Skoor sê Prasa moet aanspreeklikheid aanvaar

Prasa (Foto verskaf deur Untu)

Die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) eis dat die raad van die Passasierspooragentskap volle aanspreeklikheid aanvaar vir die beweerde ineenstorting van bestuur by die agentskap.

Skoor het Woensdag in die parlement ʼn verhoor oor Prasa gehou om die 2018/2019- finansiële state te hersien.

“Tydens die verloop van die verhoor het dit duidelik geword dat die raad van Prasa versuim het om rekenskap te gee waarom die agentskap nie volledige bestuursrekords gehou het nie – insluitend notules van vergaderings van die raad, sy subkomitees en die uitvoerende komitee,” het Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van Skoor, Donderdag gesê.

Die gebrek aan dokumentasie het ʼn negatiewe impak op sy oudit, aangesien besluite en resolusies nie bevestig kon word nie.

“Dit is betreurenswaardig, want die raadslede is vergoed om daardie vergaderings by te woon terwyl daar geen notules, resolusies of enige ander rekord van besluite is wat tydens die 10 raadsvergaderings geneem is nie,” het Hlengwa bygevoeg.

Hy het gesê die raad distansieer nou homself van bestaande probleme, alhoewel hulle gedurende die periode teenwoordig was. Skoor sê hy verwag ook dat die aanstelling van ʼn permanente raad by Prasa spoedig sal plaasvind.

“Die ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OG) het die komitee in kennis gestel dat Prasa se oudit vir die huidige finansiële jaar verswak het. Die OG het Woensdag gesê Prasa het versuim om te voldoen aan wetgewing toe kontrakte vir groot infrastruktuurverwante projekte toegeken is.

Prasa is as een van die “grootste oortreders” aangewys wat betref onreëlmatige uitgawes in die staatsektor. Die maatskappy se onreëlmatige besteding vir 2019 het tot R27,2 miljard toegeneem, ʼn styging van meer as R3 miljard.

Die komitee wil ʼn verbeterde ouditverslag vir Prasa sien en sal ʼn datum skeduleer wanneer Prasa weer voor die komitee moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Aanspreeklikheid is een ding. Betaal en verantwoording en betaling ń heel vreemde konsep vir die politieke aanstellings.

JZ ·

Glo nie hulle weet van wat verantwoording en betaaling betekan nie.

Die Dromerige Skaap ·

Hulle het hulle so verstrengel in korrupsie dat hulle nie eens weet waar om te begin ?

Willie ·

Dis kwansius opgeleide mense wat nie eers weet enige besigheidsvergadering Moet n agenda he en Alles wat besluit word Moet genotuleer word. Wat n grap . Hulle Moet alles terugbetaal wat hul verdien het.

Leon ·

As jy notules hou en finansiëele state, kan dit in die toekoms teen jou gebruik word. As daar niks is, kan niemand iets bewys nie. So maklik soos dit. So hoekom rekord hou?

Vereistes vir aanstelling ·

Iemand moet vir jou kan inklok as jy laat is. Pak iets op jou tafel sodat jy lyk of jy werk. Gaan maak kos in die kombuis. Dink krom tot lunch. Kom laat van lunch af. Vee krummels van jou tafel af. Bespreek jou cut van n krom deal. Nok vroeg af en gan soek n uitrusting vir jou klerekas vir more se werk.

marous ·

Deur wat te doen ? Bedank en dan weer op ‘n ander plek te plunder ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.