Skoor wil staatsinstellings vasvat

(Argieffoto: Ian Landsberg/ANA)

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het Woensdag inligting van die ouditeur-generaal ontvang oor staatsondernemings se ouditverslae vir die 2019/2020- finansiële jaar.

Die OG het Skoor in kennis gestel van die ouditverslae van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa), die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), Denel, Eskom, die SAUK en Transnet.

“Die ouditverslae skets ʼn droewige prentjie en hul finansiële stand gaan agteruit in plaas daarvan om te verbeter,” het Faith Ndenze, woordvoerder van die komitee, gesê. “Daar is ʼn skerp toename in onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes by die meeste van die instansies. Daar is nie gevolge vir diegene wat verantwoordelik is vir die bestuur van die finansies nie en in sommige gevalle is daar ook nie bewyse dat die oorsaak van die onreëlmatige spandabelrigheid ondersoek is nie.”

Skoor het Obsa geloof dat hy ʼn skoon oudit ontvang het. Die komitee versoek Obsa egter om ʼn gedetailleerde verslag in te dien oor die R3,5 miljard-lening wat toegestaan is aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), aangesien daar voorwaardes verbonde was aan die lening.

“Skoor het nie inligting onvang oor die SAL se oudit-uitslag nie, aangesien die lugdiens nie geoudit is nie, omdat dit in sakeredding geplaas is. Skoor sal dié kwessie prioritiseer en sal met die minister van openbare ondernemings in gesprek tree om dit te finaliseer,” het Ndenze bygevoeg.

“Skoor beskou die agteruitgang in die ouditverslag in ʼn baie ernstige lig. Die komitee sal vergaderings met die departement van openbare ondernemings en die ander betrokke departemente belê. Die komitee sal daarna verhore skeduleer met die betrokke entiteite om ʼn plan te beraam om hulle by te staan – so ver as wat Skoor se mandaat dit toelaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

henndrik ·

Daar word net altyd geblaf maar nooit is daar ‘n byt nie!

Semaanet ·

Nou eers skrik hulle wakker! Net betyds vir a “ondersoek” waarin hulle verder kan maande lank sit en vergader om verder te slaap. Dan om te se wat ons almal weet en niks gebeur met enigiemand.

Hennie J ·

Skoor kan skoor soek soveel hy wil. Dit is nou al n welbekende feit dat anc kaders in die parlement net daar is om bevele te gehoorsaam en pay te kry.

Kokerboom ·

Solank die wil tot dramatiese aksie ontbreek sal die tragiese toestand voortduur

koos10 ·

Ons liewe land is baie lief vir ondersoeke en kommisies, maar bitter bang vir die howe en tronke!

Phillip ·

Dis tyd dat die entities vir die volgende bookmarks vir die vorige bestuurders gegee word en kyk of ons beter doen. As ons nie beter doen nie sal ek verskoning vra. Gee dit vir ons manne wat dit reg gedoen het asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.