Skooluniforms: ‘Spesialismark maak ondersoek moeilik’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Mededingingskommissie se ondersoek na skooluniform-monopolieë, wat ouers dwing om duisende rande op te dok by eksklusiewe verskaffers, is “nie so maklik as wat dit lyk nie”.

Sipho Ngwema, woordvoerder van die kommissie, het aan Maroela Media gesê die ondersoek na skooluniform-monopolieë strek al van 2010, toe die kommissie die eerste keer klagtes daaroor ontvang het.

“Die kommissie probeer om die aangeleentheid met begrip aan te pak en tegemoetkomend te wees. Ons is by lang prosesse betrokke met sleutelrolspelers,wat die verskillende onderwysdepartemente, beheerliggaamstrukture, skoolhoofde en skole insluit.”

Volgens Ngwema is die ondersoek nog nie in ʼn stadium waar al op vervolging besluit is nie. “Ons werk eerder saam met die skole om die teen-mededigende gedrag te probeer staak. As ons egter nie die nodige samewerking kry nie, sal ons ons opsies oorweeg.”

Ngwema het gesê die ondersoek sal gedoen word by alle skole wat steeds eksklusiewe ooreenkomste met verskaffers het, wat strydig is met die Mededingingswet. Volgens die wet mag ondernemings nie onmededingend sake doen wat tot hoë pryse en ʼn tekort aan keuses lei nie. “Ons doen ʼn beroep op ouers en potensiële verskaffers om enige teen-mededigende gedrag by ons aan te meld.”

Volgens Ngwema was die kommissie reeds in kontak met verskeie verskaffers oor eksklusiewe ooreenkomste, te midde van berigte dat verteenwoordigers by sekere skole betaling ontvang vir die eksklusiewe kontrakte met sekere verskaffers.

“Omkopery is ʼn strafregtelike misdaad en moet by die polisie aangemeld word. Die Mededingingswet stel die kommissie in staat om administratiewe boetes, wat tot 10% van ʼn firma se jaarlike omset beloop, op te lê.”

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het gesê die departement werk saam met die kommissie om skooluniform-monopolieë te staak. “Ouers moet betrokke wees by die aanwysing van verskaffers, aangesien hulle vir die skooluniforms moet betaal. Hoë pryse kan nie op hulle afgedwing word nie.”

Volgens Mhlanga sal die kommissie seker maak prysvasstelling vind nie plaas nie en pryse word nie onnodig hoog gehou deur mededingers uit te skakel nie. “Hulle sal onder meer kyk hoekom ander verskaffers dalk nie die mark kan betree nie en wat die faktore is wat hulle verhoed om dit te doen.”

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gesê Fedsas het verlede jaar met die kommissie vergader oor sy kommer oor skooluniform-monopolieë. Volgens Colditz wil die kommissie die mark vergroot. “Dit is egter nie so maklik nie, aangesien iets soos skooluniforms ʼn gespesialiseerde mark is.”

Hy het gesê daar is onder meer nie wetlike voorskrifte wat beheerliggame dwing sekere prosedures te volg wanneer verskaffers aangestel word nie.

Die kommissie wil byvoorbeeld sien dat korttermyn kontrakte met verskaffers aangegaan word. “Dit kan nie noodwendig so werk nie. Verskaffers moet byvoorbeeld groot hoeveelhede laat maak en aanhou. Alle verskaffers gaan nie die risiko wil loop om in grootmaat te produseer en dan verkoop dit nie.”

Volgens Colditz is skole in kennis gestel om bedag daarop te wees dat hulle hul nie aan verkeerde praktyke, wat strydig is met die wet, skuldig maak nie. “Hulle moet nie toelaat dat kontrakte onbepaald voortaan nie en hulle moet seker maak hulle hou die mark oop, sodat verskaffers kan tender.”

Colditz meen die prys van skooluniforms word nie doelbewus opgejaag nie en mens moet onthou dit is ʼn redelik beperkte mark. “Die alternatief is dat kinders gewone klere skool toe dra. Die opvoedkundige waarde verbonde aan skoolklere gaan egter dan verlore. Alle ouers kan byvoorbeeld nie bekostig om vir hul kinders die nuutste handelsmerkklere te koop nie en sal ʼn kind wat dit dan nie kan dra nie, soos ʼn seer duim uitstaan. Skoolklere skep ʼn bepaalde opvoedkundige en gedissiplineerde kultuur onder kinders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Stem ·

Dis nog altyd belaglik. Die Departement van Onderwys en Beheerliggame moes hulle lankal vasgevat het. Hulle het nog al die jare skooldrag afgedwing op kinders, en jy kon dit net by sekere Uitrusters koop. As jou kind enigiets anders aangetrek het is hy verneder voor die ander kinders of is gestraf. Meeste van die kledingstukke het letterlik net ‘n logo op die sak as enigste verskil tussen dit en ‘n Themp of ander blou/wit hemp wat R200 minder kos. Die baadjies is onkoopbaar en kinders probeer maar by skoolbanke baadjies bekom. Ek het lankal gewonder hoekom mag net sekere uitrusters dit eksklusief verkoop, want dit beteken hulle kan vra wat hulle wil .. dubbeld die pryse van gewone hemde/broeke/themde en baadjies in ander winkels wat NIE skoolkleure ophet nie.

Boerseun ·

Stem, wat is nou eintlik jou probleem? Dis meestal privaat skole en broederbond model C skole wat jou verplig om baaidjies te koop en hemde met logo’s op. As jou kind/ers in daai skole is/was het jy duidelik genoeg geld vir die klere ook.

snoefie ·

sieve evolving a man is van die anc is alweer belangriker as die regstelling van n verkeerde saak. niemand vra VERVOLGING nie, maar wel BEKOSTIGBARE SKOOLDEAG EN TOEBEHORE. die verlues aan die peper duur skooldrag gaan al genoeg straf vir die skuldiges wees.

snoefie ·

ek verpes die raakskerm gemorse wat my vryheid van spraak aan bande le. bogenoemde moet lees: ” DIE VERVOLGINSMANIE VAN DIE ANC”

Kaspaas ·

Dankie tog vir dit. Skole moet standaard Grys broek of romp met wit hemp. Dan skool das pet en trui. N mens kan dan by PEP koop. Graad 1 romp R450 dis belaglik. Het al R4000 gespandeer en moet nog skool skoene en tekkies vir sport koop vir 2 en dis n staat skool.

Boerseun ·

stel dit voor by volgende ouraad vergadering. hulle bepaal die skooldrag.

CAV ·

Ek hoop iets gebeur vining – 2 skortmou hemde met n oor trek trui het my R 750 uit die sak gejaag – met 2 kinders op skool is dit n duur storie

Anoniem ·

Ek het vroeēr ‘n artikel gelees dat regering die landsvlag op skoolklere wil hê. Wat gaan dan gebeur omtrent ouers wat klaar skoolklere gekoop het?

RJE ·

As die staat nou eenmaal iets goeds wil doen, moet hul ‘n wet maak wat vereis dat alle skole dieselfde grys lang- of kortbroek, wit hemp en swart romp dra wat mens by PEP of JET kan koop. Elke skool kan dan net sy eie skoolwapen op die baadjie sak aanbring.

Skoolklere is belaglik duur en die verskaffers glimlag al die pad bank toe, want jy word gedwing om dit by die skool of ‘n enkele verskaffer te koop. Soos Kaspaas sê, dis absoluut belaglik om R450 vir 1 romp te betaal.

Asjas ·

Op ons ou dorpie is daar slegs EEN verskaffer en jy MOET daar koop. R145 vir wit hep met skool wapen op?! En nee die skool is ook nie so wat wonders nie, staat skool in arm gemeenskap maar iemand skep groot!!

Zet ·

Ekself het nie meer kinders op skool…MAAR……ek het kleinkinders in ‘n baie oulike skool in die Ooste…en my dogter is ‘ n enkel ouer wat geen onderhoud ontvang en die skoolklere se prys by skool is BAIE DUURDER as wat ‘n ander privaat verskaffer dit verkoop……???? Dit slaan my dronk dat sy dit soveel goedkoper kan verkoop en BETER KWALITEIT….. ASB TOG NET NIE JEANS AS SKOOL UNIFORMS ???

Positive ·

Ek het altyd 1 skookdrag gekoop en gaan materiaal koopvir die ander stel klere en die embroidery shop het die logo aangemask en jy betaal die logo mask net 1 x. Dan maak jy net soveel klere as wat jy kan bekostig,die kinders dra van graad 1 yot graad 7 dieselfde kleurtjies,koop net wanneer nodig skoene en maak klere self. Ook hoërskool klere gaan vir 5 jare in dieselfde kleurtjies. Goedkoop en prakties. Moe nou nie se ek het nie tyd nie, vir geld spaar is baie tyd, en met die geld wat jy spaar koop skoene, skooltas, stationary.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.