Skooluitstappie eindig tragies

oggend_strand_stilte_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

ʼn 17-jarige skoolseun het Donderdagmiddag tydens ʼn skooluitstappie in die see by Port St. Johns in die Oos-Kaap verdrink.

Kapt. Nozuko Handile, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 13:00 by Second Beach plaasgevind.

“ʼn Groep leerders van ʼn skool in Mthatha het die gebied kom besoek vir ʼn aardrykskunde-opdrag. Die seun en nóg ʼn leerder het in die see gaan swem. Sy vriend het gesien hoe hy in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn,” het Handile gesê.

Die vriend het die onderwysers laat weet en die onderwysers het die polisie in kennis gestel.

Polisieduikers is na die toneel ontbied en ʼn soektog na die seun is van stapel gestuur, maar is later weens swak lig afgelas. Die soektog na sy liggaam word vandag voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Moeg ·

“Die vriend het die onderwysers laat weet……”Nou waar was hulle dan??????

Sputnik ·

Raai wat? Ek het geweet vingers gaan dadelik na die “toesig” gewys word. Foeitog, onderwysers moet ook oë orals hê. Moes die “toesig” nie maar al die kinders in ‘n lokaal toegesluit het nie? Komaan, mense – wees redelik!

IK ·

Dis gewoonlik op daardie ouderdom wat veral seuns ‘volleerd’ is.

Ditis ·

@Raaiwat. Jammer maar as kinders op n uitstappie gaan en is direk blootgestel aan ONDERWYSER TOESIG dan is dit prioriteit vanaf die Onderwysers om seker te maak elke kind is onder toesig. PUNT!

Martie ·

17 Jariges is ook daren groot genoeg om meer verantwoordelik te wees. Om sommer net in die see te swem is onverantwoordelik en onderwysers kan look nice 17 jariges babysit nie. Maar dood van n kind is altyd tragedies.

Sputnik ·

@Ditis, jy redeneer net soos al die voriges (en duisende ander wat nog saam met jou op die “band wagon” gaan spring). Ek ken nie die detail nie, bv. is die seuns toestemming gegee om te gaan swem? Ja, dan is dit ‘n ander saak. Die werklike punt is: Was jy nooit 14 jaar oud nie (of is jy nog op pad daarheen)? Seuns kan onhebbelik wees.

jonathan ·

Sputnik – Ek stem saaam jou seuns kan onhebbelik wees, maar as jy daar na kyk die rede hoekom hulle so is is agv die ouers wat hul so graat maak of net los om te doen wat hulle wil

Wonder ·

Teveel “studie toere” wil die personeel bietjie uitkom die verantwoordelikheid van kinders groot vir gewone familie wat nog te sê van klomp 14 jarige seuns?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.