‘Skors SAUK-bedryfshoof’ sê appèlhof

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, moet vir 60 dae lank geskors word terwyl ʼn tugverhoor vir sy oortredings gehou word, het die appèlhof in Bloemfontein Donderdag beslis.

Motsoeneng het die hof genader om te appelleer teen ‘n vroeëre hooggeregshofbevel wat bevind het dat hy geskors moet word hangende sy tugverhoor.

Dit volg nadat adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, onder meer vroeër bevind het dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, hy buitensporige salarisverhogings ontvang het en oor sy kwalifikasies gelieg het.

Die SAUK se raad het hom sedertdien ʼn verdere R1 miljoen-salarisverhoging gegee en toegelaat om aan te hou werk, sonder enige dissiplinêre optrede.

Die SAUK sal hom nou moet ondersoek en tugstappe neem anders kan die uitsaaier van minagting van die hof aangekla word.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fanie ·

Ag, maar dit is tog te lekker!!! Die land v melk en heuning. Word hy betaal om te sit en uit te eet. Wat is daar so wonderlik op tv om te kyk? Dat hy nou so ‘n buitensporige salaris ontvang. Die tuinhulp doen meer en harder werk.

Winston ·

Salarisverhoging? Ja kon dit nogal verwag het. Skorsing is nie n opsie nie, summiere ontslag is die antwoord sonder die geringste vergoeding.

Rynhardt ·

Motsoeneng verdien nie n skorsing nie,maar hy moet heeltemal ondersoek word.Hy het 3wonings wat miljoene kos.Een daarvan is in Bloemfontein wat R2,4miljoen kos.Hierdie ou lewe beter as n koning.Vandag is daar mense wat nie eens R50000agter hul naam kan skryf nie.Sy finansies moet heeltemal ondersoek word!

Griki ·

Die Batebeslagleggingseenheid moet sommer op sy bates beslag lê om die geld, wat hy so onregmatig en bedrieglik ontvang het as salaris, terug te kry.

Henk ·

Goed, word hy nou geskors voor of na hy vir homself nog ‘n miljoen bygelas het?

REGINA ·

Hy moet nie net geskors word nie, hy moet aangekla word van bedrog agv sy leuens oor sy “kwalifikasies” en al die miljoene wat onregmatig aan hom betaal is, terwyl hy nie bevoegd was vir daardie posisie nie! Ander mense sou dalk tronkstraf daarvoor moes uitdien, maar sommige mense is mos “verhewe bo die reg!” Waarom nie almal oor dieselfde kam skeer nie? In hierdie “oor die afgrond” land gaan dit nou so erg dat hoe swakker jou “kwalifikasies” is en hoe swakker jou “werksverrigting” is en hoe meer korrupsie en bedrog jy pleeg, hoe n lekker hoer pos kry jy met n ewe vet salaris, en dan sommer n “bonus” as jy droogmaak, dis geen probleem nie! Hoe werk die mense se koppe wat hul aanstel, kon sy kwalifikasies nie eers DEEGLIK nagegaan word nie! A nee a, so word dit mos nie gedoen nie! Hoe verlang ek nou na die ou dae toe alles vlot gefunksioneer het, nou moet ons al hierdie korrupte nuus heeldag aanhoor! Stem saam met Rynhardt, hy vat dit alles baie mooi saam en spel die ware feite korrek uit!

AH ·

Ons weet tog almal na 90 dae is hy weer terug en gaan dinge maar net soos voorheen aan wie wil stry ?

neelsie ·

Gooi die skelm summier in die tronk.
Gierigheid het van die land n lelike plek gemaak.
Hy is tog niks anders as n bedrieer nie.
Skenk al sy besittings aan die DBV, diere sal dit meer waardeer.

Anti-Haas ·

Al word hy geskors, kry hy nog altyd sy volle salaris.
Nou sit die skelm by die huis, doen niks net soos by die kantoor, en kry volle salaris.

Ons nuwe mense regte beskerm maar net die ander nasie wat aan bewind is en so steel.
BELAGLIK!!!!!!

Dan ·

Doen dit nou, hy mag nie verder daarmee weg kom nie. Dink net hoeveel geld onderskep hy met elke dag wat verby gaan, en hy gaan natuurlik nog geskors word met volle salaris. Jo dit gaan te lekker met almal van hulle!!!!

Liewe lulu ·

Ja, nou gaan ons seker weer meer moet betaal vir ons tv lisensies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.