Skors SAL-voorsitter, sê DA

Dudu Myeni Foto: GCIS

Dudu Myeni Foto: GCIS

Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om Dudu Myeni, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), met onmiddellike effek te skors.

Dit kom ná berigte Sondag dat Myeni die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree het deur ooreenkomste met die nasionale tesourie en die omdraaiplan wat die raad onderneem het, te ignoreer, het Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, gesê.

“Die Sunday Times het berig Myeni het ʼn ooreenkoms met Airbus, wat die minister van finansies gereël het, gekelder, nadat sy daarop aangedring het om die aankope van nuwe vliegtuie ter waarde van R5 miljard na te jaag,” het Mazzone gesê. “Die feit dat sy dié aankope najaag, terwyl die SAL reeds vanjaar nagenoeg R7 miljard moes ontvang en steeds in ʼn finansiële verknorsing bly, is belaglik.”

Mazzone het onderneem om Brown skriftelik te versoek dat Myeni dadelik geskors moet word.

“Ek gaan ook die portefeulje komitee oor openbare ondernemings versoek om by minister Browne en minister [van finansies] Nhlanhla Nene te hoor watter stappe hulle gaan doen om seker te maak dat hierdie gedrag nie weer herhaal word nie,” het sy bygevoeg. “Tydens moeilike ekonomiese tye, wanneer elke sent omgedraai moet word, kan hierdie swak finansiële bestuur nie geduld word nie. Suid-Afrika stuur af op ʼn fiskale afgrond en die SAL kan nie toegelaat word om voort te gaan met sulke onverantwoordelike optrede ten koste van ons ekonomie en uiteindelik werkskepping nie.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GES ·

Het sy enige waarde tot SAL bygevoeg?? Waarskynlik net die voordele geniet.

Manie ·

Is die mense stompsinnig of net te onnosel om te besef waarmee hulle besig is!
Dit is wat Kom daarvan as mens nie die waarde van geld ken nie en soos ‘n kat in die duiwehok losgelaat word. Hulle weet nie hoe om dit te hanteer nie!

Anton ·

Sy is een van Zuma se maaitjies, sit net daar en lyk belangrig maar die wiel is besig om te draai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.