Skote klap by Jhb-winkelsentrum

Die polisie by verdagte wat in die been geskiet is. Foto: Verskaf

Drie verdagtes is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog Dinsdagoggend by die Cresta-winkelsentrum in Johannesburg.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ʼn groep van ses verdagtes het omstreeks 09:00 by die sentrum opgedaag en op werknemers van ʼn sportwinkel toegeslaan toe hulle die winkel oopgesluit het.

“Die verdagtes het die werkers se selfone gegryp en op die vlug geslaan. Toe die verdagtes probeer wegkom, het veiligheidswagte by die sentrum hulle gekonfronteer en ʼn skietery het ontstaan,” het Masondo gesê.

Een van die verdagtes is tydens die skietery in die been gewond. Nog twee verdagtes is by die sentrum aangekeer en drie kon daarin slaag om te ontsnap.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die selfone wat gesteel is.

Die gewonde verdagte is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy toestand is stabiel.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. ʼn Volskaalse soektog na die ander drie verdagtes is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Dis hoekom ek of geen klein besigheid in sy regte verstand in hoerdie land sal besigheid doen nie. Jy sit jou lewe in gevaar as jy dit doen.
Plaas maak oom Cyril en kie dit reg, nou gaan soek hulle buitelandse beleggers… Hoe dwaas…

leser ·

afrikaanse knaap:
cyrilspoorloos en kiepies wat met hul agterente op put toilette vassit gaan oorsee vir hulp, maar kan nie hul eie land se probleme self oplos nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.