Skoonmaak van Vaalrivier vorder stadig maar seker

(Argieffoto: AfriForum)

Die stryd teen die besoedeling van die Vaalrivier in die omgewing van Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg vorder stadig maar seker, sê die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu.

Sy het in antwoord op ʼn mondelinge parlementêre vraag van Mfana Mashego, ANC-LP, gesê die weermag is sedert 19 November verlede jaar in die Vaaldriehoek ontplooi om die rivierbesoedeling in samewerking met die nasionale departement van water en sanitasie, die Gautengse departement van plaaslike regering, die munisipale infrastruktuur-ondersteuningsagentskap, die Emfuleni-munisipaliteit (wat Vereeniging, Vanderbijlpark en omstreke bedien) en die maatskappy Ekurhuleni Water Care te beveg.

Ter sprake is die herstel en instandhouding van 44 pompstasies en die drie groot rioolwerke by Leeuwkuil, Rietspruit en Sebokeng. Sisulu het reguit gesê die krisis het ontstaan omdat die Emfuleni-stadsraad sy plig versuim het om voorkomende instandhouding te doen.

Sy het twee rampspoedige rou rioolstortings sedert 2014 in die Vaalrivier as aanleidend tot die mees onlangse manifestasie van die probleem uitgelig, naamlik vanaf die Evaton Gardens-pompstasie en vanuit die Boitomelo-pompstasie. Die storting van afval uit die township Evaton in die Rietspruit, wat in die Vaalrivier invloei, is ʼn derde onlangse aanleidende oorsaak.

Die nasionale departement van waterwese en sanitasie het R20 miljoen aan die Emfuleni-stadsraad bewillig vir infrastruktuurkoste, terwyl die nasionale tesourie ʼn verdere R241 miljoen bygedra het.

Toe die ingryping in November verlede jaar begin het, het net twee van die 44 pompstasies gewerk. Tans werk sewe pompstasies optimaal, 25 werk maar moet gereeld versien word, en 12 werk glad nie, het Sisulu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Ek was vandag Jhbg toe vanaf Sasolburg..dis skrikwekkend om die riool riviere te sien loop..als oppad vaalrivier toe.Hulle sal hom nooit weer skoon kry nie.Dis verby met skoon water!!!!

Wie het gerook ·

Die ANC hou van riool hulle verander alles in riool

Mark ·

Die minister lieg of is salig onbewus van hoe sleg dit is. Die laaste jaar ten spyte van die weermag se teenwoordigheid word sake erger in my opinie. Op verskeie plekke loop rou riool steeds af in stormwater kanale en beland in die rivier. Op plekke by die rivier ruik mens die rou riool selfs erger as n jaar terug. Toerisme (ski-bote) en ander ekonomiese aktiwiteite op die rivier word hierdeur geraak. Boot-lockers staan leeg by ten minste een bootclub waarvan ek bewus is, terwyl hulle n paar jaar terug n waglys gehad het. Emfuleni munisipaliteit is direk verantwoordelik aan die verlies van bijoene belasting geld en ook direk aanspreeklik vir die skade aan die toerisme bedryf. Solank die ANC die munisipaliteit bestuur sal dinge nie verbeter nie. Ons een pragtige Vaal Driehoek het toksies geword onder al die sosio-ekonomiese en omgewingsskade deur die ANC aangerig.

Mark ·

Die minister lieg of is salig onbewus van hoe sleg dit is. Die laaste jaar ten spyte van die weermag se teenwoordigheid word sake erger in my opinie. Op verskeie plekke loop rou riool steeds af in stormwater kanale en beland in die rivier. Ons een pragtige Vaal Driehoek het toksies geword onder al die sosio-ekonomiese en omgewingsskade wat oor 25 jaar deur die ANC aangerig is.

Nagwag ·

Riool in riviere, riool in jou drinkwater……. self die see is vol riool…… gaan kyk maar by Seepunt , Kaapstad! Watter rivier in SA is nog nie vol riool nie?

Julie Jansen van Rensburg ·

Laat my aan ‘n paar maande ge4lede terugdink – ek het ‘n reënwatertenk hier en tap elke wan en dan uit, filtreer dit vir stof en dit kom 100% skoon uit, en omdat ek feitlik op re/nwater uit ‘n tenk grootgeword het, geniet ek dit meer as kraanwater. My seun, wat by my bly, is ook baie lief vir water, en eendag biedek hom van MY reënwater aan, waarop hy sê: “Nee dankie – ek drink kraanwater…” Seg ek vir hom: “Het jy al op TV gesien wat deesdae in Vaaldam gepomp word??? Ek het ‘n kort berig gesien waar sulke dik groen gemors uit ‘n groot pyp direk in die dam gepomp word…” Geen antwoord uit sy mond nie… Ek hou ook ‘n 200L drom vol water aan waarin ek ‘n lepel vol bleikmiddel ingegooi het – dié is uitsluitlik vir huisgebruik as daar probleme met ons water toevoer voorkom… Die bleikmiddel dien as voorsorg teen enige “goggas” en mens proe dit NIE… Het dit hier in die tagtigerjare geleer toe ek vir die weermag gewerk, en die troepe water by sekere woongebiede moes gaan aflaai en hulle die inwoners aangeraai het om net ‘n klein bietjie bleikmiddel by te gooi om enige ongewenste elemente dood te maak en om ook tekeer dat sluke elemente nie in die water kom nie…

Chris ·

Hi Julie. Waar kry jy so baie reenwater vir jou water tenk. Ek hoop nie dit kom van jou huis se dak nie, want wat van al die voeltjies en duiwe ens. se gagga wat saam met die reenwater in jou tenk in spoel, want hulle sit nie net op die dak nie. Hulle tjorts ook daar.

Anzel ·

Hoekom alles eers ten gronde moet gaan voor iemand wakker skrik verstom my.

Siener van Melbourne ·

Eintlik het niemand wakker geskrik nie. Hulle praat net in hulle slaap.

Julius ·

So baie partye betrokke en jy gewaar nie een langs die rivier wat besig om skoon te maak nie. Hulle lieg!!!

Akademi Buktu ·

Die Vaalrivier is bloot gedekoloniseer. Voorkomende instandhouding is ‘n koloniale konsep.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahaha….Akademi Buktu….jy’s verkeerd. Die rivier is juis “gekoloniseer”…..Miljoene kolonne se inhoud word elke dag daarin gestort…..Daar is nou soveel feaces daar is nie meer fishes nie!!

AndrewL ·

Akedemi, nou verstaan ek waarom die land so lyk! En waarom kwotas en BBBEE met wetgewing afgedwing word! Ek bejammer net die mense wat so kanne vol water in die Vaalrivier skep vir huishoudelike gebruik, en dan nog stem dat hulle dit so wil hê.

Therese ·

Móét net vir Sopbeen komplimenteer met hierdie bydrae! :-)

Hanna Hoekom ·

Solank daar informele nedersettings op bykans elke rivier oewer voorkom, sal hierdie probleem nooit opgelos word nie. Alles, van riool tot karkasse tot wasgoedwater, beland in die rivier. Spreek die hoofoorsaak van die besoedeling aan, of vergeet maar van rehabilitasie!

pieter ·

Dit help niks om die rivier skoon te maak as riool bly in rivier in loop nie ( dis tyd en geld mors) begin om da wa die probleem is reg te maak , upgrade riool stelsels ,upgrade en herstel pomp stasies en sodra dit uitgesort is en geen riool loop meer in rivier nie dan kan jy begin om rivier skoon te maak ,

Swanna ·

Anzel, omdat ons geval het. God straf ons oor ons dade wat ons gepleeg het en nog steeds besig om te pleeg want ons glo nie meer nie en ons maak staat op die mens en aanbid afgode wat nie kan beweeg of praat of enige iets eintlik vir ons kan doen nie. DOOIE gode. Ons moet self regruk en veroodmoediging voor GOD ons Hemelse Vader die knie buig en net Hom aanroep dan sal dit beter gaan, nie voor dit nie. Nou gaan ek dit so ook stel, ons het GOD nodig die waarlike GOD wat hemel en aarde geskappe het, HY het ons nie nodig nie. Maar ons loop met dooie harte, toe oë en lee verstande rond en kla.

Ameli ·

Jaaa en die wildtuin se riviere is vol seekoeie en krokodille poef* wa gaan daai riool………………grappie

Attie. ·

Ek bly in die Hoeveld van Mpumalanga en ons kry silwerskoonwater te drink maar ons riool loop soos alle dorpe sin reguit Vaalrivier toe. Ons dink nou aan Bethal, Secunda, Ermelo Standerton en kyk maar op ‘n kaart, daar is baie munisipaliteite wat riool skenk aan die Vaaldam. Die weermag maak skoon in Gauteng maar ons strome vloei heel winter reguit Vaalrivier toe. Die winter was baie droog maar die riool hou die stroompies aan die vloei. Arme gautengers.

SjN ·

Die weermag is maw op riool monitering, hul slaag nie want dit loop nog steeds in riviere.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.