Skote klap by East Rand Mall

Mense drom saam buite die sentrum. Foto: Photo:
Manogari Nogz Moonsammy / Twitter

ʼn Man is Vrydag by East Rand Mall in Boksburg doodgeskiet en twee mense is gewond toe ʼn groep verdagtes wat vir ʼn saak van moord gesoek is, daar toegeslaan het.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:27 na die toneel ontbied.

“By paramedici en ander nooddienste se aankoms op die toneel is twee mans en ʼn vrou met skietwonde aangetref,” het Magoro gesê.

“Een van die slagoffers het ʼn skietwond aan sy agterkop gehad en is op die toneel dood verklaar.”

Een van die verdagtes en ʼn vrou wat inkopies gedoen het, het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Masondo is die man wat doodgeskiet is ʼn veiligheidswag by sentrum. Die vrou is in die spervuur in die onderlyf gewond.

“Die polisie het inligting opgevolg van ʼn groep verdagtes wat gesoek is in verband met ʼn moord. Hulle het inligting ontvang dat die groep van vyf verdagtes by die winkelsentrum gaan wees,” het Masondo gesê.

Masondo het gesê die polisie het die groep by die sentrum opgemerk en die verdagtes het op die polisie losgebrand toe die polisie hulle in hegtenis wou neem. Die polisie het teruggeskiet. Die wag is glo doodgeskiet terwyl hy probeer het om te help om die verdagtes in hegtenis te neem.

Die polisie het die verdagte wat geskiet is en nóg ʼn verdagte in hegtenis geneem. Drie kon daarin slaag om te ontsnap en is steeds soek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann ·

Maar die ANC kaders hou voet by stuk dat NIKS in SA verkeerd is nie? Geen geweld, moord, verwoesting, brand, breek, vergrype, diefstal… GEKKE PARADYS!

humor ·

Ek hoop die nuus van hierdie week is alreeds aan die hoofstroom- nuusmedia en die buitewereld en veral in Australie bekend sodat onse minister wat gekenmerk deur pruike en leuens aan die lig kan kom. Ja die land brand.

AG ASSEBLIEF TOG ·

Nee regtig waar. Kan jy nie iets meer produktief se nie? Anderste moet jy maar eerder stil bly.

Hmmm ·

Roekelose optrede van polisie. Hulle moes voorsien het dat verdagtes gewapen kan wees en dat die publiek in gevaar gestel kan word.

Hmmm ·

En jou kritiek is gegrond op? Kennis van my opleiding? Welgedaan. Jy bevestig net weereens hoekom ons land in hierdie toestand verkeer.

Cherokee ·

Die polisie het hulle gaan voorlê en steeds halwe werk gedoen. Hulle het tyd gehad om te beplan. Dit neig te klink na halwe werk.

Cherokee ·

Die onderskrywing by een foto is ‘verdagte word aangekeer’. Dit moes lees ‘verdagte word vasgetrap’. Dankie vir die beskrywing van wat die Afrikaanse uitdrukking ‘vasgetrap’ beteken. Webmeester, jy kan gerus die woorde by die foto aanpas.

AG ASSEBLIEF TOG ·

Tipiese reaksie. Is ook nooit iets te vrede nie. Duidelik het jy dit nie wat dit vat om n toegewyde polisieman te wees nie. Nog beter, as jy niks goed kan se nie, bly onvoorwaardelik stil.

AG ASSEBLIEF TOG ·

Cherokee, jy kan dit tog in elk geval nie beter gedoen het nie. Al wat jy kan doen is om afbrekerig met jou kommentaar te kan wees. Jy kyk met n negatiewe uitkyk na alles.

Johanna Botha ·

Skelms en diewe slaan oral toe lyk my ..dag of nag !

Oeps ·

Kyk net die rassistiese foto! Twee Blanke mans trap op die “verdrukte” man! Dis presies dieselfe beginsel wat die Palestyne gebruik in Israel om die IDF en andere as die “onderdrukkers”/”vertrappers” uit te wys.

Rynhardt ·

Oeps,n rassistiese foto ???Werklik?Moes die polisie liewer liefde??? ??en n paar soentjies vir verdagte uitgedeel het???????????????????

Johnny ·

Hmmm jy beskik nie oor genoegsame FEITE om so opmerking te maak.

$ ·

Daai foto waar die verdagte so vasgetrap word gaan waarskynlik binnekort die rondte doen op sosiale media (en selfs buitelandse hoofstroom-media?) met een of ander verdraaide storie …

Ai tog. ·

Rynhardt, Oeps se kommentaar was “tong in die kies” bedoel.
Lyk my Net JY het dit nie gesnap nie. Ai,tog.

Carl ·

En die Afrikaners stry al weet ondermekaar, elkeen besig om die pretensie van sy eie belangrikheid te demonstreer. Wens liewer die SAP iets goeds vir ‘n slaggie toe – hulle verdien dit. G’n wonder ons ou volkie word as verdeeld beskou nie.

Oeps ·

Dankie “Ai tog” vir die “reghelp”. Tussen die lyne lees is soms maar bietjie uhhhm -hoe sal ek sê – onverstaanbaar???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.