Skorsingsbriewe aan EFF-LP’s gestuur

Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement Foto: africa.widme.com

Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement Foto: africa.widme.com

Die parlement het Vrydag bevestig dat skorsingsbriewe en kennisgewings van boete verskuldig aan verskeie LP’s van die Ekonomies Vryheidsvegters gestuur is.

“Die skorsing tree vandag [Vrydag] in werking,” lui ʼn verklaring wat deur die parlement uitgereik is. “Die 30 dae skorsingstydperk kom op 28 Desember tot ʼn einde en die 14 dae skorsing verval op 12 Desember.”

Die skorsings volg nadat die komitee oor regte en voorregte se aanbevelings Donderdagaand aanvaar is.

Die verslag het aanbeveel dat Julius Malema, leier van die EFF, hoofsweep Floyd Shivambu, Godrich Garee, Mpho Ramakatsa, Khanyisile Litchfield-Tshabalala en Mbuyiseni Ndlozi 30 dae sonder vergoeding geskors moet word.

EFF-LP’s Elsabe Louw, Ngwanamakwetle Mashabela, Nthako Matiase, Hlengiwe Maxon, Magdalene Moonsamy en Andile Mngxitama is vir 14 dae geskors.

Agt EFF-LP’s moet die huis persoonlik om verskoning vra en hulle is ook ʼn boete gelykstaande aan 14 dae se salaris en toelae opgelê. Klik hier om meer te lees.

“Geskorste lede mag nie die parlement betree of deelneem aan enige parlementêre aktiwiteit deelneem sonder geskrewe toestemming van die Speaker nie.”

Ndlozi, die woordvoerder, kon nie dadelik bereik word om te bevestig of die onderskeie LP’s hul briewe ontvang het nie. Hy het vroeër gesê die EFF sal hom dadelik na die hof wend sodra die briewe op die LP’s bedien is. Die EFF kon nie die hofdokumente indien voordat die briewe ontvang is nie.

Die party het ook intussen aangedui dat hy nie om verskoning gaan vra vir die gebeure op 12 Augustus in die parlement nie toe pres. Jacob Zuma onderbreek is en EFF-LP’s begin dreunsing het, “Betaal die geld terug”. Hulle het verwys na die Openbare Beskermer se verslag waarin sy aanbeveel dat Zuma ʼn gedeelte van die R246 miljoen wat aan opgraderings by sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, bestee is, moet terugbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Ja, want dis mos hoe demokrasie werk volgens die ANC. Daar mag geen opposisie wees nie en as daar opposisie is, moet dit liewer stil wees… VIVA ANC VIVA…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.