Skooluitstappie eindig tragies

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Skooluitstappie in Krugersdorp het Donderdagmiddag tragies geëindig.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn tienerseun het in ʼn swembad verdrink tydens die uitstappie. Volgens Mathe is paramedici omstreeks 15:20 na ʼn vakansieoord in die omgewing ontbied en met hul aankoms was lede van ander nooddienste reeds besig om mond-tot-mond-asemhaling op die seun toe te pas.

Volgens Mathe het paramedici vir langer as 45 minute gespook om die seun by te bring, maar sonder sukses. Hy is op die toneel dood verklaar. ʼn Ander seun wat saam met die oorledene in die swembad was, het glo ook in die moeilikheid beland. Paramedici het hom op die toneel behandel en bevind dit is nie nodig om hom na ʼn hospitaal te neem nie.

Volgens Mathe was ʼn groep leerders glo op ʼn skooluitstappie toe die voorval plaasgevind het. Dit was nie onmiddellik duidelik hoe oud die seun was nie. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Will i am ·

Sam. Dit gaan nie net oor toesig. Hierdie kinders kan nie swem nie so hou hulle weg van swembaddens. Kinders jok vir onderwysers en sê hulle kan swem.

Columbiana ·

Maar dis mos die rol van onderwyser op so uitstappie om na kinders om te sien is dit nie? Dis hoekom hulle saamgaan is om toesig te hou. Dis tog ‘n geldige vraag om te vra waar was die onderwyser toe die insident gebeur het. Wat het die onderwyser gedoen toe die insident plaasgevind het. Geen melding word gemaak dat die onderwyser ingespring het om te help nie. Dis nie slegte of onredelike vraag nie. Waar was die toesighouers en wat het hullw gedoen?

Columbiana ·

En tog skryf mense gereeld op hierdie blaaie “waar wad die ouers toe kind verdrink het”. Hoekom is dit nou onredelik om te vra waar en wie was toesighouers?

Leandre ·

Here, hou asb U hand oor die kind se famielie en vriende. Amen

Wilma ·

Dit is niemand se skuld as so iets gebeur nie, ek en my man het reg langs die swembad gesit en my dogtertjie het amper verdrink. Sy het swemvlerkies aangehad en in ‘n split sekonde wat ons oë van haar af was, hulle afgehaal en in die swembad beland. Dank Vader my man het haar betyds gesien en in die swembad gespring. So iets gebeur so vinnig, mens kan nie regtig kommentaar lewer as jy nie al self daardeur is nie. Ek was ook altyd grootbek en gesê dis die ouers of wie ookal se skuld want hoe verdrink iemand as jy kastig toesig hou.

SkarrelKind ·

Wilma, ek het nie kinders nie en en ek kan my nie voorstel hoe vreeslik dit moet wees nie, nogtans is jou kommentaar, volgens my, op sy kop. Sulke dinge gebeur soos mens mens se oë knip. Kry eers die feite stel ek voor …

Waarheid ·

Sterkte aan almal betrokke. Kinders BLY OUERS se verantwoording JA AL WAS JY NIE EERS IN LEWENDE LYWE DAAR OUERS! maak dubbel seker of uitstappies voldoen aan gekwalifiseerde volwasse VERANTWOORDBARE persone (geen DRANK, persone in verhoudings in groep tydens uitstappies maw ONVERDEELDE AANDAG by kinders moet te alle tye PRIORITYD wees).Indien nie weier om vrywarings te teken.

Theresa ·

Baie sterkte aan die familie – dis baie hartseer.
Indien ‘n uitstappie gereël is en die kinders daag nie spontaan op nie, is toesig noodsaaklik en ‘n gegewe. Juis omdat verdrinking net sekondes vat. Daar moes dus iemand aangewys gewees het wat soos ‘n lewensredder die taak moes opneem om ernstig en getrou die kinders in die swembad dop te hou. Verkieslik nog iemand wat toesig oor die kinders om die swembadarea ook. Indien so iemand dan ‘n draai moet loop of moeg raak, moet daar tog iemand wees om af te los. Maar dit is waar dat ‘n ongeluk altyd ‘n ongeluk bly – soms ten spyte van alle voorsorg.

Louise ·

Hi Wilma, dit is so n ongeluk gebeur so gou.
My dogtertjie het ook al in die swembad geval, ek en my man en haar boetie was almal saam in die swembad en die swembad is baie klein, sy wou ook die vlerkies afhaal en ons het juis by haar gestaan terwyl sy op die trappies speel en ek het omgedraai vir n oomblik na my man en sy val toe in. sy was 5 en laat ek so se daai skok bly by my en haar. Dit gebeur so gou en die kommentaar van almal in die swembad was hoekom het ek haar vlerkies afgehaal, weet jy vir daai mense wanneer moet my kind leer gewoont raak sonder dit. Wanneer so iets gebeur is dit erg genoeg. (sy onthou dit nog soos gister)
Dood en ongeluk vra nie n tyd of plek nie. Baie sterkte aan die gesin en die wat daar was. RIV

Willie ·

Baie tragies, dit gebeur in n oogwink… by publieke plekke is daar seer sekerlik lewensredders? Is die half n vereiste nie? Groot kinders kan ook maklik in die moeilikheid kom, om mekaar onnodig te “dip”…

piet ·

My boetie het sy vlerkies aan sy voete gesit nadat sy juffrou die storie gelees het van Jesus wat op die water loop- hy’t gedink hy kan dit ook doen. Hy het dit oorleef want hy kon die pyp bykom wat water oor die plaasdam se wal spuit. Die mense wat altyd so beskuldigings gooi as kinders verdrink weet niks van kinders/ of kind wees af nie.

Linda B ·

hoop nie dis weer een van die gevalle waar die kind nie kan swem nie maar wil saam met maats in die swembad speel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.