Skooltragedie: Vierde skolier sterf

Marnus Nagel (Foto: Facebook)

ʼn Vierde skolier is oorlede ná ʼn strukturele ineenstorting Vrydag by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.

Annari du Plessis, ʼn bekende krisis-ondersteuner in die Vaaldriehoekse gemeenskap wat direkte kontak met die familie het, het op Facebook bevestig Marnus Nagel is Sondagoggend oorlede. “Die familie kry swaar. Daar word versoek om net bietjie kans te gee sodat almal tot verhaal kan kom. Dink asseblief aan die gesin en wees daar vir kinders wat vanoggend die nuus gaan hoor,” het sy gesê.

Roydon Olckers (17), Jandré Steyn en Marli Currie, albei 13 jaar oud en in gr. 8, is Vrydagoggend dood ná die loopvlak tussen een skoolgebou en ʼn ander kort ná 08:00 ineengestort het.

Minstens 18 skoliere ontvang steeds behandeling by verskeie hospitale in Gauteng. Talle van die skoliere is steeds in die waakeenheid of hoësorgeenheid van die betrokke hospitaal.

Lede van die gemeenskap het Sondagoggend by die Crossroads trauma- en gemeenskapsentrum in Vanderbijlpark bymekaargekom om ondersteuning en geestelike berading te bied aan die familie en naasbestaandes.

Bedrywighede is intussen by die skool opgeskort terwyl leerlinge, ouers en onderwysers traumaberading ontvang.

Lees alle vorige berigte oor die Hoërskool Driehoek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Hannetjie ·

Ah dis verskriklik sad… Groot hugs vir AL die families… My hart verskriklik seer vir Jul… Rus sag jongman

Juffie ·

Mag so iets NOOIT weer by ENIGE skool in ons land gebeur nie. :(
Sterkte aan al die families.

Bets ·

Gaan nie help om iemand te blameer nie. Weet nie wie is verantwoordelik om skoolgeboue se struture na td gaan nie. Maar ek dink nie iemand sou kon dink die staal is deurgeroes nie. Niemand dink normaalweg daaraan dat ‘n brug kan inval nie. Ons sal van nou af let op sulke goed, maar iemand kan nie skuldig hieroor wees nie. Sterkte aan hoof, onderwysers, beheerligaam, ouers en kinders.

IK ·

Bets, ‘n bouersvriend van my wat letterlik duisende huise en woonstelle gebou het sê dat ‘n betonblad (ook voorafvervaardig) NIE ondersteun moet word deur staalwerk. Dit moet betonpilare wees omdat die staal mettertyd deurroes en pad-mee/gee. Daar was ook ‘n ma op pad na die skool wat ernstig beseer is in Rossini blvd langs di Vaal Mall. Sterkte ook aan haar. Ek verstaan dat haar kind nie in die ongeluk was.

IK ·

Bets, begin die inspeksie by die Ascotbrug oor die Vaalrivier by Vanderbijlpark.

leser ·

aan almal betrokke, julle is in my gebede
julle is niks van my, maar trane is oorweldigend
Jesus sal vertroosting gee

leser ·

ek bid vir Ghristus ondersteuning
dit laat my terugdink aan ons skool ongeluk in 1966, die dood met sekondes vrygespring, waar n voertuis tussen ons in gejaag het en n paar van ons dit nie gemaak het nie
sterkte aan almal

TLC ·

Aiai my hart is so stukken
Ek so hartseer vir ouers en almal betrokke
My trane vloei in reviere
Mag God julle styf vashou
Ek is so jammer oor almal se groot verlies??
Sterkte aan almal??

Dries du Toit ·

Ai toggie. Liewe Here help ons om dit te verstaan. Wees asb met die ouers en familie

Riets ·

Dis so ongelooflik hartseer, ek het kleinkinders nog opskool, in 2007 het ek my dogter en kleindogter in n motorongeluk verloor dis nou amper 12 jaar en ek het dit nog nooit regtig aanvaar of verwerk nie! Hierdie tragedie van dié skool voel of ek direk geraak word. Ek bid vir elke ouer my hart gaan uit na julle ń ouer moet nie ń kind begrawe nie dis bitter bitter seer! ??

GP ·

Sterkte aan al die families ouers en kinders wie hierdeur geraak is. Tyd sal dinge beter maak. Sterk wees.

Sterkte ·

Wat kan mens sê. Hierdie tragedie raak almal baie diep. Vir elke ouer en maat wat hierdeur geraak word, weet net, almal staan agter julle. Geen woord wat enige iemand sê kan vir hierdie gesinne op die oomblik vertroosting bied nie, maar hou julle oë na bo en vertrou op ons Vader. Hy sal eendag al ons vrae en hoekoms beantwoord, ek glo dit. Baie sterkte en bid dat ons Vader vir julle dra deur julle pyn.

Hennie ·

Mense asb kom ons hou op om die een die ander te kritiseer van wie gaan vir wie help laat die eie ek in jouself sterf hier is mense wat baie seer het agv n ramp laat ons as land maak nie saak van kleur taal of wat ook al nie hierdie mense ondersteun en bystaan . Ons as mens het nie die antwoorde op dit wat gebeur het nie. Kom ons vat eerder hande en loop die pad saam met hulle wat so diep seer het. Ons bid dat u wat hierdeur geraak word die Genade en Goedheid van God ons Vader deur Jesus onse Here sal ondervind en ervaar in hierdie moeilike tyd.

Sandy Botha ·

Ek is so verskriklik jammer vir julle groot verlies. Wat ‘n pragtige lewenslustige kind. Hy lyk so gelukkig op die foto ?.

A.S. Willemse ·

Dis baie tragies. Kinders in die fleur van hul lewe. Mag God vertroosting gee en bring aan alle naasbestaandes. My opregte simpatie en meedelye. Sterkte. God bless.

Marianne ·

Groothartige vriendelike Magnus rus in Jesus se arms. Hierdie Engel soos sy maats is tevroeg kom haal.
Ek glo hulle waak by jul vriende ek glo hulle beskerm hul families.
Mag God die kinders se sibbe, die vriende, ouers en onderwysers krag gee en ondersteun.
My hart en gebede is met elkeen van almal wat geraak is.

Genoeg ·

Ai en hy was dan ‘n Koekedoortjie en sy ma was so trots op hom. Sterkte, ons dra julle almal in ons gebede aan ons Groot Vertrooster op.

Foxi ·

Al my medelye aan die families. Ek weet nie wat om te sê nie. Om oor soiets te kom……nie baie maklik vir n ouer nie. Waaroms en hoekoms sal ons ook nooit kan verstaan nie.
Mag julle as ouers, familie en vriende berusting vind. Ons dra die hartseer saam met julle mense. ????

Nita ·

My innigste simpatie aan die ouers wat kinders verloor het in die ongeluk. Ek moet se ten spyte daarvan is ons skole veilige plekke. As mens in ag neem hoeveel honderde duisende kinders, daagliks skool bywoon. Behalwe vir die tragiese Westdene busramp, kan mens amper op jou een hand tel, die getal kinders wat oor die jare heen, by n skool omgekom het.

Will Oosthuizen ·

Ons Wil vanuit die buiteland elkeen verseker ons harte is stukkend, ons voel saam en ons dra almal geraak deur hierdie tragedie op aan ons Hemelse Vader vir vertroosting, krag en innerlike vrede. Mag die beseerdes God se genesende nabyheid ervaar en spoedig herstel. Sterkte!

Wonder ·

Mag die Here elkeen wat betrokke is, in Sy liefdevolle arms omvou en krag gee. Ons moet ons kinders koester.

Kan MM nie vir ons laat weet hoe dit met die ander 19 gaan nie.

Janine Nell ·

My hart gaan uit na elkeen wat deur hierdie tragedie geraak is.
Mag ons Liewe Vader vir jul almal vertroosting bring. Jul in my gebede .

Francois Muller ·

Groot tragedie wat die skool getref het. Baie jammer oor die kinders se verlies. Mag God vertroosting bring vir die families, maatjies en onderwysers. Ons bid dat die kinders wat seergekry het volkome sal herstel, asook die mamma wat in die ongeluk beseer is.

Debbie ·

God se wil is nie ons wil of keuse nie. Hartseer en tragies verseker. Ons bid en dra elkeen jonk en oud op aan ons Here net Hy alleen kan vertroos en weer die seer met die tyd laat vervaag. Ons innige meegevoel ons harte is seer saam met julle sin. Ons bid dat die mamma en ander beseerde kinders volkome sal herstel na liggaam en gees. ??

Diefie ·

Mag die Vader julle elkeen in Sy hand van liefde, vrede en vertroosting hou.

Gesiggie ·

Jesus vou elke Mamma en Pappa inj U arms… ons sien hul trane, U ken hul seer.. ons bid vir die ander kinders wat ook beseer is … geen woorde sal vertroosting kan bring.. my gebede gaan uit na jul. RIV Engel kind…

Twee keer dink ·

Dit is ‘n ramp. Ek kan my nie in die ouers en families se skoene sit nie. Alleenlik kan ons hulle opdra na Die Here, en hulle elkeen by Sy voete neerlê. Die skool moet toe gemaak word, hulle moet gedaagvaar word.
Daar is nie ‘n verskoning vir nalatigheid nie.
Moenie blaam op ander institutes sit nie.
Daar moet daagliks opgelet word na Health and Safety measures.
Dit is ‘n moet!!!!!
Netsoos daar gereeld geoefen moet word vir vure en rampe, so ook is dit noodsaaklik om elke kosbare kind se lewe veilig te hou.
Geen kind moet so sterf, agv nalatigheid van die skool nie.

alida ·

Hierdie tragedie is vir my baie moeilik om te verstaan en te aanvaar dat dit God se wil was. Ek glo nie.

chondell ·

Marnus is nie oorlede nie…Anneri het bevestig vanoggend hys nie oorlede nie! Hoe kry mens bevestiging van familie dan die volgende dag word daar deur dieselfde persoon bevestig hy is nie oorlede nie en dat mense eers hul feite moet reg kry voor hul nuus verpsrei?

Hoe nou ·

Die maak nou niks sin nie. Hoekom sal daar ‘n berig wees hy is oorlede wanneer dit nie so is nie. MM kan julle op hierdie bewering antwoord asb.

Landi ·

Och, my hart is so bitter seer oor hierdie kindertjies. Ons bid vir almal wat hierdeur geraak is.

bellakind ·

is Marnus oorlede of nie? Mense moet seker maak van hulle feite

Hartseer ·

Van FB af oorgesit:

Annari Du Plessis
Yesterday at 6:10 AM ·
More julle. Dit is met groot hartseer dat ek kan bevestig dat Marnus Nagel vanoggend oorlede is. Die familie kry swaar. Daar word versoek om net bietjie kans te gee sodat almal tot verhaal kan kom. Dink asb aan die gesin en wees daar vir kinders wat vanoggend die nuus gaan hoor. Ons is by die TRAUMA sentrum – ek sal sal half 7 daar wees……nou oppad

Lindtjies ·

Die fout lê nie by Maroela Media nie. Dit was in al vandag se koerante dat Marnus dood is. Dit is baie hartseer. Al ons simpatie aan al die ouers en families van daardie kinders. God is met julle.

riana ·

Dink aan die ouers en die wat boeties en sussies het. Julle moet almal baie sterk wees. God se hande is groot en sal na julle almal kyk en bewaar.

En God kom haal altyd die mooiste blom vir sy tuin. Ons sal nie nou verstaan nie maar eendag as ons hulle sien sal ons verstaan. Sterk staan julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.