Skooltragedie: ‘Hy was ʼn pragtige seun’ sê pa

Roydon Olckers. Foto: Facebook

Roydon Olckers (17), een van die drie leerders wat Vrydag by die Hoërskool Driehoek dood is, se pa sê sy seun se dood was nie tevergeefs nie.

Donovan Olckers het in ʼn onderhoud by die skool aan eNCA gesê hy kon nie vir ʼn beter seun gevra het nie en was baie trots op Roydon. “Hy was ʼn Christen. Hy was baie behulpsaam en dit is net ʼn groot verlies. Hy was ʼn voorbeeld, selfs vir my.”

Olckers het gesê sy enigste vertroosting is dat hy weet Roydon is by die Here. “Ek het myself en my seun belowe sy dood sal nie tevergeefs wees nie. Ek het belowe ek sal vir almal sê om elke dag hul Bybel te lees, te bid en uit te gaan en ʼn verskil te maak.

Jandré Steyn. Foto: Facebook

“Wees lief vir mekaar. Hou op met die haat, die gekibbel en al die nare dinge. Gaan uit en maak ʼn verskil. Dit is wat sy nalatenskap gaan wees.”

Die ander twee leerders wat in Vrydag se ramp dood is, is intussen geïdentifiseer as Jandré Steyn en Marli Currie, albei 13 jaar oud en in gr. 8.

Die Gautengse varswater-oewerhengelvereniging het hulde gebring aan Jandré en gesê hy het met leedwese en groot hartseer van sy dood kennis geneem. “Ons innige simpatie aan sy ouers, Jan en Anzél Steyn, en sy twee ouer sussies.”

Marli Currie. Foto: Facebook

Marli is intussen beskryf as ʼn meisie met ʼn sagte hart en mooi persoonlikheid. Die UTEG Taekwondo-gevegskunsskool het gesê Marli was ʼn student by hulle. “Ons innige meegevoel aan haar ouers, boetie, familie en vriende. ʼn Swartbelt met ʼn sagte hart, en mooi persoonlikheid. Ons gaan jou mis, meisiekind, ons weet dat jy by Jesus se voete nou kan rus, tot ons jou weer sien. Jou plekkie gaan nou leeg wees, maar ons sal jou nooit vergeet nie.”

Honderde mense het Vrydagaand by die Hoërskool Driehoek bymekaargekom om te rou en eer  te betoon aan die slagoffers. Mense het blomme, kaartjies en sagte speelgoed by die skool neergesit om medelye te betoon. Ouers, onderwysers, leerders en lede van die gemeenskap het mekaar getroos en gebid.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het die skool met onmiddellike effek gesluit. Lesufi het sy dank aan die gemeenskap en ouers uitgespreek wat ingespring en gehelp het na die tragedie. Hy het versoek dat al die leerders mediese behandeling ontvang al het hulle nie ʼn mediese fonds nie. Lesufi het ook onderneem om die beseerde leerders in die onderskeie hospitale te besoek.

Foto: Verskaf

Vyf leerders het kritieke beserings opgedoen en drie van die leerders is met helikopters na nabygeleë hospitale vervoer vir dringende mediese behandeling, volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911. Meer as 20 leerders is beseer en hul beserings wissel van gering na matig.

Intussen sal inspeksies by die skool gedoen word om seker te maak al die strukture is veilig voor die skool sal heropen.

Die loopvlak van een skoolgebou na ʼn ander het kort na 08:00 ineengestort. Leerders het glo oor die loopvlak geloop waarna dit ineengestort en op leerders wat onder die loopvlak was, geval het. Die struktuur word intussen met tydelike staalpale gestut om te keer dat dit nie verder ineenstort nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Linda ·

Mense sover as New Zealand het gister van hierdie tragedie te hore gekom, hul stuur hul innige simpatie aan elke ouer wat n kind verloor het en wens sterkte toe vir al die beseerders. Dit was n skok dat so iets in ons skole kon gebeur het !!!

Madeleine ·

Ek kan nie myself indink hoe die ouers moet voel nie. Jy laai jou kind by die skool af sonder om te weet vandag is die laaste keer. Ek weet nie wat ek sal doen as dit ooit met my moet gebeur nie.
Dit laat my so dink aan die volgende:
As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak,
sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak.
As ek geweet het dis die laaste keer wat ek jou by die deur sien uitloop, sou ek jou gedruk en gesoen het –
en jou teruggeroep het vir nog ‘n drukkie. As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor,
sou ek dit op band op geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel.
Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons graag wil ..
maar sê nou vandag was die laaste kans!

Sterkte aan al die ouers. Asook die kinders wat beseer is.

Danel ·

Dis so waar, ek druk sommer my kind se lyfie stuwer vas. My hart seer vir al hierdie mense, dis ondenkbaarvwaardeer hulle gaan. Sterkte aan almal mag God vertroosting bring.

$ ·

Dankie, Madeleine – mag ons die woorde wat jy gedeel het onthou en uitleef teenoor ons geliefdes.

??????????????

Charms ·

Dankie Madeleine, jou woorde sal ek elke uitleef. My hart bloei vir elke ouer in hierdie geval. Mag God hulle vertroos.

Werner ·

Ek as ouer en voorsitter van 2 skole se Beheerliggame en baie betrokke by albei skole vir die afgelope 11 jaar is baie hartseer na gister se ramp. Ek wil n beroep doen op almal in Suid Afrika om te bid vir hierdie ouers, familie, vriende en al die personeel en leerders wat betrokke is by hierdie tragedie. Ek vra ook dat al die skole asb maandagoggend tydens hul opening n minuut van stilte sal reel.

Gesiggie ·

My hart gaan uit na elke ouer van die 3 prag kinders wat moes sterf… en ruk aan n mens om die mooi woorde te lees van Donovan – n mens kan in al 3 die kinder se gesiggies sien dat hul voorwaar Engel kinders was. Ons kan soveel keer as wat moet vra? hoekom hoekom hoekom, maar ons sal nooit die antwoord vind. Dit is tragies dat so iets moes gebeur en dit nog by hul skool, wie sou ooit verwag dat jy nog vanoggend jou kind veilig skool toe gevat het, gegroet het…. en n paar ure later die skok” my innige meegevoel aan Roydon, Jandre en Marli se ouers en familie….mag God jul vertroos en dra deur die hartseer tyd.

Mia ·

Alle simpatie aan die kinders se familie. Ons dink aan julle.

Corné ·

So hartseer. My innige simpatie met al die leerders en hul families. So jammer oor die kinders wat gesterf en seergekry het.

Elizabeth ·

Baie, baie jammer dat dit gebeur het en my diepste meegevoel met die ouers. Ek wonder net: wie is die ingenieur wat die gang ontwerp het en wie het dit gebou???

Genus ·

Baie hartseer. Ek will net weet hoe veel ander skoole ook die selfde tipe brue het? Gaan hulle daai brue toemaak tot dat hulle geinspekter woord.

dinkhardop ·

Ek is baie kwaad en hartseer hieroor.

As onderwyser, wens ek regtig dat skole ophou om so obsessief te wees oor sport en buitemuurs en eerder veiligheid by die skole as eerste prioriteit sal stel.

Louis ·

Jy vat die woorde so uit my mond,mag die Here hulle hande vashou in die donker tyd.

ne ·

Die bestuur moet oplet na swak plekke. Byvoorbeeld waar roes voorkom aan strukture. Die skool is 45 jaar oud, instandhouding moet gereeld gedoen word. Wie het inspeksie gedoen en dit goedgekeur? Hoekom het ons ‘n onderwys departement?
Sterkete aan almal betrokke. Ons bid vir julle.

TLC ·

My kleindogte bring nou vir my n bloedrooi roos uit ons tuin en vra my is oumie oraait enhoe bevoorreg is ek
Nee ek is nie oraait nie my hart lê aan skerwe
Ek dra die roos aan julle almal op
Mag GOD jul dra deur hierdie donker tyd
??

Gesie ·

As ouer van dieselfde ouderdom kinders, is my hart stukkend vir die ouers van hierdie pragtige kinders. Julle kindertjies het nog soveel lewe oorgehad wat hulle moes lewe. Wanneer ek my julle verlies indink, voel ek fisies lam en seer.
Mag ons Here julle styf vashou en vertroos. Na ‘n persoonlike tragedie wat ek beleef het, kan ek ook bely, Hy was daar en het julle kindertjies reeds in Sy liefdevolle arms toegevou.

Ek ·

Mense gaan op jul kniee en bid vir leiding vir die donker dae wat vir ons as mene voor le.

Manie ·

Lesufi is deels te blameer. Hy hou hom op met goed soos Vodacom ipv dat hy seker maak mense kyk wat by skole aangaan. Ingesluit is die toestand van die geboue.

Pierre ·

Nog ʼn tragedie. Ons dink aan hierdie ouers met hartseer. Mag God julle troos. Daar is egter ʼn ander kant wat haat in my wakker maak. Ons sg nie-rassisties landsburgers het die mees afgryslikste goed geplaas oor die dood van hierdie kinders. Hoe kan dit toegelaat word. Hoekom nie ook hierdie mense met dieselfde sweep geslaan word waarmee ons geslaan word. Dis ʼn hartseer dag as iemand hulle verlustig in die dood van ander mense . Mense kinders in hulle fleur van die lewe met soveel ideale. Mag God dan self hierdie mense wat so uitgesproke is op twitter en fb oordeel op sy tyd. Rus in Vrede elk van hierdie kinders en spoedige herstel aan die wat beseer is.

Ounooi ·

Ek huil saam met julle, Pappas en Mammas, boeties en sussies, oupas en oumas, ander familie en geliefdes, skoolmaats, personeel. Hulle is so mooi… Ons sal onthou.

EP ·

So tragies! My hart gaan uit na die ouers en skool. Pragtige kinders ??

Kwaad ·

As die MEC sy eintlike werk gedoen het en gesien het dat die instandhouding in 2018 gebeur het soos dit moes in plaas daarvan om rond te loop en rassistiese voorvalle by “wit Afrikaanse ” skole te soek en uit te buit vir sy eie gewin, kon hierdie dalk verhoed gewees het. My innige sampatie met almal betrokke by hierdie baie hartseer voorval.

Mariaan ·

Die lewe is sommer net een groot stres hoop!! Ons as ouers offer ons lewens op om ons kinders veilig en geliefd groot te maak…of te wel hoop ek…my seuntjie van 13 is my hele lewe….ek verstaan mie dat die Here sulke tragedies toelaat nie…dit verwoes lewens…huwelike ens…HARTSEER is nie iets wat almal net KAN hanteer nie…dit breek goeie mense…dink aan al jul seer harte

Smiley ·

My hart is so seer vir die ouers, familieen vriende van die kinders.
Sterkte in die tyd, julle het n hele volk wat julle opdra in julle gebede.
Los tog die politieke uitlatings en beskuldigings vir n ander berig.
Kom ons ondersteun die naaste hier met ons woorde en gebede.
Daardie mense sal hier lees en hulle is te seer om nou te lees oor die land en sy politiek.

JJ ·

My innige simpatie aan die families wat kinders aan die dood afgestaan het.
Sterkte en beterskap word toegebid aan almal wat beseer is, en sterkte aan al die families. Mag die Here julle deur hierdie moeilike tyd dra.
Tweedens wil ek vra dat daar asseblief gekyk sal word of ‘n rampvonds op die been gebring kan word vir die slagoffers, aangesien die pad na herstel lank en ook duur gaan wees vir die beseerdes.

Ekke ·

My kind het my vandag gevra om saam te bak en brou in die kombuis. Ek was glad nie lus daarvoor nie, maar besef toe watter voorreg em het om dit vandag steeds saam te kon doen…….

Rika ·

So jammer vir julle hartseer mag die Vader julle dra deur hierdie donker tyd. ???

Jaco Olckers ·

Dit is n groot hardseer om te hoor van die jong leerders wat hulle lewe so verloor het. Ek het nie woorde nie.

TLC ·

Hoekom sien ek nou weer n post op Facebook dat daar 5 kinders dood is met die 3 wat ons wel weet van en nog n meisie en nog n seun se foto by
?het ek iets genis of is dit net nog n siek persoon wat dit nou gedoen het
Ag dit bly ongelooflik seer
Ek vra maar net?

PJC ·

Hierdie is ń erge tragedie. Ek hoop die gebeure spoor skoolbesture aan om meer veiligheidsbewus te wees. Ons kinders en kleinkinders is ons alles, ons hele lewe.

Johan ·

N vloer van n gebou val nie net oornag nie. Sekerlik moes iemand tog die krake gesien het

Johann ·

Goeie naand almal. Ek wil net begin deur te se dat ek nie kon glo wat ek gehoor het nie. Baie sterkte aan alle familie lede van die oorlede kinders en baie sterkte aan die familie en die kinders van die beseerdes. En dan wil ek graag ook baie sterkte se aan die mede leerlinge en onderwysers wat dit aanskou het en self probeer help het. Die Here sal julle vashou en beskerm. Ek weet God het besluit dat Hy eerder 3 engele van aarde af moes verwyder want Hy het hulle hulp nodig gehad in die hemel.

Schalk ·

Cyril nou gaan jy die skool besoek?.Jy is mos die pres van SA.

Jeremia ·

Innige simpatie aan al die ouers, gesinne én families.
Groot genade en krag aan julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.