Skoon oudit vir presidensie

Foto: Presidensie, Facebook

Foto: Presidensie, Facebook

President Jacob Zuma se kantoor het ʼn skoon oudit gekry – ʼn eerste vir die presidensie.

“Pres. Jacob Zuma het die direkteur-generaal, dr. Cassius Lubisi, die hoof bedryfsbeampte en die rekenmeester, me. Lakela Kaunda, en die bestuur en personeel in die Presidensie gelukgewens met die harde werk wat verseker het dat die presidensie hierdie mylpaal kon bereik,” het Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Kaunda het die toekenning vir die skoon oudit vir die 2014/15 finansiële jaar namens die presidensie in ontvangs geneem.

“Harde werk en toewyding het verseker dat ons al ons prestasiedoelwitte, wat ons vir onsself gestel het, bereik het,” het Kaunda gesê. “Die implementering van ʼn gefokusde korrektiewe plan om nienakoming uit te roei en gebrekkige interne beheer te verwyder wat in die vorige jaar se oudits geïdentifiseer is, het vrugte afgewerp.”

Foto: Presidensie, Facebook

Foto: Presidensie, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

louis ·

Bull dust!!! Ek glo nie een woord wat uit enige van hulle se monde kom nie.

Joe ·

Die presidensie word nie geoudit nie. Die moes vrywillig gewees het, met selektiewe inligting. Hy bestuur soos ek verstaan rondom R2 miljard sonder oorsig.

Nico Veltman ·

Dis BS jy kan geen woord daarvan glo nie! Woe probeer die media flous❓Sies man!!

Blondie ·

Ekke glo dit nie. ….en hoeveel Suid Afrikaners glo dit. ….nonsens. ….dit word gekook nes nie res van die land se oudits en statistieke. Wie gaan aantafel sit saam die spul om die gekookte dis wat vir ons vooegehou word te eet, die maaltyd vrot,.is net die wat saam kook wat die gemors gaan verorber. Dit maak my naar op die maag, net om te dink. …wanneer hierdie goed boomerang. …wie daarvoor moet boet. …verseker nie die ouens met die goue handdruk nie. ….nee hulle gaan net weer n goue handdruk kry. …en apartheid die skuld gee.

Asjas ·

Is die audit deur ‘n onafhanklike firma gedoen? Wie ookal die “audit” gedoen het is korrup, hulle het sopas hul naam weg gesmyt sowel as enige geloofwaardigheid met toekomstige audits verloor.

Jan maak n Plan ·

Nr. 1 het seker persoonlik self die oudit gedoen. K….. storie!!!

Jacques ·

Ek is verbaas om te sien daar werk nog wittes in goverment, hoe het daai ou dit reg gekry om daar te kan staan.

alex ·

No1 van jou kan daar niks goed kom in hierdie leeftyd nie. (No: 00000001)

CHRISTA ·

Julle moet verstaan “They never had ANY education” daarom lyk als wat hulle doen vir hulle reg!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.