Skoonma, drie ander in hof vir moord

(Argieffoto)

Vier familielede het vandeesweek in die Sasolburg-landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn familielid vermoor en haar liggaam in ʼn puttoilet gegooi het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê Mohanua Kobedi (30), van Zamdela, het in Februarie al spoorloos verdwyn.

Pulane Merriam Mafa (56), Kobedi se skoonma, haar skoonsuster, Mannini Ana Khambule (38), Dikotsi Radebe (30) en nog ʼn familielid het Dinsdag egter in verband met die moord op die vrou in die hof verskyn. Die saak teen laasgenoemde is weens ʼn gebrek aan bewyse teruggetrek.

Khambule het glo aangevoer dat sy Kobedi die laaste keer omstreeks 20:00 op 3 Februarie gesien het. Sy het “ʼn klein handsak gedra, soos iemand wat op pad is iewers heen en het eers laatnag teruggekeer”, het Khambule aanvanklik gesê.

Volgens die polisie het die voorlopige ondersoek egter daarop gedui dat Kobedi in haar eie huis verwurg is. Een van die verdagtes het ook aan die polisie gesê die slagoffer se liggaam is in ʼn puttoilet gegooi.

Die saak teen die drie familielede is tot 15 April uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genis ·

Dis darem verskriklik om te dink hoe min lewe in SA werd is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.