Die man wie se verskeurde liggaam Vrydagaand op ʼn wildsplaas in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo gevind is, is uitgeken.
Die polisie het aanvanklik vermoed die oorledene was ʼn werker op die plaas wat met ʼn trekker na sy blyplek gery het toe die trekker ʼn paar meter voor sy eindbestemming vasgeval het. Daar is vermoed hy het te voet verder geloop, waarna ʼn trop leeus hom oorval en verskeur het. Net die helfte van ʼn liggaam is opgespoor.
Lt.kol. Moatshé Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het later gesê verdere ondersoek het aan die lig gebring dit was nie die trekkerbestuurder wat verskeur is nie.
“Die plaaswerker is ongedeerd gevind. Die polisie het toe die moontlikheid ondersoek dat die man dalk ʼn stroper was, aangesien ʼn jaggeweer in die omgewing van die toneel gevind is,” het Ngoepe gesê.
Ngoepe het Woensdag gesê daar is intussen vasgestel dat die oorledene glo een van drie vermeende stropers was. “Sy twee medepligtiges kon daarin slaag om van die leeus af weg te hardloop en het terug na hul tuisland, Mosambiek, gevlug. Hulle het die voorval daar by familie aangemeld.”
Volgens Ngoepe is die oorledene Dinsdag deur sy skoonsuster, ʼn Suid-Afrikaner, in die lykshuis van die Maphutha Malatji-hospitaal in Namakgale uitgeken. Die man se kop was deel van die verskeurde oorskot wat gevind is.
“Die suster beweer sy het ʼn oproep van haar familielede uit Mosambiek ontvang wat haar vertel het dat die man deur leeus aangeval is en dat sy dit met die polisie moet opvolg,” het Ngoepe gesê.
“Sy het aan haar familie gesê sy het oor die radio gehoor dat ʼn onbekende man deur leeus verskeur is en dat die polisie hulp van die gemeenskap benodig om hom uit te ken. Sy is daarna na die polisiestasie toe.”
Die oorledene is as David Baloyi (50) uitgeken. Hy was ʼn inwoner van die Masingiri-omgewing in Mosambiek.
Die polisie is steeds besig met hul ondersoek om te bevestig of die oorledene en sy medepligtiges wel met stropery verbind kan word.
Waar politieke wil ontbreek, sal die natuur ingryp.
Fout getik…met verskeer dit moet lees verskeur
Dagsê Sophia
Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media
Net klein tikfoutjie ,verskeur, nie verskeer nie. DIt is grusaam om te dink tot watter uiterstes mense moet gaan. Oorbevolking is die Afrika probleem wat alle ander gaan oorskadu. Inderdaad hartseer.
Dagsê Apie
Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media
Nee, nie oorbevolking nie…. luiheid….. Dit is makliker om so een keer ‘n maand misdaad te pleeg as wat dit is om elke dag getrou jou werks klere aan te trek en op te daag en in die aand jou huis en tuin en kar en kinders te versorg. Ek het ervaring van dit, het self beleef hoe die prostitute in Point Road Durban ewe arogant verklaar dat hul ons “workers” stupid is want hulle maak meer geld as ons met baie minder moeite.
Payback is a……….
sjoe, maar ulle verskeer die taal!
Dagsê Cherokee
Dankie vir jou kommentaar, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media
VERSKEER?? Genugtig en hier dink ek My Afrikaans is swak.
Dagsê VALKOOG
Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media
haha VALKOOG….wonder of so woord bestaan
Masingiri-omgewing duik maar elke keer op, daar waar veral oor renosterstropery berig word. Sê liewer niks verder nie, anders word dit nie geplaas nie, maar ons mense weet wie die Groot stroper is.
Shame. Nou gaan hulle seker weer afkop gaan oor die broodwinner wat nou net halfpad die mas gaan opkom?
Ek wens al die mense wat so taal puriste wil wees wil gaan skoolkinders leer. Ons is grootmense en weet hoe vinnig n fout insluip. Maar ons ander weet darem wat bedoel word. Stuur kommentaar oor die saak waaroor berig word. Regtig!!!
Ai Pop ek stem so 100% saam met jou. Die mense lees nie die berigte sit net en “vraestelle” merk. Rerig? Die drukkersduiwel is oral maar hou net op daarop hamer.
Net bekommerd sê
Hallo Pop & Alida
By mense wat proefleeswerk gedoen het kom dit natuurlik om tik en spelfoute te wil regstel, selfs sonder die vergrootglas van ‘n puris en dit wil regtig voorkom asof daar bitter min geproeflees word aan vandag se geskrewe woord.
‘n Puris is iemand wat suiwerheid, in besonder suiwer taal voorstaan. Indien in ag geneem word hoe daar deesdae met ons taal omgegaan word, moet hierdie pad verseker geloop word, anders sal een of ander Babelse verwarring binnekort ons taalwêreld oorneem. Die gepaardgaande gevolge kan byna nie voorsien word nie, aangesien ons kinders alreeds geleer word om alle Afrikaanse woorde te verwring tot iets wat feitlik onleesbaar is. Puriste doen so voort. Simpatie aan opvoeders wat die boustene van ons taal moet vestig en die verkeerde opvattings moet probeer regstel.
Bewys weer daar is geen grens beheer nie. Ons benodig ‘n muur, dringend. Maar ek is bly dat die trekker en die werker onge deerd is.
Mosambiekers is dikwels die prooi van leeus in die Kruger wildtuin omdat hulle kortpad vat daardeur en dan word die arme leeus wat betrokke was doodgemaak. Ek glo omdat hulle die wet oortree moet hulle maar die gevolge dra en moet die leeus met rus gelaat word.
Presies. Mense wat loop/ry waar hul wil en nie waar hul mag en moet nie, het geen sê in wat die gevolge daarvan gaan wees nie. Maar dis asof daardie “penny” nooit sal “drop” nie.
Sal `n bok skenk vir daardie leeus….
Regtig Linda, jy maak my aan die slaap!
Respek vir die vrou wat na vore gekom het om hom uit te ken.