Skoonmaker kom op fetus af

Argieffoto.

ʼn Fetus is Vrydagoggend in Kempton Park aan die Oos-Rand gevind nadat dit in koerantpapier toegedraai en in ʼn asblik gegooi is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die polisie het paramedici omstreeks 11:07 na die toneel in Margaretlaan ontbied. Paramedici het die vroulike fetus langs die asblik aangetref, steeds in die koerantpapier toegedraai.

ʼn Skoonmaker het glo op die fetus afgekom terwyl sy besig was om die asblik leeg te maak.

Meiring het gesê daar was egter niks wat paramedici kon doen nie. “Die vroulike fetus was nog nie ten volle ontwikkel nie. Na raming was die fetus sewe maande ver ontwikkel,” het hy gesê.

Die polisie sal die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karma ·

Maar DIS nie moord nie – nie soos iemand wat in ‘n kis gesit is vir 5 minute en glo aangerand is – sonder enige ooglopende beserings en sonder om ‘n dokter te gaan sien nie, nè? Maar twee jong, gesonde, werkende mans moet nou in die tronk gaan sit vir hierdie nuttelose stuk gemors se bewerings.

Spyker ·

Hoekom net Hoekom vra ek nou.dis n mens en nie n ou pap snoek van n kaapse bakkie nie.hoop die mammie kry wat ookal help sy nodig het..fisies of “mental help”.

Toi toi ·

Anc, Eff, Da, hier moet jul kom toi toi, baba’s wat nie reg op lewe gegun word nie!

Heleen ·

Dis mos beplande moord…of is ek verkeerd? Gebeur gereeld…

willie ·

ja Karma in die Nuwe SA kan van Frillie & kie kan jy brand, klippe gooi, vermoor, verkrag, ens. Moet net nie wit wees en jou en jou eiendom beskerm nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.