Skooltragedie: Matriekseun een van oorledenes

Roydon Olckers. Foto: Facebook

ʼn Matriekseun is een van die drie leerders wat Vrydag dood is ná ʼn strukturele ineenstorting by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.

Roydon Olckers (17) en twee gr. 8-leerders, ʼn seun en ʼn meisie, is dood ná die loopvlak tussen een skoolgebou en ʼn ander kort ná 08:00 ineengestort het. Nicky Snyman, ʼn familielid van Olckers, het sy dood bevestig.

Die ander twee oorledenes se name is nog nie bekend nie.

Minstens vyf leerders het kritieke beserings opgedoen en drie van die leerders is per helikopter na nabygeleë hospitale vervoer vir dringende mediese behandeling, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, vroeër gesê. Meer as 20 leerders is beseer en hul beserings wissel van gering tot matig.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het tydens ʼn mediakonferensie by die skool aangekondig dat die skool met onmiddellike inwerkingtreding gesluit is. Inspeksies sal by die skool gedoen word om seker te maak al die boustrukture is veilig voor die skool heropen sal word.

Foto: Verskaf

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het intussen gesê hy is diep getref deur die tragedie.

“As ouer raak hierdie geweldige verlies my diep. As onderwyskollega van die personeel en beheerliggaam van die skool sal ons van Fedsas se kant af alles moontlik doen om ons lid te ondersteun,” het Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, gesê. Die beheerliggaam van die skool is ’n lid van Fedsas.

Hoewel ’n ondersoek na die voorval reeds aan die gang is, is dit steeds alle rolspelers se eerste prioriteit om die skoolgemeenskap op emosionele vlak by te staan deur middel van traumaberading.

“Fedsas se hulpbronne en uitgebreide kennis op die gebied van onderwysbestuur is egter tot die beskikking van diegene wat die ondersoek lei, asook vir enige ander behoeftes waarmee ons bystand kan verleen.”

Colditz het gesê dit is verblydend om te sien hoe Suid-Afrikaners saamstaan in tye van nood. “Almal help waar hulle kan – van die Vanderbijlpark-gemeenskap tot die Gauteng-onderwysdepartement. Dit is in tye soos hierdie dat ’n mens opnuut besef dat ons eerstens mekaar se kollegas en vriende is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Charlotte ·

Hartverskeurend. Mag die Vader die ouers
en gesinne van die 3 kinders styf vashou.
Ek huil saam met julle

Sandy ·

My innige innige simpatie gaan aan al die ouers wat kinders verloor het en die wie se kinders beseer is. Ek lees nie die rassehaat nie, want God sal met hulle deal. Die enigste ding wat ek wil se is dat die kinders, maak nie saak watter kleur, is onskuldig. Kids are innocent and off limits.

Abe ·

Sandy,
There can be nothing that reflects worse on the character of a man than that he has no respect for death and there is no clearer evidence of this than that he rejoices in the death of a child.

Blikke ·

Liewe Mammas en Pappas ek is so bitter jammer vir julle! Mag GOD julle die gemoedskalmte gee en die aanvaarding waarvoor nie een van ons voorbereid is nie. Ek bid vir U om genade en dat God julle sal onderskraag in hierdie moeilike tyd.

Liendempers ·

My hart is stukkend vir almal, die maats, die onderwysers, die ouers en familie. Ons bid vir julle.

Blikke ·

En as ek kon sou ek die BLF nou iets toegesnou het maar ek weet dat hierdie forum nie die aangewese plek daarvoor is nie. RUS IN VREDE…..julle verdien dit nie!!

Yvonne ·

Ek sekondeer Blikkie. Nou net die artikel op The Citizen gelees en die BLF se kommentaar. Ek het nie woorde nie…….. die wat ek wel het sal my in die tronk laat beland!!!!My innige simpatie aan al die ouers. Dit is ongelooflik hartseer.

WJ ·

Dit is verskriklik! So jammer vir die ouers van die kinders en die skool.
Dit is kinders wat nog So jonk is.
Glo die Here vertroos hulle mense.
Baie baie hartseer.

Renier ·

Ek huil saam met die ouers. Iemand sal vir hierdie tragedie verantwoording moet doen…

Lizelda ·

Ja Blikke…vandag, vanaand is ons almal dit eens: ons harte is stukkend. Of ons nou in Vanderbijl, Vereeniging of d uithoeke v SA is…ons almal se harte is stukkend. My innige meegevoel aan almal.??

Corrie ·

Dit is absoluut hartverskeurend dat sulke jong lewens so skielik tot stilstand geruk is. Innige meegevoel aan al die geliefdes mag God julle styf vas hou in hierdie hartseer tyd

Lizelda ·

Ek stem…maar geen geld gaan jou kind terug bring nie. R5 miljoen… R20 miljoen? My hart is stukkend.

My mening ·

Mens het nie woorde nie. Baie sterkte aan hul ouers en familie. Mag God julle vertroos en krag gee.

Isabelle ·

Donovan en Sharlene
My hart gaan vanaand uit na julle.
Woorde ontbreek
My gebed is dat ons Hemelse Vader jul trane sal afdroog asook die van die ander ouers…..Isabelle.

DRB ·

Eerstens, my innige simpatie aan almal wat betrokke is met die tragiese gebeure. Ek is ook n ouer wat al n kind begrawe het – die hartseer is onmenslik. Hou net die geliefdes se hande vas en help hulle huil. Dit is al wat nou help. Dit is te gou vir baie woorde.
Wat die Blf uitlatings betref – wat sou ons doen as n blanke 3 jarige verstandelik gestremde kind sê hy is bly oor diegene wat oorlede is? Ons sou dit doodeenvoudig met n kopskud geignoreer het – hy weet nie v beter nie.
Nou wat vd BLF uitlatings. Ons weet mos van beter . Wat verwag ons van dwase – ignoreer hulle soos jy met die 3 jarige kind sou doen. Hulle soek aandag, en dit word mildelik vir hulle gegee met ons reaksies.
Komaan – moenie daal tot op hul vlak nie, waar is jou waardigheid.

sandra ·

Hoekom bly almal altyd stil as die BLF sê net wat hulle wil? Hoekom moet hulle daarmee wegkom? Onskuldige kinders is dood en hulle wil dit vier! Dis absoluut boos! As almal net stilbly en niks doen nie, dan seevier die bose. Ons mag dit nie toelaat nie. Wit mense word tronk toe gestuur vir onaanvaarbare woorde maar hulle sê openlik dat ons die dood verdien en doodgemaak mag word? NEE!

Mariana ·

Innige meegevoel met families van die kinders wat oorlede is. RIV. Ook aan die ouers van beseerdes, sterkte.

Veilgheid ·

Die skool moet volle verantwoordlikheid neem vir die tragedie. Hoe kan jy toelaat om kinders in ‘n gebou toelaat, wat ‘n gevaar inhou van al die studente asook onderwysers.
Die skool moet gedagvaar word asook al die kostes van hospitale en medies en begrafnis van al die kosbare kinders

@ Veiligheid ·

Die skoolgebou behoort aan die Provinsiale regering. Geld vir instandhouding kom van die regering af. Lesufi het reeds vry mediese behandeling vir alle slagoffers aangebied. Hoekom dink jy het hy dit gedoen? Werk bietjie mooi uit wie is hier verantwoordelik vir die verval van infrastruktuur en instandhouding die afgelope 25 jaar…..

Jean ·

Ek vra die Here om jul deur die swaar tyd te dra, familie en vriende ..
My hart is seer vir jul verlies.

Dries du Toit ·

Ek is stom geslaan. My innige simpatie met al due ouers van die skool. Mag julle vertroosting vind in die Here en in Hom alleen. Ek bid vir julle

M ·

Nie eers nodig om enige komentaar te lewer ni, kan ni dink wat enige van daardie stukkende ouers moet deurgaan as hulle hier moet lees ni. Mag die ouers, naasbestaandes, vriende, en almal betrokke berusting kry! RIV liefste kinders

Ockie ·

Sterte aan al die ouers wie was die bouers en wie het dit goed gekeur
Sien baie goed verkeurd

Alida ·

Okkie die gebou is gebou jare gelede deur bekwame bouers. 30 40 jaar gelede. Al wat “verkeurd” is is die feit dat daar in 25 jaar geen instandhouding gedoen is nie. Dit is wat verkeerd is. Dit is n verskriklike tragedie wat nie gou vergeet sal word nie.

Prof Albert Basson ·

Mag die Here vertroosting bring aan al die families en skoolmaats en vriende wat deur hierdie tragedie geraak is. Dankie vir die dapper helde wat hulle skoolmaats wou uithaal in die rommel. Julle is almal helde. Julle verdien n medalje. Dankie vir almal wie die kinders bygestaan het deur die donker dag.

Paul ·

EN WAT GAAN ONS REGSTELSEL HIEROMTRENT DOEN?

Of staan hulle agter die deur?

Avra ·

Rus in vrede jong blomme van God. Sterkte en bemoediging vir diegene wat agterbly.

Waarheid1 ·

Moet julle nie aan negatiewe kommentaar steur nie.Dis nie die moeite werd om mens aan imbesiele se kommentaar te steur nie.Hulle is verlore siele.
Sterkte en dink aan julle in hierdie hartseer tyd.
Die kinders is by Liewe Jesus
Veilig in Sy hande.

Paul ·

Van die os op die jas Maroela, help my aub reg, is ek ‘n leerder van die tegnologie of ‘n leerling?

Cilliers ·

Google haar gerus, sy is ‘n opstoker wat by Clifton en ander plekke betrokke was, sy is nooit self op die voorgrond nie, maar beinvloed die mense en organiseer agteraf.

@Cilliers ·

Lindsay Maasdorp is ‘n MAN. En ‘n baie prominent lid by die BLF. Google weer….

juffrou ·

Liewe ouers, dierbares, maats, personeel van Driehoek…julle is in ons gedagtes en gebede. Kyk op.

Jerry ·

My innige simpatie aan die ouers van die kinders. Dit is n bitter moeilike tyd wat voorle. Mag julle vertroosting vind in God se genade.

Johan ·

Voëltjie hoor fluit die Departement was ingelig oor struktuele bekommernisse.

Petro ·

My innige meegevoel aan al die families, vriende, onderwysers en gemeenskap met julle groot verlies. Woorde is daar nie trane baie. Die insident het aan baie harte gevat. Kom ons vat hande en ondersteun die gemeenskap en ouers.

Koos de Meyer. ·

Wat gaan die mrk doen omtrent hierdie siek uitlatings van Blf en die ander gemors

Lcom ·

Ons huil saam met julle, Stekte aan almal wat so tragies geraak is deur die verskriklike gebeure. Mag die Here julle dra deur die donker tye.

BB. ·

1)…Los Politieke partye nou eers uit..Dit gaan oor die verlies van Kinders…wat veilig by die skool moes wees..Die Da..Solidariteit..Vryheids-F…Cope…..sal BESLIS op gepaste tyd aandag gee aan hierdie Haatlike opmerkings…Gee liewers U Simpatie, en Liefde aan diegene wat dit nou BAIE nodig het..2)… Vervolg hierdie haatdraende, ongevoellige mense…3) Moenie tot op hulle vlak daal nie…ons weet mos van beter..!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.