Skoolvlag hang halfstok ná tienerseun sterf

Die skoolvlag hang halfstok. Foto: Paul Roos Gimnasium

Die skoolvlag hang halfstok. Foto: Paul Roos Gimnasium

ʼn Gemeenskap is in rou ná die skielike afsterwe van ʼn 16-jarige tienerseun en leerder van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch.

Die skoolvlag hang sedert Maandagmiddag halfstok nadat Rhoan Nieuwoudt, ʼn gr. 10-leerder, omstreeks 15:00 in ʼn motorfietsongeluk gesterf het. Sy motorfiets het in Adam Tasweg vermoedelik op los gruis op die padoppervlak gegly waarna hy onder ʼn vragmotor beland het.

Jannie van der Westhuizen, die skoolhoof, het aan Maroela Media gesê die nuus van die ongeluk was ʼn groot skok.

“Rhoan het altyd gesê Paul Roos was sy trots. Die skool kan dié sentiment deel en sê hy was ons trots. Hy het die skool se waardes van integriteit, veantwoordelikheid en hoflikheid uitgeleef asof dit sy persoonlike waardes was. Dié karaktereienskappe was duidelik sigbaar in sy eie lewe,” het Van der Westhuizen gesê.

“Hy was ʼn gerespekteerde seun met goeie maniere. ʼn Goeie, toegewyde student, wat betrokke was by sport en geestelike aktiwiteite.”

Van der Westhuizen het gesê daar is ʼn sterk gevoel van kameraadskap in dié seunsskool en die seuns is soos broers vir mekaar. Die skool het berading vir die leerders gereël en doen alles denkbaar om hulle te ondersteun.

Rhoan Nieuwoudt. Foto: Via Paul Roos Gimnasium

Rhoan Nieuwoudt. Foto: Via Paul Roos Gimnasium

“Die tragedie kom in ʼn sensitiewe tyd te midde van die eksamen. Die eksamen gaan voort soos beplan. Ons het omsendbriewe aan ouers en voogde versprei met belangrike kontaknommers en tekens waarvoor hulle op die uitkyk te wees as leerlinge hulp benodig sodat hulle die nodige ondersteuning kan kry.”

Van der Westhuizen het gesê die skoolvlag sal halfstok hang tot Vrydag, wanneer die skool beplan om omstreeks 11:30 ʼn gedenkdenkdiens vir Rhoan te hou.

“Ons betreur sy afsterwe en hou sy familie en vriende in ons gebede.”

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het die ongeluk aan Maroela Media bevestig. “Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek,” het hy gesê.

Rhoan was die enigste kind en laat sy ma, Jolene, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Christelle ·

My innige simpatie en meegevoel vir Rhoan se ma. Dit is regtig tragies en ‘n ramp om ‘n kind af te staan aan die dood.

LIZA ·

Nee nee, ons jongmense gaan almal so vinnig hemel toe, Rhoan rus in vrede, daar waar jy is sal jy so veilig wees. Sterkte aan die ouers en familie, ek ken daardie seer as jou kind eerste gaan en jy moet agter bly, my gebede gaan uit vir julle, sterk wees vorentoe God gee krag, glo my.

Louise ·

Woorde ontbreek wanneer n ma haar enigste verloor het. Hemelse Vader help hierdie ma in haar uur van uiterste nood.

ELIZE PUTTER ·

Baie sterkte aan die familie dit is baie tragies maar weet Sy hand van beskerming sal oor julle wees en net Hy kan vertoorsting bied

DD ·

Mag hierdie ma omvou word met liefde en onderskraging en Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan. Ek self ‘n enkelma met ‘n enigste en sal in duisend stukke breek as my kind iets moet oorkom. Ek bid vir jou.

olie ·

Here help Rhoan se moeder en families groot asseblief….. my hart is gebreek in stukkies , sterkte

M ·

Sterkte aan die gesin, familie en vriende. Elke jaar moet ons jong mense groet wat verongeluk met ‘n motorfiets. Hierdie is seker nie die plek nie. Maar is dit nie tyd dat hulle die ouderdom vir motorfiets lisensies verhoog na 18 toe nie. Ek dink net nie kinders op die ouderdom is volwasse genoeg om in ons hedendaagse verkeer te ry nie. Verkeer waar mense geen respek vir ‘n ander het nie en wat ook nie verkeersreëls gehoorsaam nie. Daar gaan nie ‘n dag verby wat ‘n kind op ‘n scooter voor my inswaai nie. En dan is daar ook die wat vir hoe lank ry sonder lisensie. Ek weet van volwasse mans wat al hoe lank motorfiets ry werk toe, wat net op ‘n dag besluit hulle gaan dit nie meer doen nie, want mense ry net te onverskillig.

Ronel ·

Ek stem saam met jou, maar ook nie. Sommige ongelukke vind plaas agv swak padtoestande ook, maar daar tel ondervinding dalk ook in de guns van die ou wat meer padondervinding het? Catch 22 dalk? My man het ook motorfiets gery en het opgehou agv roekelose padverbruikers. Jy weet daai wat daarop uit is om motorfietsryers te “target” .
My gebed vir Rhoan se ma is dat die Here haar die nodige krag sal gee om deur hierdie tyd te kom. En ook te aanvaar dit wat ons as mens nie kan verander nie. Rus in Vrede Rhoan.

Leilani ·

Ek verstaan jou punt, maar gaan kyk bietjie mooi in die media, meer grootmense sterf in motorfietsongelukke as wat jong mense sterf. ons almal het die reg om die paaie te gebruik, jy voel dat motorfiets ryers ry sommer voor jou in in my oë is dit motorbestuurders wat voor ons motorfietsryers inry en 80% vd tyd is die motorbestuurders besig op hulle selfone of wyer om die rooi robot te gehoorsaam

Streep ·

Korrek julle en vergeet ook nie die soliede wit sperstreep wanneer die pad nat is . . .
Die HEEL beste is: bly weg van die twee wiele.
Sterkte aan die betrokkenes.

Danel ·

Stem so saam. Hulle is nog nie volwasse genoeg. Te veel jong kinders sterf op motorfietse. Te veel. My pragtige seun ook deel van die statistiek.

Alien ·

Dalk nie die regte tyd en plek nie, maar ongelukkig stem ek saam met jou. My seun vra nou vir ‘n motorfiets. Ek voel hy is nog te jonk en ek weet hoe mense in hierdie dorp jaag, hy gaan nie veilig wees nie. Afgesien van al die voorafgaande, ken ek my kind ook, en daarom die die nee. Ek se vir geen oomblik dit is die geval hier gewees nie, maar baie van vandag se kinders is onervare en dalk bietjie roekeloos? Ek dink ook kinders moet ouer wees. Dis anders as toe ons jonk was en pad woede is nasionale sport hier in SA om nie te praat van die paaie wat in so slegte toestand is nie?
Ek hoop regtig sy ouers vind berustig in die feit dat hulle hom geken het en weet dat hy nie roekeloos was nie en dat dit werklik net ‘n ongeluk was en die Here se wil.

Ella ·

Geen motorfietsryer het ‘n kans wanneer daar los gruis op die pad is nie. Dit maak nie saak hoe versigtig jy is, of hoeveel ervaring as bestuurder jy het nie. Selfs motors gly op los gruis.
My hart huil saam met sy ma, en almal wie vir hom lief was.

Elize ·

Tragies.. RIP…Sterkte aan Jolene familie en vriende….Wishing you all A Long Live.
God Bless?

Stella ·

Ag dis so bitterlik hartseer..ekt 2 van my kinders begrawe en net God alleen kan jou deur hierdie seer dra..my gebede is met di seun se moeder..

Veronica ·

Jolene. . . . eks so jammer vir jou , my hart krimp ineen want elkeen van ons het al iemand aan die dood afgestaan!! Wens ek kon jou net vashou. . . mag jy vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Hy is waar ons nog moet kom . . .

Mel ·

So ‘n pragtige seun, baie sterkte vir sy naasbestaandes, RIV Rhoan

elize ·

Baie sterkte aan daardie mamma ek is ook 9jaar terug daardeur my seun was ook 16.Ek weet waardeer jy gaan.

miv ·

So ‘n bitter groot lyding. Het ook daardie pad gestap. Hou asseblief net vas aan ons Here, by Hom is daar rus. Ons innige simpatie.

Elanza ·

Baie tragies en hartseer. Jolene mag God jou die krag en stefkte gee om die verskriklike groot verlies te oorkom. Ek bid vir jou en jou familie krag,seën en Goddelike vrede vir hierdie droewige tyd toe.

Chelby ·

Here wees asb by Rhoan se familie en vriende in hierdie moelike tyd? ons sal hom almal mis maar ons weet hys veilig by U. Ek sal hom mis hy was regtig ń goeie seun…Sal hom mis vir die kort tyd wat ek hom geken het.

Sam ·

Mens kry ‘n golf stok, maar dis HALF MAS, nog nooit van ‘n vlag gehoor wat halfstok hang nie. ASB Maroela media. Die vlag hang half mas.

Innige simpatie met almal betrokke. Die kind lyk werklik beleef en my hart gaan uit na almal en veral die familie.

Nico Strydom ·

Dagsê Sam,
Die korrekte Afrikaanse vertaling vir “half mast” was nog altyd “halfstok”. Alhoewel die HAT dit aangee as wisselvorme, verkies ons om “halfstok” te gebruik. “Skryf Afrikaans van A tot Z” beveel ook “halfstok” aan, eerder as “halfmas”.
Groetnis

lettie ·

Sterkte aan julle my hart gaan uit na julle in die donkerte.

Emile ·

Innige medelye Jolene.
Ons bid God’s genade op jou in jou tyd van beproewing.
Mag jy vrede en berusting vind in die mooi herinneringe van jou voorbeeldige en geliefde seun.

Rln ·

My seun was ook in Paul Roos en ook n enigste kind. Ek n enkelma het hom alleen groot gemaak. Ons was 18 jaar saam toe hy oorlede is in n trein ongeluk in Londen na matriek. My hart gaan uit na die ma van die seun.. ek weet waardeur sy gaan, sterkte aan haar. Jy kom nooit daaroor nie, jy leer om rondom dit te leef.

Lindy ·

My hart gaan uit na jou Jolene. Ons het self ‘n seun afgestaan. So waar, mens kom nooit daaroor nie, maar leef daarmee saam. Sterkte aan jou Jolene….

Esti Hugo ·

My deepest deepest sympathy to his family, friends and school mates. An accident is an accident, putting blame anywhere doesn’t help anyone. Let’s just pray for the family

Truth Project ·

I totally agree with you Esti, and please let us also think of and pray for the driver of the truck? He did not ask for this to happen. He must live with this for the rest of his life. Every single day for the rest of his life, he will think about what happened on that fateful day and wonder what he could have done to prevent it or done differently to have avoided the accident. Some days he’s going to wish that he also died.
Believe me, I know …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.