Skors polisieminister, vra DA

Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die DA het ʼn parlementêre ondersoek geëis na die optrede van die minister van polisie ná ʼn uitspraak in die hooggeregshof dat die waarnemende hoof van die Valke oneerlik opgetree het.

“Nathi Nhleko, minister van polisie, is die individu wat die reeks onwettige skorsings begin het en moet self geskors word terwyl ʼn parlementêre ondersoek na sy optrede gehou word,” het Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, gesê.

Regter Elias Matojane het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria gesê Berning Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, is oneerlik en het ʼn gebrek aan integriteit en eer. Ntlemeza het aansoek gedoen om te appelleer teen die hof se vorige beslissing dat Shadrack Sibiya, hoof van die Valke in Gauteng, se skorsing ongrondwetlik was en teruggetrek moet word. Ntlemeza se aansoek is van die hand gewys.

Ntlemeza het Sibiya geskors hangende ’n ondersoek na sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010. Sibiya het aangevoer dat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) bevind het dat hy nie betrokke was by die uitlewerings nie.

“Sibiya moet heraangestel word en Ntlemeza moet verwyder word, want hy is van die begin af onwettig deur die minister van polisie aangestel,” het Kohler-Barnard gesê. Volgens haar kan Nhleko en Ntlemeza nie kies watter verslae hul wil gebruik om die skorsing van Anwa Dramat, hoof van die Valke, en Sibiya te regverdig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

Die minister kan nie nou geskors word nie. Hy moet eers sê hoeveel moet zumpie terug betaal. Lagwekend as dit nie so ernstig gewees het nie.

Gina Slabbert ·

Mense word wakker. Dis die nuwe Suid-Afrika. Hul doen net wat hul wil en ons land is besig om agter uit te gaan. Gaan kyk na hul salarisse en etes en reis kostes. Hul kan net saam met jou praat as jy geld het. As jy nie geld het nie is jy nie eers n no in SA nie. Die pad vorentoe lyk nie goed nie. Mense ons moet saam staan en bid sodat GOD kan intree

Elize ·

Ek sal net graag wil weet wat die minister teen die Valke het, weet hul dalk teveel?

CHRISTA ·

Dis presies waarvan ek gepraat het in my kommentaar op die vorige berig, wat Maroela nie wil plaas nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.