Skote klap by Pta-winkelsentrum

Foto: @funkystallions/Twitter

Skote het Donderdag by The Grove Mall in die ooste van Pretoria geklap.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep van tussen vyf en sewe gewapende mans het op ʼn juwelierswinkel in die sentrum toegeslaan. Volgens Mavimbela het hulle ʼn onbekende bedrag se juwele gesteel.

“Die eienaar van die winkel het twee skote op die verdagtes afgevuur. Ons vermoed een van die verdagtes is tydens die voorval gewond.” Die verdagtes het van die toneel gevlug. Volgens Mavimbela word ʼn saak van sakeroof ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Julie-Ann Nel, sentrumbestuurder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê daar sal later meer besonderhede verskaf word. Sy het wel bevestig die winkelsentrum is steeds oop vir die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

E.K. die eerste ·

Sug… daardie tyd van die jaar. Wil nie werk vir geld, wil sommer net VAT! Wees versigtig mense! Oë wa-wydoop elke keer wat julle in winkels is.

MJ ·

Dit is so hartseer waar ons land hom nou bevind…
Ons is huidiglik in New Zealand met vakansie en ek is verbaas hoe veilig en skoon dit hier is… ek glo iets soos die “ou” SA.
Ek voel vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer vrede en vryheid van enige bekommernisse buite my beheer, iets wat in SA nie meer maklik beskikbaar is nie?
Ons word van kleins af geleer om “bewus te wees vir boewe” en “mooi te kyk”. Hier “kyk” niemand uit vir boewe nie, hulle LEEF net… in rustigheid en met sekerheid oor hul en hul kinders se toekoms.
Ek is vandag maar net hartseer oor SA en watse mooi land besig is om agtergelaat te word…
Geseende Kersfees vir almal.

Kallie ·

Elke mens,elke winkel is ‘n teiken deesdae. Jou handsak,jou beursie,jou selfoon,die hangertjie om jou nek,elke ding wat van waarde is aan jou maak jou ‘n teiken. Ek sien soveel mense met beursies oop en bloot in winkelsentrums stap of op selfone praat of handsakke op trollies wat nie ordentlik bewaak is nie.
Teen ‘n geweer is ons nie bestand nie,maar probeer paraat wees,op die uitkyk wees vir boosdoeners en vra Liewe Jesus om altyd vir jou en jou geliefdes te bewaar,in vandag se tye is bid al wat ons kan doen.

Meraai ·

Ons is so bewus van wat ons met ons goed doen. Alles moet toe wees en buite ander se oog. Ek was ‘n paar jaar terug in Amerika en ons het SeaWorld besoek daar. En daar is ‘n afdak waar ‘n klomp babawaentjies gestaan het. Niks weg gepak nie, karsleutels , beursies, telepone alles sigbaar en daar vat niemand die goed nie. My eerste gedagte was in SA is alles klaar weg binne minute. Ons was so automaties gewees met wegsteek dat ek dink ons vreeslik vreemd gelyk het vir hulle. Dis hartseer dat ons lewe so verander het. Eintlik so onregverdig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.