Skote klap by huis in KZN

Reaction Unit SA op die toneel (Foto: Verskaf)

Twee mense is gewond en een gesteek tydens ’n skietvoorval Dinsdag by ’n huis in Phoenix in KwaZulu-Natal.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die Phoenix-polisie het die aand omstreeks 18:05 die Lenham-gebied gepatrolleer toe hulle inligting van ’n skietery in Goslen Place in die Northcroft-buurt ontvang het.

“Met die polisie se aankoms by die huis het hulle van ’n inwoner verneem dat hy omstreeks 16:00 tuis was toe ’n groep mans na die huis gekom en sy seun aangerand het. Hulle het glo ook sy familie gedreig,” sê Mbele.

“Dié man se broer het glo ook ’n skoot in die grond afgevuur waarna een van die mans in die groep toe weer in die rigting van dié broer losgebrand het.”

Die gewonde man is in die Ford Bantam bakkie gekry (Foto: Verskaf)

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), sê hulle het verskeie oproepe van inwoners van die omgewing ontvang dat ’n skietery na bewering tussen ’n groep insleepvoertuigoperateurs en die familie van ’n duikklopper plaasgevind het.

“Rusa is omstreeks 18:12 na die huis ontbied waar hulle twee mans in ’n Ford Bantam-bakkie buitekant die huis aangetref het. Die man in die passasiersitplek is twee keer in sy regterarm en een keer in sy linkerbobeen geskiet. Hy was in ’n stabiele toestand,” sê Balram.

’n Man is ook tydens die voorval gesteek.

“Een van die insleepvoertuigoperateurs is na bewering in die been geskiet.”

Die groep mans het ná die skietery van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie J ·

Die resep van probleme oplos soos deur die wettelose anc op ons land van toepassing gemaak is.

Coenraad ·

“Twee mense is gewond en een gesteek….” Ek kry die twee mense regtig jammer, maar die derde persoon lyk vir my het darm heel lekker daarvan af gekom, geluk. Hier sit ek nog altyd en dink dat as jy gesteek is (met ‘n mes) is jy ook gewond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.