Skoot klap in rooftog buite hotel

Rowers het onder meer juwele by die paartjie geëis. (Foto: Emer-G-Med)

ʼn Man is in die buik gewond nadat ʼn groep gewapende rowers hom en sy vrou met hul terugkeer na ʼn hotel in Fourways, Johannesburg, oorrompel en beroof het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van die nooddiens Emer-G-Med, sê die groep gewapende aanvallers het die egpaar buite die hotel aangeval nadat die twee gaan inkopies doen het.

“Die mans, glo gewapen met pistole, het hul besittings, waaronder luukse juwele, geëis. ʼn Struweling het glo ontstaan en een van die verdagtes het ʼn skoot afgeskiet wat die man in die buik getref het,” sê Van Reenen.

Die rowers het daarna laat spaander.

Paramedici het die gewonde slagoffer op die toneel behandel voor hy na ʼn hospitaal gehaas is.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Snowball ·

As hulle inkopies gedoen het by juwelierswinkels, is hulle waarskynlik agtervolg deur boewe wat staatmaak op personeel in winkels wat inligting lek. As hulle duur juwele aangehad het, kon “spotters” hulle dalk in sentrums of restaurante opgemerk het en vir die maatjies wat buite wag laat weet. Hulle agtervolg jou en slaan toe as die kans hom voordoen. Netwerke van kriminele in winkels. So doen ons nou maar in Gauteng inkopies in ou klere, met geen juwele aan nie, dan word jy ten minste nie geteiken nie. Siek land van kriminele uitskot.

Samuel ·

Absoluut skokkend. Suid-Afrika is regtig ‘n gangsters paradise. Boewe tree so op omdat die kans dat hulle gevang en vervolg gaan word uiters skraal is.

Jack ·

Kyk maar op die kring tv kameras as hulle nie per abuis afgeskakel is nie. Miskien word n booswig herken deur sy vriende in die hotel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.