Skopbokser glo deur polisie aangerand

Renier van der Vyfer beweer dat polisiebeamptes hom aangerand het (Foto: ANA)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn skopbokser glo drie weke gelede in Kaapstad deur beamptes van die polisie se teenbende-eenheid aangerand is.

Renier van der Vyfer, ʼn skopbokser van Parow, het na bewering saam met sy vriende in Langstraat in Kaapstad gaan middagete eet. Hulle het daarna besluit om strand toe te gaan.

Op pad na Kampsbaai het vyf tot ses voertuie hulle na bewering gestop en polisiebeamptes het uitgeklim en vuurwapens op Van der Vyfer en sy vriende gerig.

Volgens Van der Vyfer moes hulle op die grond gaan lê met die vuurwapens op hulle gerig.

“Beamptes het vir my gesê as ek my kop oplig, sal hulle my skiet. Hulle het gevra of ons vuurwapens het en ek het nee gesê. Hulle het die voertuie deursoek, maar niks gevind nie. Ons is styf geboei en in ʼn voertuig gegooi,” het Van der Vyfer gesê.

Die beamptes het toe glo vir sowat twee en ʼn half uur lank deur die Seepunt- en Kampsbaai-omgewing met Van der Vyfer en sy vriende gery. Hulle is toe daarna na die Seepunt-polisiekantoor geneem.

“Toe ons daar aankom, kon hulle steeds nie sê waarvoor ons in hegtenis geneem is nie.”

Volgens Van der Vyfer is hy na ʼn kantoor in die polisiestasie geneem en beamptes het hom begin slaan.

“Ongeveer 30 minute later het die teenbende-eenheid se generaal die kantoor binnegekom en gesê dat hulle my moet ‘m**r, want ek is sterk gevriet’. Ek is met ʼn pyp op my bors geslaan en hulle het my op my lyf en bors geskop. Hulle het my net aanhou slaan.”

die boeie was so styf dat sy hande opgeswel het (Foto: Verskaf)

Hy het gesê die boeie was so styf dat sy hande opgeswel en hy gevoel in sy hande begin verloor het.

Volgens Van der Vyfer het die beamptes omstreeks 22:00 die aand vir hom en sy vriende opdrag gegee om te gaan.

“Hulle het geen aanklag teen my gehad toe hulle my in hegtenis geneem het nie. Hulle het my opgelaai, aangerand en toe laat gaan. Dit is nie reg nie. Toe ek vir ons selfone terugvra, het hulle volstrek geweier.”

Van der Vyfer sê die boeie het sy hande seergemaak en hy gaan moontlik vir die res van die jaar nie aan skopboks kan deelneem nie.

Hy het klagtes teen die beamptes ingedien en na die dokter gegaan om sy beserings te bevestig.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn saak van aanranding in die Kaapstadse polisiekantoor geopen is. Sy sê die saak is na Opod verwys vir verdere ondersoek.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê hy het talle sake van beweerde polisiewreedheid in die provinsie by die provinsiale kommissaris aanhangig maak. “As daar niks gedoen word nie, sal ek die sake by die nasionale minister aanhangig maak,” het Fritz gesê.

“As die voorvalle van polisiewreedheid voortduur, sal ek die stap moet neem om ʼn interdik teen die polisie te kry om te keer dat die teenbende-eenheid verder die publiek teister.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Stefaan ·

Bende mentaliteit. Rand n vasgemaakte persoon aan. Hoekom klim hulle nie man vir man in die kryt saam het hulle slagoffer nie ?

Gerrie ·

Nee my vriend dit werk nie so vir ‘n polisieman nie. Hulke moet 4 of 5 teen 1 wees en jou hande moet geboei wees.

saggiespraat ·

Hulle moet terug gaan na waar dit gebeur het en kyk of hulle nie iets op
kamera kan kry…. Nou moet n mens meer vrees vir jou lewe as jy polisie sien ry en jy is wit…

Ansie ·

Ry hulle tot by Oom Daantjie in die kalwerhok, Renier. Dis sommer nonsens dat hulle mense so kan behandel – en in dié geval sonder ‘n verduideliking. Ek hoop Renier dagvaar hulle persoonlik sodat hulle uit eie sak kan betaal. Sies, sissies in blou, manne maak nie so nie.

Oujongvrou ·

Ag daar is nie n storie nie, of nee wag. Is oor hulle kan. Die papbroeke

Michael ·

Natuurlik is daar ‘n storie agter die storie. Natuurlik is dit jou opinie dat ‘vyf tot ses’ polisie voertuie ‘n skopbokser uit Parow lukraak arresteer en aangerand het, sommer omdat al die betrokke polisielede sommer net bloot op daardie oomblik lus wat om dit te doen.

katerinadiekat ·

Renier hulle is wit. Dis die storie agter die storie.

Michael ·

Ek was nog nooit afgetrek en gearresteer net omdat ek wit is nie, en ek is meer op die pad as die gemiddelde persoon.

Piet parys ·

Jy moet daai vuilgoed elkeen in persoon dagvaar vir pyn en lyding . Was dit n rasse voorval of nie ?

Fedup ·

Do not take this kind of cases lightly.
Opod is useless.
Sue the officers, there precinct and mad hatter. Throw in a case against the government as well.
The only way to teach a muffin is to take away the ingredients.

Jakes ·

Gee n polieman n wapen en hy gee homself bonatuurlike magte.

Kokerboom ·

Raak asb ontslae van die skuim en gemors is SAPD. Hul kompeteer met bendes..digene wat hul moet uitroei. Dit sluit sogenaamde generaal in. Herstel asb respek vir Polisie deur behoorlike aanstellings wat ferm maar professioneel kan optree

Pieter ·

Van konstabel tot kaptein in drie maande die SAP is n grap net soos die regering vir wie hulle werk.

daniel ·

Dis moeilik om te besluit waar die meeste skurke hulself bevind buite of binne die poliesemag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.