Skoonmaker sterf ná betogings op Wits-kampus

Studentebetogings op die Wits-kampus (September 2016). Foto:@WitsSRC/Twitter

Studentebetogings op die Wits-kampus (September 2016). Foto:@WitsSRC/Twitter

ʼn Skoonmaker by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), wat verlede week te midde van die studentebetogings op die kampus vasgevang is, het gesterf.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die werker het vermoedelik ʼn asma-aanval gekry nadat betogende studente verlede Dinsdag ʼn brandblusser in die Jubilee Hall-koshuis laat afgaan het. Die werker, in diens van een van die universiteit se diensverskaffers, is eers na die gesondheidsentrum op kampus en later na ʼn hospitaal gehaas.

Volgens die verklaring is die werker ʼn paar dae in die hospitaal behandel en later ontslaan, maar is sedertdien oorlede. “Die oorsaak van dood moet nog vasgestel word. Die universiteit wag vir ʼn verslag van die diensverskaffer voordat ons verder kan kommentaar lewer,” het die instansie gesê. “Ons innige medelye gaan aan die familie, vriende en kollegas van die werker.”

Alle bedrywighede by Wits is opgeskort nadat drie petrolbomme Saterdag op sy Braamfontein-kampus gevind is. Studente, wat hulle by die #FeesMustFall-beweging skaar en gratis opleiding eis, betoog sedert verlede week by die universiteit. Die betogers en polisiebeamptes het verlede week ʼn paar keer slaags geraak en die betogers het die polisie daarvan beskuldig dat hulle uitermatige krag gebruik.

Studente en personeel by die universiteit het Maandag aan ʼn peiling deelgeneem om te bepaal of akademiese aktiwiteite volgende week hervat moet word of nie. Die uitslae van die peiling is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Hulle het mos die video, dit was op TV gewys hoe swaai hy daai brandblusser rond.

Annatjie ·

Goeie ouers uitermatige geweld! As jy brand en verniel wat verwag jy?

popeye ·

Toe eis hierdie terrorisme sy eerste slagoffer van die dood. Simpatie aan die familie. Daar gaan nog wees.

Disipline ·

Dalk, net dalk, as die regte disipline op hierdie KINDERS toegepas was, sou al hierdie strooi nooit gebeur het nie.

Karma ·

DALK NET …. as hierdie spul onwettige immigrante en hul maaksels NIE in die land toegelaat word nie, sal hierdie dinge nie gebeur nie. DALK NET, as ‘n sekere gedeelte van die bevolking van SA leer dat NIKS IN DIE LEWE VERNIET kom nie, DALK NET as die Polisie staal in hul bene kry en die spul ANARGISTIESE TERRORISTIESE KRIMINELE met die wetboek gooi en vervolg, sal dit vredig by Universiteite gaan …. ek sê maar net!

broos ·

daar is meer as genoeg bewyse om mooi te kan sien wie dit was wat die brandblusser gebruik het – hy moet strafregterlik aangekla word. Alle universiteite behoort hom dan te blacklist. Daarna moet die skoonmaker se familie sy familie dagvaar vir de laaste sent op hulle naam!!!

Jean ·

Soos hulle oor die radio gister gese het, daar is ‘n groot verskil tussen ‘n vreedsame optog en ‘n RIOT, hierdie is riots, want hulle vernietig alles, steek goed aan die brand, gooi mense se karre met klippe, intimideer ander studente, lank nie meer ‘n vreedsame optog nie. Nou is iemand dood, seker maar in hulle oë – vir ‘n groter doel.

Edmund ·

Hoe bou ‘n mens ‘n land met barbaarse vandaliste? Wat se dissipline sal daar dan in elk geval wees om met ‘n graad in die hand die beroepswereld te betree en ‘n sukses daarvan te maak? Meneer die president kry jou studente onder gedrang of nooi hulle na Nkandla om daar te gaan toi-toi.

Henry ·

Hulle moet voorbeelde maak en die moeilikheidsmakers skors vir n paar jaar……………..Die voorreg om te studeer ontneem………………..

sanet smith ·

Blommie
Dis vreeslik verby…..n onskuldige persoon het gesterf. Hierdie betogings en verwoesting moet in die bek geruk word. Ander studente wil studeer en klasse bywoon…en hierdie MOET STOPGESIT word.

Nat Kombers ·

Ek sien ‘n kousaliteitsprobleem. Die dood mag totaal-en-al onverwant wees aan die voorval.

Johann ·

Mag wees, mag nie wees nie, baie toevallig egter. Ons kan wel sien dat die persoon ‘n asmalyer was. Die nadoodsondersoek sal wys.

Nita ·

Hier sal net n ware toekoms vir die land wees, indien ouers leer om te kies tussen KWALITEIT kinders ipv van KWANTITEIT kinders. Die tyd is laaaankal verby dat jy baie kinders moet he sodat hulle eendag vir jou sal sorg.

Ekwilibrium ·

Kan julle dink watse wêreldwye chaos dit sou wees as dit wit studente was; moord, Apartheid, rassisme, WW3, ens… Steeds tragies en die skuldiges moet tereg staan op strafbare manslag EN peuter met ‘n brandblusser (dis onwettig).

Vra maar net ·

Wie gaan dit stopsit met ‘n regeringshoof wat volstruispolitiek beoefen wanneer dit by wet, orde en eerlikheid kom?

Justice ·

`n Effektiewe polisiemag is `n autokratiese bestek of jy nou daarvan hou of nie. Dit is vandat ons polisemag deesdae demokraties moet optree, kriminele se menseregte moet respekteer en wag totdat maksimum geweld op hulle toegepas word voor teenoptrede, sal ons met hierdie wettelose individue op ons kampusse en samelewing sit. Die 5% van betogende studente het geen vrees vir niemand nie want daar word geen vorm van effektiewe dissipline of wetgewing op hulle toegepas nie – hulle het geen respek vir niks of niemand nie en straal arogansie uit. Dit blyk ook dat die voorbokke ook nie oor die intelek beskik vir enige vorm van konstruktiewe onderhandelinge nie. `n Goeie begin vir onderhandelinge met die individue wat begin brand, breek en dreig is by die aanwending van sambokke en knuppels – dit word wereldwyd effektiewelik toegepas – tot dan gaan hulle enige iets moontlik doen om nie eksamens te hoef skryf nie.

Columbiana ·

“You can catch more flies with honey than with vinegar”
Miskien sal die studente wys wees om hierop ag te slaan. Aanvanklik was ek ten gunste van hierdie #feesmustfall episode want wie wil dan nou nie hê sy kind moet verniet kan gaan swot nie. Maar nou ruk hulle heeltemal die hoender met die breek en brand beleid. Nee man dis swak styl. Jy kry nie ‘n graad vir klipgooi en brand nie. Swak. Uiters swak!

m ·

En so breek die swartes net af en bou niks op nie. Dis net hulle wat so tekere gaan. Los die wit student dat hulle studeer en eksamen skryf, ten minste wil hulle iewers in die lewe kom.

Columbiana ·

Ek het gesit en kyk vir die studente van Wits wat afstap in JHB se strate en betoog. Jammer om jou bubble te bars maar hulle was beslis nie almal swart nie. Dink dis oor meer as ras hier. Dis oor totale disillusion met lee beloftes. Iets waaraan ons almal bietjie lei oor ons “regering”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.