Anni ·

Moes daar eers tragedies wees voordat besef word dat in stand houding 1ste prioriteit is!!!!!!!!
My hart gaan uit na almal Wat iemand verloor het, en nog in hospitale is. Di Here sal julle ondersteun in hierdi swaar tye Wat voor Le.

Joop ·

Water, elektrisiteit, paaie, en en en ….

En dit is maar net op die plaaslike munisipaliteite se vlak.

IK ·

Kom ons (sluit my in), wat uiters negatief is met Lesufi, gee hom ‘n kans. Dalk kom daar ‘n wending in sy manier van doen soos dalk nou blyk te wees.
Hopelik sal elke skool en staatsinstansie of soortgelyk gaan ondersoek instel na strukture op hulle persele. Moenie die skuifhekke vergeet wat al menige kind EN grootmens se dood of ernstige beserings veroorsaak het. Praat nie eers van swembaddens en . . . ja, daar is nog.

Werner ·

Jy is meer as welkom om hom n kans te gee. Moet asb net nie dieselfde van my verwag nie. Ek is klaar met die lot onbekwame, onbeholpe, rasbehepte ANC amptenare. Ek voel van nou af oor hulle soos hulle oor my voel. Onthou, toe die jakkals die skerpioen vra hoekom hy hom gesteek het, hulle gaan nou albei verdrink, het die skerpioen geantwoord: “Ek kan dit nie help nie, ek is n skerpioen. En jy het immers van die begin af geweet ek is een.”

Gebruik my IK ·

Regtig IK? Nou wil jy werklike ongelukke met ‘n wanbestuurde department sonder instandhouding en gereelde rassistiese besluitnemingsvermoe vergelyk? Laat toets maar weer voor jy dit as skuilnaam gebruik.

MCS ·

Hoop die hele insident maak van Lesufi ‘n nederig man. Hou homself altyd ‘n kapokhaan. Die lewe loop maar sy draaie en net God weet die rede.

Ander Koos ·

en waarom niks van president nie? sy stilswye skreeu ten hemele

Elizabeth ·

Het vandag dieselfde ding genoem. Geen woord van hom nie, ek wag tot hy iewers iets gaan noem. En ek hoop van harte dat die ingeneur wat hy gaan aanstel, reeds so 50 jaar se werk agter hom het. Jammer vertrou net nie iemand wat nog nie genoeg ondervinding van die soort werk het nie. Dat daar nie n geknoei sal plaasvind nie

Hester ·

Die president het al Vrydag sy boodskap aan die skool en ouers oor gedra.

Elna ·

My innige meegevoel aan elke ouer wat hierdeur geraak is. Ek hoop van harte dat al hierdie ouers die regering sal dagvaar vir vergoeding vir hulle verlies sowel as alle mediese onkostes wat betaal moet word deur die ouers. Mediese fondse dek nie alles nie en die hooflede moet betaal. Dagvaar die regering vir alles wat hulle besit vir nalatigheid en verwaarlosing raakende die gebou en die saak. Dit is immers n staat skool. Sterkte aan alle ouers onderwysers en leerlinge van Hoërskool Driehoek. Julle is in baie van ons se gebede.

Gemaskerde Sopbeen ·

Gelukkig is daar alreeds baie foto’s geneem….en enige iemand kan sien dat daardie loopvlak se betonblad geval het omdat die interne staal deurgeroes het na jare van geen onderhoud. Betonblad behoort ook nie net deur staal ondersteun te word nie, daar moes beton of baksteen pilare gewees het…..en ek sien dit nie. So, hy kan maar ondersoek soos hy wil, hy en sy departement is en was nalatig. Gaan stap môre oggend deur die skoolterrein waar jy jou kinders aflaai………en let op vir die roes-strepe waar beton gegiet is…..Trapskagte, stoepe, loopgange, pawiljoene…..Die volgende tragedie is nie te ver weg nie!!

Marius ·

Dit sal seker later duidelik word. My mening is dat die tragedie gebeur het asgevolg van nalatige / swak instandhouding. Ons weet almal in watter toestand alle staats geboue is. Die besorgdheid van anc amptenare beindruk my nie.

Johan ·

Rede vir chaos in die Staatsdiens is dat daar nie meer skeiding is tussen die politici en amptenary nie. Verder moet die lesers daarop let dat nie alle amptenare ANC ondersteuners is nie maar die beleid moet uitvoer wat voorgeskrywe word.

M ·

Wel ek dink hierdie tragedie gaan ni ons as ouers stop om ons skole van hoek en kant uit te kyk en te soek ni, my hart gaan uit na elke liewe ouer toe en almal wat na aan elke leerder was, weet ons is almal saam in eenheid

Alida ·

Lesufi het in 2 maande grootgeword hopenlik. Hy het duidelik gese al die kinders se mediese kostes sal betaal word. Hopenlik word alle skole nou ondersoek en herstel. Daai skool is 42 jaar oud en die Dept het in 25 jaar nooit inspeksies laat doen nie.

CJ ·

SA het een van die mees komplekse onderwysstelsels. n Demokratiese stelsel (bv regte en verantwoordelikhede van die Beheerliggaam wat demokraties verkies word om o.a. skool se instandhouding te doen) binne n Burokratiese stelsel (bv Dept van Basiese Onderwys aan wie die gebou behoort en wat veronderstel is om fasiliterende ondersteuning van die Dept van Openbare Werke te ontvang). Dis in n neutedop. Ek voorspel hier gaan blameshifting kom soos ons lanklaas gesien het en dat die MEC, Minister van Basiese Onderwys, Beheerliggaam en Skoolhoof almal nog gedagvaar gaan word. Watch this space. Die Minister van Basiese Onderwys kan sy/haar magte een keer delegeer in terme van verantwoordelikheid van skoolveiligheid … dus wie gaan nou die verantwoordelikheid aanvaar? Elkeen gaan vir sy eie wickets keer.

Rika ·

Ag het jare terug gewerk vir die department van arbeid het nie veel vertroue In hul skills nie en hul is net so korrupt

Jacobus Kotze ·

Ek verstaan nie hoekom die departement van Arbeid die gebou ondersoek, moet dit nie eerder Openbare Werke wees nie? My vertroue in albei is in elk geval so laag, dat hulle ‘n straatverkoper ook kon vra. Wanneer gaan McKinsey of een van die buitelandse “konsultante” se hulp ingeroep word, teen miljarde Rande se fooie?

brenda ·

Die woord; instandhouding beteken slaaf of werk; niemand wil meer daardie titel aanvaar nie! Gee dit vir die mense wat wil en KAN!! om parke en papiere op te tel en skoon te hou is ook te veel gevra. Die mense kry pensioene en medies; maar werklose mense spring later in en ruim op want instandhouding is n vloekwoord.

Marius ·

(Sterkte aan die families) maar julle sal moet kyk baie skole met daai brue.

Riëtte ·

Toe die Schweizer voorval(waar niemand eers beseer is nie, wat nog van dood is) was die minister sommer al die volgende dag self op die skoolgronde. Waar is hy nou? Nee hy skitter in sy afwesigheid. Maar ja dis wat almal in die regering doen, skitter in hulle afwesigheid waar daar werk is om te doen, maar as daar partytjies gereël is, is hulle almal daar, en pronk voor die kameras

Willie ·

Waar is die TOW, as ek onthou? Of is ek verkeerd? Waar is die ou Staats Garages, wat alle voertuie in stand gehou het… alles is tot niet?

ex-onnie ·

Die Onderwysdepartement hou al jare lank nie meer skole in stand nie. Ek en my handige man het elke klaskamer by elke skool waar ek onderwys gegee het, self ingespring en opknappingswerk gedoen. Ons het o.a. krake reggemaak, geverf, dakligte vervang en gebreekte ruite laat regmaak. Ons het nie ‘n dankie verwag nie en ook nie een gekry nie. Ek het ná aftrede ‘n addisonele jaar gewerk op die Skoolbeheerraad se salarislys. Die Beheerraad het my R10,000 per maand minder betaal en my skoolhoof het my een klas ekstra gegee. Toe die ouers die skool se finansiële state moes goedkeur, het hul gekla oor my “hoë” salaris van R14 000 pm. Toe die hoof verduidelik wie en wat ek is, het hul selfs gesê dat hul tevrede sal wees met 60 leerlinge in die klas, maar hul wil nie “duur” onnies op die Beheerraad hê nie. Alhoewel skoolhou my passie was en ek elke jaar ‘n 100% slaagsyfer behaal het, het ek aan die einde van 2013 bedank. Ek sou nog baie jare met suskes kon werk. My opvolger het net een jaar gehou! Moet niks spesiaals van die Onderwysdepartement verwag nie. Ondank is wêreldsloon.

alida ·

Riette ons almal weet Lesufi is ‘n nar en soms doen hy dinge wat onaanvaarbaar is, maar hy was op die ramptoneel en het ‘n mandaat gegee vir die kinders se mediese uitgawes. Alle mense is nie altyd sleg nie.

Johan ·

Met baie jare se ondervinding met die departmente, kan ek julle se hulle ingenieurs is vrot verby en verstaan nie hulle werk nie!

Db ·

Gee hom ‘n kans – ja right – een kans en dit is geen kans. Hy gebruik hierdie hartseer insident net om homself op die skouer te klop en nog groter gemors in die skole aan te vang

Johan ·

Is die vierkantige sypaneele van asbes gemaak ?Kyk bo op foto

Ook'n ouer ·

Hoekom moet daar altyd eers ‘n tragedie gebeur voordat daar iets aangedoen word? Sterkte aan al die ouers en familie en vriende wat hierdeur geraak is.. Hoop die ander kinders herstel volkome.. Ek hoop elke skool sal nou deurgegaan word en herstellings sal gesoen word om weer so iets te voorkom..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.