Skorsing soos ‘doodstraf’ vir Matie

Theuns du Toit

Die Universiteit Stellenbosch (US) se besluit om die regstudent Theuns du Toit permanent te skors nadat hy in Mei vanjaar op ’n medestudent se besittings geürineer het, kom neer op opvoedkundige “doodstraf”.

Só het William Fullard, Du Toit se regsverteenwoordiger, verlede maand tydens sy kliënt se dissiplinêre verhoor aangevoer aangesien permanente skorsing beteken dat die jong man weens die voorval nie sy studies mag voortsit nie.

Dít alles oor ’n fout wat die 19-jarige Du Toit in sy dronkenskap begaan het, meen Fullard.

Die Universiteit Stellenbosch (US) se sentrale dissiplinêre komitee (SDK) het Du Toit nietemin skuldig bevind wat die urinering op Babalo Ndwayana se besittings betref. Du Toit is ook skuldig bevind aan rassistiese aanmerkings en die onwettige betreding van Ndwayana se koshuiskamer.

Du Toit het tydens die verhoor erken dat hy die aand besope was en sommige van die gebeure van die aand nie kan onthou nie. Hy hou egter vol dat hy hoegenaamd nie doelbewus of opsetlik opgetree het nie, maar eerder onder die invloed van alkohol ’n “dronk fout” begaan het.

Du Toit ontken ook dat sy optrede rasgedrewe was.

Die SDK meen egter Du Toit se dronkenskap is geen verweer vir sy optrede nie.

Luidens die uitspraak, wat Maroela Media onder oë gehad het, is die saak teen Du Toit op vyf aspekte geskoei: die urineringsvoorval, die misbruik van alkohol, koshuiskultuur, rassisme en die toekomstige belange van die US.

Ndwayana het tydens die verhoor getuig dat Du Toit die betrokke oggend “it’s a white boy thing” óf “this is what white boys do” geantwoord het toe hy hom uitvra waarom Du Toit op sy besittings urineer.

Dié stellings is veral tydens die verhoor ondersoek. Daar is ook probeer vasstel of Du Toit na Ndwayana as ’n “boy” verwys het en of hy eerder net “ooi” gesê het, soos Du Toit beweer.

Die komitee het verskeie kere na die video gekyk en het eindelik daarmee volstaan dat Du Toit die woord “boy” gesê het. Die komitee het wel daarop gewys dat daar geen bewyse is dat Du Toit die term op rassistiese trant gebruik het nie.

Die stelling “it’s a white boy thing” is wel rasgedrewe en rassisties, het die komitee bevind.

Du Toit wás onder die invloed

Daar is tydens die verhoor vasgestel dat Du Toit ongetwyfeld besope was toe die voorval in die vroeë oggendure van 15 Mei plaasgevind het. Du Toit het tydens die verhoor erken dat hy saam met ’n vriend die betrokke aand ’n halwe bottel brandewyn by Huis Marais gedrink het. Du Toit en die vriend is omstreeks 22:00 by die koshuis weg om in die dorp te gaan kuier.

Hiér het Du Toit agt dubbel brandewyndrankies (altesame ʼn minimum van 16 sopies) gedrink wat beteken dat hy tussen die aand van 14 Mei en oggend van 15 Mei ongeveer een en ʼn half bottel brandewyn gedrink het.

Du Toit het erken dat hy sommige van die aand se gebeure nie kan onthou nie. Dit sou later in die verhoor uitkom dat hy op 15 Mei omstreeks 03:00 na die koshuis teruggekeer het en in ’n ander vriend se kamer aan die slaap geraak het. Omstreeks 04:30 het hy op Babalo Ndwayana se besittings geürineer.

Du Toit het eers later die oggend – omstreeks 10:00 – gehoor wat hy vroeër die oggend gedoen het.

Ndwayana se koshuiskamer is twee deure van Du Toit se vriend se kamer geleë, waar hy aan die slaap geraak het. Du Toit het Ndwayana in daardie stadium geken, aangesien hy bevriend was met Ndwayana se kamermaat.

Die kamermaat was nie die betrokke naweek in die koshuis nie.

Koshuis ook geroskam

Die bestuur van Huis Marais is ook tydens die verhoor gekap oor hul optrede ná die voorval. Die voorval is glo eers tien uur nadat dit plaasgevind het by die hoof van Huis Marais aangemeld. Die video van die voorval – wat soos ʼn veldbrand versprei het – is eers 11 en half uur later onder die hoof van die koshuis se aandag gebring.

Die sentrale dissiplinêre komitee meen die optrede is moontlik tekenend van die koshuis se kultuur van geheimhouding en swak leierskap.

  • Du Toit het nou vyf werksdae om teen die uitspraak te appelleer. Sy regsverteenwoordiger kon nie Vrydag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Groen-oog ·

Ai dis n ding. My ouers het altyd gese :

Drank het 3 Dans.
1. Dans jy gesuip
2. Dans jy slim
3. Dans jy diep in moeilikheid.

Sy straf is swaar…. hys geskors. Hy wou Regte leer.
Nou gaan die slagoffer se pa steeds aan. Die jong man kon behalwe sy straf mos nou maar die tas en laptop vervang het…. of hoe

Truthful ·

Ja..maar kyk onder watter druk kinders vandag is…media bring racekaart in…waar wat jy skryf ..kon net tas laptop vervang en goeie traf les leer by albei kante ouers…

Groen-oog ·

Presies. Hoeveel het kinders met die covid gemis. En toe maak universiteite ook later oop. Die studente kry hoeveel take per week om te doen en dis leer werk en selfsorg waar hulle bly … so alles is nuut en vreemd en sit baie druk op hulle en dan stap hul net n oomblik van die regte pad af om te “relax” en dan gebeur die dinge. Maar ja die stappe teen die jong man deur die universiteit is regverdig en genoeg maar om deur die ander 1 se pa nou nog privaat aangevat te word … shoe dis bietjie te erg.

Vexed ·

Ja dit is waar maar sien ek sal hom maar ondersteun omdat hy een van my mense is. Dit is wat ek altyd geglo het reg of verkeerd. Dit werk anders om so. Maar die Afrikaner sal sy mense uithaal. Die rede hoekom ek bietjie vir biejie myself van Afrikaner wees ontrek. Mense soos jy.

George ·

Maar die slagoffer se mense staam saam die slagoffer, dan is dit verkeerd, die mannetjie was 100% verkeerd, tog sal julle steeds saam hom staan, en dan ander blameer. Die “afrikaner” se grootste vyhand is hierdie victim mentality.

Truthful ·

Hy is .n jongmens..hoe leer kindrrs uit foute….daai 2 seuns is vriende die media het lekker sappige storie gemaak en almal soos altyd opwerk

George ·

Eks bly my vriende het nie in en op my besittings badkamer gemaak nie.

TRP ·

Jissie Leana, hoe wens ek dat ek so ‘n perfekte vriendin soos jy gehad het.

A.S ·

Kom ek raai, jy het seker NOOIT in jou lewe ‘n verkeerde keuse gemaak nie…

George ·

Ek het nog nooit op iemand se goed gepee nie, dis wat diere doen.

miavos ·

Al slaag sy appél sal hierdie stukkie geskiedenis soos klitsgras aan hom klou. Gaan studeer in ‘n ander land.

Harley Davidson ·

Ek stem saam net n simpel fout in n land waar daar teen jou gediskrimineer word oor jou velkleur en die doemprofete weet dit .

Johann ·

Wel snot dronk as ‘n verskoning….? Dalk ‘n bydrae tot sy stupidity. Maar om blatant rassisme teen hom te oordeel is belaglik! Sprekend van wat die “bemagtigdes” toe in staat is om rassebeheptheid aan te vuur.

piet ·

Hoekom sou hy gese het dis wat wit seuns doen? Rassistiese ondertone, definitief.

George ·

en die mannetjie blameer drank op om ander te urineer, maar ander mag nie iets anders blameer nie.

domheks ·

Nie geweet as jy storm dronk is – jy nog steeds ‘n rassis kan wees nie. Was die slim US mense al ooit dronk? Die raskaart word gou getrek!

George ·

Hulle se mos wanneer jy dronk is kom die waarheid uit, n oud afrikaner stelling.

Cherokee ·

Ek het gedrink nog voor hy gebore is, maar nog nooit selfs ⅓ soveel in een sessie. Nie eens ‘n ¼. Daar is meer dinge waarvoor hy moet versigtig wees.

Jaada ·

Indien jy so ernstig drink en party . . . is jy ernstig oor jou studies?? . . . wonder net

Lionel ·

@Jaada – letterlik die definisies van studentwees… mens noem dit “work hard, play hard”. In baie rigtings is dié wat die hardste kuier juis die wie die beste doen

Kobus ·

Toe ek in die weermag was het ons ook kwaai gedrink. Was ons ernstig om die land te verdedig? Absoluut. Indien jy my generasie is het jy lekker geslaap terwyl ons as 18 jariges die land beskerm het. Indien jy jonger is ,beteken dit dat ons jou ouers beskerm het. En ja, ons het het gedrink!

N ·

So met ander woorde as jy jonk is en studeer mag jy glad nie kuier en drink nie? Dit was n oomblik van swakheid en swak besluite maar hy moet nou met dit saamleef.

Toy ·

Mense moet ophou om als rassisties te sien, Dit is ‘n student wat ‘n dom besluit gemaak het, vandag se dae moet die studente maar 2 keer dink voor hulle baie drink en ‘n stupid dinge aanvang, dit kos hom nou. Hy moet maar sy regsgraad online doen, hy moenie dat dit hom van sy studies verder ontneem nie.

Mariana ·

Die klaer en sy familie is seker nou tevrede met hul bevindings. Net jammer die du Toit se studies is nou op so manier beeïndig. Ja hy het verkeerd opgetree en nee dat dit rasgedrewe was is snert. Maar ja hy is wit en vir wit is daar mos ongelukkig geen vergunnings nie. Hulle maak van hom ‘n voorbeeld. Die SDK is blykbaar baie streng en foutlose mense. Wel du Toit moet maar vir hom ander studeerplek kry en hoop hierdie insident volg hom nie die res van sy lewe nie. Sterkte vir hom en sy ouers.

Truthful ·

Ek volg die storie al van begin af…vir my geklink in begin dat die 2seuns eintlik vriende is..maar die seun se ouers het die saak afgedwing …die seun wou nie saak maak nie…. Mense kyk na die wereld..die mense het mal geraak..jong getroudes wil eerder kinderloos wees.. Hoe moet kinders leer ? Beide die seuns se lewens sal verwoes wees sielkunde…vir wat die gereg inbring ..die ouers van beide kante kon dit onder mekaar uitgesorteer het..en die seun .n straf gegee het. Soos ouers maar doen…genugtig ek is so geskok. Teleurgestel in media…ruk altyd die storie uit porporsie…so sensasie belustig…as die seun wat fout begaan het sy lewe neem dan sal weer ander dientji sing…sies man…sies vir media en grootmense wat kinders nie kans gee…

TRP ·

Ek voel noggal baie soos jy oor hierdie hele aangeleentheid. Eendag gaan hulle almal terug kyk en wonder…

Kobus ·

Daar word teen heinings en motors in parkeerareas gepee. Verskillende issues?

piet ·

Ja, as jy nie die verskil in die geval kan sien nie dan weet ek nie.

George ·

Dit het niks te doen met die saak nie, neem dit op met dies wat dit doen. Die mannetjie het opsetlik op ander se goed gaan urineer. So JA verskillende issues.

Harley Davidson ·

Ek dink as jy nooit n student was nie sal jy nie verstaan, gaan studeer by akademia .

Swerwer ·

Was dit 1 van die ander dan was hy seersekerlik net gewaarsku. Glo nie die SDK was ooit jonk of onmoontlik nie, blyk dat hul ENG VOLWASSE gebore is sonder om tot dusvêr in hul lewens enigsins te fouteer. ‘n Perkfekte SDR en al 10 vingers wys weg.

Piet ·

Well ya see, Norm, it’s like this… A herd of buffalo can only move as fast as the slowest buffalo. And when the herd is hunted, it is the slowest and weakest ones at the back that are killed first. This natural selection is good for the herd as a whole, because the general speed and health of the whole group keeps improving by the regular killing of the weakest members.In much the same way, the human brain can only operate as fast as the slowest brain cells. Excessive intake of alcohol, as we know, kills brain cells. But naturally it attacks the slowest and weakest brain cells first. In this way, regular consumption of beer eliminates the weaker brain cells, making the brain a faster and more efficient machine. That’s why you always feel smarter after a few beers.”

-Cliff Clavin

Harley Davidson ·

Ek hoop nie hierdie is gebaseer op cliff claven van cheers nie want dan kan ek net sê LOL

Fritz ·

Wat ek altyd vir my kinders gesê het is dat elke optrede van jou het gevolge! Maar vir ‘n jong mens is dit moeilik om te verstasn.

George ·

Gaan soek maar ander maniere om te studeer pel, erens waar jy nie drank vir nog foute kan blameer nie.

Sêmaarnet ·

Hier word so baie gepraat van ons in dieselfde sin as wat ons wit gebruik. Dit wys maar net dat ons nog wel rassisties is. Die seun was verkeerd. Of hy nou wit of swart was, dit was verkeerd. “Ons” maak van hierdie ding ‘n rassistiese ding. “Ons” praat van die wit boere wat so vermoor word, maar die stilte is oorverdowend toe die 7 swartes op ‘n plaas vermoor was. “Ons” sal onsself moet ondersoek. Rassisme is lewendig, of “ons” nou daarvan hou of nie.

N ·

Almal hier is baie vinnig om te oordeel. Hys n jong man op universiteit wat te veel gedrink het en n vout gemaak het, ja n simpel vout. Maar hy het seker daaruit geleer op die harde manier. Asof niemand hier al n vout gemaak het toe hulle jonk was nie. En as jy dink jou kind is stroopsoet op universiteit, dan wag daar n verrassing op jou.

George ·

Volgende keer as hy so suip, ry hy iemand dood dan is dit ook weer net die drank se skuld. Nee wat mannetjie, vat jou slae.

Agtogwatnog ·

Studente amok. Dit maak dit nie reg nie, maar die ikoniese dronk universiteits lewe is legendaries gemaak deur Hollywood films.
Sy vriende het seker ook n hand on hierdie optrede gehad, dit is wat stupid jong studente doen. N les om te leer by die geval. As jou vriende jou dronk maak gaan hulle jou dronk dinge laat doen, maar weet hulle gaan nie saam met jou val nie. Hulle hou op saam staan as die lag verby is. As jy nie jou drank kan hanteer nie moet nie drink nie,

Swerwer ·

Theuns daar is geen volmaakte mens op hierdie aarde nie. Sit dit agter jou en gryp die
lewe met altwee hande aan en gaan voluit. Daar is nog instansies waar jy kan gaan studeer en
beslis stof in Stellenbos SDR se oë sal skop

miche ·

Ek praat sy gedrag glád nie goed nie maar hy word permanent geskors
terwyl moordenaars en verkragters gratis in die tronke kan studeer en hul studies afhandel?

quartus ·

Hy sal maar n ander beroep moet oorweeg. Met die skandvlek sal hy nerens kom in die regte nie

Vexed ·

Alternatief, ondersteun jou mede Afrikaner al is hy verkeerd. Sy oorspronklike gedrag is lankal nie meer die kwessie hier nie. Hennie, ek skaam my vir jou.

George ·

Ek wonder maar net hoeveel van julle die sou aflag soos julle nou doen as dit jou kind was op wie se besittings deur so n mannetjie geurineer was.

Marisa W ·

Ek hoop iemand gee hom weer ‘n kans – die van ons wat nog nie aangejaag het nie kan klippe gooi. In die verlede was daar nie oral iemand wat ‘n video opname gemaak het nie. Hopelik los hy nou die drank.

Pannies ·

Ai ek voel jammer vir hom. Die straf is nie opbouend nie en te swaar.
Baie jong mense maak sulke foute in die grootword proses.
Hy lyk na n oulike seun.
Hoop hy kan by n ander universiteit studeer en n sukses maak daarvan.

Strandloper ·

Ons was almal jonk en soms baie stupid…behalwe natuurlik die glashuis bewoners…

A.S ·

Hulle oordryf nou regtig!! Hy was duidelik besope en het moontlik nie eers geweet hy doen dit nie.
Rassisme…defnitief nie!!Hy het verkeerd opgetree ja (onwetenlik) en moes gestraf word maar om hom permanent te skors is maar net weereens om te bewys dat die rasse kaart net een kant toe gespeel word!! Sterkte vir student en ouers.

N ·

Hennie jyt seker nog nie n druppel drank oor jou lippe in jou leeftyd nie? Of so neem ek aan deur jou kommentaar te lees.

Bernard ·

En as die rolle nou omgeruil was, wat sou die uitslag van die verhoor dán gewees het, of sou daar gladnie eers só verhoor gewees het nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Vroeër jare sou die huiskom die saak hanteer. Uitsspraak; skuldig. Straf: vervang toerusting, koshuismaats vorm ‘n tonnel en slat sy agterent met met nat handdoeke, vra in eetsaal omverskoning. Saak afgehandel. Oor 3 jaar lag almal daaroor. Theuns sou dalk eendag ‘n goeie prokureur word wat mishandelde vroue in die hof kon help.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dink net, as hy van die trappe afgerol, as hy die plek aan die brand gesteek het, as hy by die ou in bed gespring het, as..as…as…
Ek dink dis beter om niks te doen nie.

piet ·

Hierdie suip-kultuur op kampusse wat ook al jare kom, moet ook uitgeroei word. Daar moet reels wees dat geen gedrinkery op kampus toegelaat word nie. Gaan suip buite die kampus en hoop jy word nie uitgevang dat jy gesuip is as jy terugkeer nie.

Niklaas ·

Baie van ons was al vol galop-sop. Hoërskool koshuis , weermag , studentejare. Ek het heelwat dom dinge dan gedoen waaroor ek spyt was , maar nog nie andere se eiendom bestraal nie .In ons land veral , moet mens mooi dink voordat jy so iets aan anderskleurige medelands burgers doen. Daar mag gevolge wees. Nou is sy toekoms daarmee heen. Dit was nie slim nie.

Nettie ·

Ag nee jong, ons Afrikaners is van sterker stofasie! Hulle het nie jou drome gekelder nie, net ‘n tydelike klip in jou pad gerol. Ons almal maak foute. Tel jouself op, lag vir jouself en dink net watter storie jy vir jou tienerseun eendag gaan kan vertel, kyk die wereld in die oë en sê hier kom ek! Vind ‘n nuwe pad vir volgende jaar, en kry daardie kwalifikasie. Jy het geliefdes wat jou bygestaan het. Dis kosbaar, wees dankbaar en veg voort. Dis nie ‘n wedloop nie, dis ‘n reis.

N ·

As dit 2 persone van die selfde ras was het ons nie hiervan in die media gelees nie

Pampoen ·

Die meeste van ons onperfekte mense het maar n paar lesse geleer. Joune kom nou net teen n hoër prys. Wel, leer dan nou die verdomde les en moenie dat dit by jou verbygaan nie. Sterkte seun!

Francois ·

Dit gaan my verstand te bowe, hoeveel mense op die platform nou eintlik n verskoning soek vir sy gedrag. Dronk of nie dronk – hy het oortree, so vat maar jou pakslae, boetie. Hopelik leer dit vir jou n les vir jou toekoms. En hopelik leer jy die les…

Johannes ·

Ek het geen simpatie met enige dronkaard nie. Die Bybel sê geen dronkaard sal in die koninkryk van God ingaan nie. Mag hierdie jongman berou toon en hom bekeer.

Andre ·

Ja, ons het ook gedrink. Jy kon drink so veel as wat jy wil, solank jy net jou “pose” kon hou. Anders word jy uitgewerp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.