Skooluitstappie ontaard in tragedie

Foto: IPSS.

ʼn Sesjarige seuntjie is Woensdagoggend dood toe ʼn skooluitstappie in KwaZulu-Natal in ʼn nagmerrie ontaard het.

Die voorval het in Shakaskraal in KwaZulu-Natal plaasgevind by ʼn gewilde venue vir familie- en skooluitstappies.

Paul Herbst, woordvoerder van IPPS Rescue, het gesê volgens ooggetuies was daar agt leerders wat saam met ʼn gids op ʼn vlot vir ʼn rit om die dam geneem is. “Drie van die leerders het in die water beland. Die gids het onmiddellik ingespring om die kinders te red, maar kon net twee opspoor,” het Herbst gesê.

Volgens Herbst het ʼn omstander en die gids verder self vir sowat tien minute na die derde kind gesoek voordat hy opgespoor is.

Foto: IPSS.

Hulle het onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling toegepas, maar die seun is ongelukkig op die toneel dood verklaar.

Herbst het gesê die kinders het nie reddingsbaadjies aangehad ten tyde van die voorval nie.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie het die voorval bevestig en gesê ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

*Maroela Media weerhou die naam van die skool en die plek waar die voorval plaasgevind het totdat die seun se ouers in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Lelani ·

Goeie aarde nou hkm sal hulle kinders op n vlot vat sonder di nodige beskerming?????????

Kannaland ·

Want ons land neem nie reels en regulasies ernstig op nie, so eenvoudig soos dit. Nie padreels, anti-korrupsie reels of vele ander reels nie,

Asjas ·

Onlangs met ons Spanbou naweek is ons met kannoes uit op die dam, almal grootmense wat kan swem maar ons moes baadjies aantrek, almal van ons, sonder uit sondering.
Dis seker maar ook die verskil tussen goedkoop of gratis uitstappies vs betaal en die plek hou by wette, reels en regulasies?
Ek hoop die skool se vrywaringsvorms is vooraf gedoen en reg.

botterblommetjie ·

Moet sê ons jare terug met buitebande ens. in riviere af en op vlotte wat selfgemaak is gedryf en was nog maar klein. Sulke ongelukke gebeur en mens se lewensdraadjie, hoe hartseer ook al is net die regte lengte. Moet nie altyd ‘n rede soek om ‘n plek af te breek of sleg te maak nie. Daar is, ek glo duisende, al op sulke vlotte uit op ‘n dam en 1 ongeluk gebeur, onbeplan. Ek glo almal wat hier praat ry binne die spoed grens en hou by alle reëls en reggulasies en kom alle wette na….

Patat ·

Asjas, niemand kan homself vrywaar teen growwe nalatigheid nie. Hierdie lyk grof.

At ·

Wonder net hoe laat mens ‘n 6 jarige kind sonder ‘n reddings baatjie op ‘n boot. Dis uiters on verantwoordelik

Ansie ·

Hoekom laat hulle kinders of enige persoon op n boot op die water toe sonder n reddingsbaadjie!! Dis onverantwoordelik en onaanvaarbaar. Hulle moet verantwoordelik gehou word.

Sabastian ·

Sê ek ook, eks nou al kaptein vir 15jaar, maak nie saak hoe oud jy is, hoe goed jy dink jy kan swem nie, maar nie saak wat nie, jy MOET en jy SAL n baadjie dra. Nalatigheid van die skip, en ook die onderwysers wat saam gegaan het. Die vrywaarings form sal die plek beskerm.

not in wonderland ·

Skole verwag gewoonlik dat ‘n mens ‘n vrywaring teken met sulke geleenthede. ‘n Mens kan nie nalatigheid weg teken nie. Wat ‘n tragedie.

Lizelle ·

not in wonderland – ek stem absoluut saam met jou. Elke keer wat ek so brief moet onderteken en ek sien in klein skrif dat die Skool geen verantwoordelikheid vir enige tragedie/verlies van lewe aanvaar nie….ek glo die Skool moet verantwoording doen hiervoor. Daar is beslis nie die nodige voorsorg maatreels getref om hierdie vreeslike tragedie te voorkom nie. Baie sterkte aan die Gesin, familie en vriende in hierdie ondenkbare tyd.

Justice ·

Indien nalatigheid wel ter sprake is, is daardie vrywaring nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Tragies ·

Ek is ontsettend jammer oor die groot verlies van die betrokke ouers. Asb mense, reddingsbaadjies op die water op enige boot/jetski/vlot is nie vrywillig nie, dit is verpligtend!! Die onderwyser was baie braaf en ek is bly vir diegene wat hy gered het, dit bly steeds ‘n groot tragedie.

Chris Ws ·

Dit is onwettig om op enige vaartuig op die water te gaan sonder ‘n “life jacket”.Iemand gaan moet pa staan vir dit.

Lizelle ·

not in wonderland – ek stem absoluut saam met jou. Elke keer wat ek so brief moet onderteken en ek sien in klein skrif dat die Skool geen verantwoordelikheid vir enige tragedie/verlies van lewe aanvaar nie….ek glo die Skool moet verantwoording doen hiervoor. Daar is beslis nie die nodige voorsorg maatreels getref om hierdie vreeslike tragedie te voorkom nie. Baie sterkte aan die Gesin, familie en vriende in hierdie ondenkbare tyd.

Asjas ·

Aan Patat
Ek sien ‘n hele paragraaf van my kommentaar het verdwyn en dus is die boodskap rondom die Vrywaring nie duidelik nie.
Ek wed jou dit is nie eens gedoen nie. As jy ‘n Vrywaring ook deeglik deur lees dan teken jy dat jy die skool vrywaar teen ‘n ongeluk maar hulle moet ook kan bewys dat alle redelike voorsorg getref is.
Die punt wat ek met die Vrywaring wou maak is dat Lesufi eers sy eie huis in orde moet kry voordat hy vir skole wil voorskryf oor dissipliene.

Liefie ·

Ek haat skool uitstappies en dink dit is uiters belaglik en onnodig. Hoekom kan daar nie heeltemal weg gedoen word nie. Dit is die hoeveelste keer wat daar n insident op n skool uitstappie is.

Lizelle ·

Liefie – ons moet ons eie so dophou oral, wat nog van 20 of 30 ander maatjies. My jongste is 11 en ek wil hom nie eens by die hek uitlaat nie. 6 jariges-op n vlot? Kom ek se nou vir julle- dis waar enige ouer kop verloor…. geen geld/skorsing/tronkstraf gaan my kind terugbring nie. Dan soek jy vergelding- nie EEN persoon of regspraak sal my oortuig dat hierdie voorval ‘n ogeluk was as dit my kind was nie. My liefling seun sal NOOIT weer saam met sy skool ENIGE plek besoek nie. Ek baklei al lank met skole oor die fynskrif

Gideon ·

‘n Vrywaringsvorm negeer nie die verantwoordelikheid van die instansie/skool nie. Geen hof sal ‘n instansie vrywaar in die geval van nalatigheid nie, nieteenstaande enige vorms wat geteken word nie.

Alida ·

Vrywaring is n vereiste en veiligheidsmaatreels VERPLIGTEND. Geld kan nie die kind terugbring nie maar die skool kan die begragniskostes dra agv hul nalatigheid.

Lizelle ·

Alida, die skool kan hul begrafniskoste so ver opdruk, geen ouer – tensy jy VERTRAAG ie gaan ‘n dooie duit omgee vir begrafniskoste nie…

Tina ·

Di skool se onderwysers net so skuldig,hul moet kyk voor kids op water gaan dat hul lifejackets aanhet,elke kind,hul het di kids soontoe gevat,hul moes daar voor gekyk het,di kids is onder hul toesig soontoe gevat,Di’s so maklik vir di skole dat ouers n vrywaringsvorm teken,vir as iets gebeur ,maar waar is di nodige toesig gewees oor di kids?as dit hul eie kids was,sou hul gesorg het vir sulke goed.

Lizelle ·

Tina, ek is so woedend, flippen hartseer , hopeloos oor die gemors…. ons kinders is opgewonde oor ‘n uitstappie- mamma teken ‘n briefie en dan hoor jy later die skokkende nuus DIE LIEFDE in jou lewe het per ongeluk verdrink? Dis bull….- my seun het eergister in sy hardloop om my aandag te trek omdat hy sy pennesakkie in my kattebak vergeet het; homself nerf-af geval buite die skoolgronde. My reaksie was om in die pad uit te spring om my seun gaan help…ek was die hele dag omgekrap oor sy stukkende vinger- selfs huilerig…. Die PUNT: Ons vertrou ons kinders se skole, ons teken ons kinders se lewens weg. As ons kinders nie ‘deelneem’ aan uitstappies/borge/aktiwiteite buite ons beheer nie, IS ons nie-samewekend, asosiaal ens. Ek teken geen vorm verder nie….

Retha ·

Skoolkamp-fasiliteerders is nonchalant oor kinders se veiligheid. En hoewel baie vd fasiliteerders bekwaam is, is ander regtig Rammetjie-uitnek!

Ada ·

Ek wonder watter skool dit is want die antwoord sal daarin le.Onderwyses wat nie opgelei of opgewasse is nie.Kla die minister van onderwys aan.

Nicolaas ·

‘Venue’? Regtig Maroela Media? Is dit die beste wat julle kan doen?!

Ansie ·

Dit is baie hartseer. Ek dink aan die kind se familie en bid dat hul troosting vind. Ek besit n kamp terrein en weet dat elke lewe kosbaar is. Mens wonder net altyd hoekom die onderwysers nie as groot mense kan dink dat dit gevaarlik is nie. Ons verwag by ons dat alle onderwysers aktief betrokke is by alle aktiwiteite wat die kinders doen en selfs hul eie oordeel gebruik (ons het niks wat lewens gevaarlik is nie en in 20 jaar het geen kind nog ernstig seer gekry nie, dalk n bysteek of in n doring getrap wel) maar jy kry wel, in die beste van skole, onderwysers wat dink n skoolkamp of uitstapappie is vir hulle n wegbreek en gee regtig nie eers om wat die kinders doen nie. Soms moet ek die onderwysers aanvat oor hulle sit en drink an nie na die kinders omsien nie. Ons laat dit nie toe nie. Dan net by gese, ons sal ook graag n dam met vlotte of kanoes wil he, maar as die mense nie bereid is om daai ekstra geldjie te betaal vir toegang sodat mens dit in stand kan hou of lewensbaadjies aan kan skaf nie, moet hulle maar sonder dit bly. Almal wil n Sun City experience he, maar hulle wil nie betaal vir wat dit vat om dit veilig te hou nie. Dis moeilik.

Ansie ·

Basies is almal verantwoordelik behalwe die ouers wat vertrou het hul kind is in veilige hande.

bgj van der westhuizen ·

wel die persoon op die vlot is verantwoorlik vir die kinders op die vlot maar die eienaar van daar die perseel wat die vlot besit is die een wat in die hof gaan staan vir man slag wand hy moet toe sien dat alles volgens die wet gedoen word maar om dat geld altyd en wins altyd meer belangrik is

Sterretjie ·

Skokkend en hartseer………..maar jaa wat maak reels nou saak. Dis mos vir die bytjies . Nie nodig mos om in SA reels toe te pas nie . Daarom gaan dit so op ons paaie by skole in strate en orals. Almal doen wat hulle wil …….who cares
Uiters skokkend en hartseer verby

Marisa ·

Juis omdat kinders nie kan stilsit nie en mekaar rondstamp en terg is dit broodnodig dat n beheerbare aantal op n slag op n ding soos n vlot geneem moet word, en dan natuurlik die reddingsbaadjies is wet. Hoe jammer kry ek die ou seuntjie. Hy het vir seker nie self van die vlot geval nie. Ook nie die ander twee nie. Ouers, lees daardie fynskrif en as die skool nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir jou kind se veiligheid nie moet jy maar nie die vorm teken nie. Dit maak dit vir die verantwoordelike persone net te maklik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.