Skoor eis ondersoek ná miljoene aan hotelskool se sekuriteit bestee is

Job Dliso, die voorsitter van Skoor (Foto: ANA)

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) eis ʼn deeglike ondersoek deur die nasionale tesourie se taakspan nadat die departement van toerisme in Noordwes soveel as R7,8 miljoen aan ’n valhek en heining by die Taung-hotelskool in Taung, Noordwes, bestee het. Dit is byna R3 miljoen meer as waarvoor die departement die skool gekoop het.

Job Dliso, die voorsitter van Skoor, het Maandag in ’n verklaring gesê dit is onverklaarbaar hoe die oprig van die valhek en heining meer kan kos as waarvoor die skool aanvanklik aangekoop is.

Die departement van toerisme het R4,4 miljoen aan die valhek bestee en sowat R3,4 miljoen aan die heining. Die departement het die hotelskool in 2016 vir R5 miljoen gekoop.

Kenetswe Mosenogi, die LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme, het erken die departement het meer aan die valhek en die heining bestee as aanvanklik beplan. Die valhek en heining sou aanvanklik onderskeidelik R3 miljoen en R1,4 miljoen gekos het, soos ooreengekom met die provinsiale tesourier.

Die prys van die valhek en heining is egter met sowat 20 persent opgestoot, sonder enige toestemming van die provinsiale tesourie. Vir Dliso is dié onreëlmatighede kommerwekkend.

Die ongerymdhede is onthul tydens openbare vergaderings met die departement van ekonomiese ontwikkeling oor die 2018-‘19-ouditverslae.

Dliso is ook bekommerd oor die gehalte van die projek, wat nie volgens standaard is nie. “Iemand moet aanspreeklik gehou word.” Dliso wil met die Valke vergader om ’n saak van korrupsie en finansiële wanbestuur te laat ondersoek.

Die departement van toerisme het verder erken hy het meer as R3,5 miljoen bestee aan opknappings by die ongebruikte Orkney Game Academy-gebou in Orkney. Dié gebou is in 2015 deur die AngloGold Ashanti-myn aan die departement geskenk.

“Die Orkney-gebou is ongelukkig nie geskik vir die opleiding van wildbewaarders nie, omdat dit in ’n myngebied geleë is,” sê Mosenogi. Die departement het die Noordwes-parkeraad versoek om te oorweeg om die gebou na bestaande wildparke te skuif.

Mosenogi sê die departement beoog om die Taung- en Orkney-projek te ondersoek aangesien daar nog nie heeltemal duidelikheid oor die ongerymdhede is nie.

“Ons beplan om die projekte te laat ondersoek omdat daar ’n kultuur van gebrek aan aanspreeklikheid en gebrek aan reaksie in die departement heers,” sê Mosenogi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

James ·

Liewe aarde het hulle beoog om een van trump se mure of hekke te bou

Petrus Heigers ·

Vol Punte vir jou, Dliso!!! Hierdie projek stink van korrupsie –
Palassade kan darem seker nie meer as R150 per lopende meter kos nie … dus met koste ‘n van R7,8 miljoen kan ongeveer 52 duisend meter omhein word!!!
Neem kennis: moenie skoor soek met SKOOR nie!!!

Stuiwer ·

Petrus, so ruk terug hek gekoop. 6m hek het my R7,000 gekos. Bietjie duurder as jou prys voorstel. maar gegewe die prys, dis steeds astronomiese 3,400m se pallisade heining.

Geskok ·

Liewe hemel Genis kan nie waar wees nie en die ondersoek gaan nêrens nie so moenie nog geld spandeer vir ondersoeke nie sluit net toe daar is mos bewyse

Willem ·

Wie is die dom lord (omgekeerd) wat daai uitbetaling gemagtig het? 4-5-6!

jAN ·

en so gaan ons voort om geld te bestee en dan weet niemand iets en verryk hulleself . net so met die ondersoek na staats kaping almal weet en alles verwys na guptas en so hou die komissie aan met ondervraaging ,en sorg dat dit solank moontlik uitgerk word ,want dan kan huule ook nogeld kry. ek wonder hoeveel miljoene is al aan die komissie betaal.

Willie ·

Diefstal, korrupsie met geen nagevolge, geen berou of begrip nie… Jy hoort in die tronk, saam met Zumpie en Key…

JohanR ·

Ek lag my broek nat! Sal enigeiemand vas gavat word of tronk toe gaan? Ons is die ANC. Ons kan doen wat ons wil, en daarmee wegkom!

Niklaas ·

Daar is duidelik n aantal glimlaggende menere wat hier voor Kersfees groot somme geld in die sak gekry het. Vir geskenke en , o ja , daai Dubai vakansie vir hulself en gesinne. Spaar ? Nie nodig , reel gougou nog so n projek. Heerlik hier.

My Opinie ·

Ek is stomgeslaan!
Die geld wat so verduister word, word nooit teruggekry nie. Dis hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.