Skote klap by Pta-winkelsentrum

Die toneel by die Food Lovers Market-sentrum in Silver Lakes (Foto: Verskaf)

Minstens een persoon is gewond nadat veiligheidswagte en gewapende rowers Dinsdag tydens ʼn transitorooftog by ʼn winkelsentrum in Pretoria op mekaar losgebrand het.

Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo omstreeks 10:30 by die Food Lovers Market-sentrum in Silver Lakes in die ooste van Pretoria plaasgevind.

Van der Merwe sê veiligheidswagte van die SBV-maatskappy het net ná 10:00 by die sentrum gestop om geld in die geldwa te laai. Sy sê die mans was op pad na buite met die geld toe drie verdagtes op hulle losgebrand het.

“Die verdagtes het met handwapens op die veiligheidswagte losgebrand,” sê sy. “Hulle het daarna ʼn sak geld en die trollie waarop die sakke geld gestoot is, gegryp en na hul motor gehardloop.”

Die toneel by die Food Lovers Market-sentrum in Silver Lakes (Foto: Verskaf)

Van der Merwe sê die veiligheidswagte het daarna teruggeskiet. Sy sê die wagte vermoed dat minstens een van die verdagtes gewond is, maar kan dit nie in dié stadium bevestig nie.

“Die veiligheidswagte het losgebrand op ʼn laaste verdagte voordat hy in die motor gespring het, daarom vermoed ons dat hy gewond is. Die verdagtes het die sak en trollie in die parkeerarea gelos, maar die geld gesteel en met ʼn silwer Mercedes gevlug. Ons vermoed dat minstens R300 000 in die rooftog gesteel is.”

Sy sê drie motors is ook tydens die skietery beskadig.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen met meer inligting word aangeraai om die misdaadnoodlyn by 0860 010 111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Theresa B ·

Wakker wees – dis Desember……………………………!!!!

Morne H ·

Wakker wees – Die is Suid Afrika…………………………..!!!!!

anton ·

Ja en dit is weer kersgety en die skelms wil ”party” en geld hê maar wil nie werk vir dit nie!!!
Lekker land waar die skelms maar net vat wat hulle wil en meeste van die tyd nog wegkom daarmee.

Gogga ·

Ek wens Kerstyd is verby – dis ‘n nagmerrie in winkelsentruns6!!

Frikkie ·

Johann, dink weer dan kan die skelms met meer wegkom . Die moontlikheid sal dan wees dat niemand daar sal wees om enige leidrade of as oog getuies kan bevestig waste tiepe voertuig, hoeveel persone en waste tiepe van vuurwapens gebruik is nie. Daar sal deur die dag altyd sulke pesone wees wat wil sien wat aangaan. Die skelms sal meet tyd kry om spoorloos te verdwyn

O wee! ·

Die joernalis mag slegs ‘n getaileerde beskrywing gee as dit blanke kriminele was.
Om die res van die bevolking te eien, kan die joernalis die Menseregte Kommissie se gramskap op die hals laat haal, oor beweerde “haatspraak”
Gebruik jou verbeelding

Suzie ·

Ek verstaan nou nie mooi nie – sover my kennis strek, word die geld binne in die sak geseël – hoe sou hulle dit so maklik kon regkry om die sak oop te maak, die geld uit te haal terwyl hulle in die middel van ‘n skietgeveg ook nog is? R300 000-00 is hoeveel pakkies/bondeltjies geld?

Eddie ·

Suzie ek het dieselfde ding gedink terwyl ek die berig gelees het. Ek wonder ook.

Eddie ·

Suzie ek het dieselfde ding gedink terwyl ek die berig gelees het. Ek wonder ook.

Dina van Niekerk ·

Heel belangrikste vraag: Jy moet jou parkeerkaartjie betaal, dit in die outomaat invoer, wag vir die “boom” om te lig en die skerp goeters om terug in die grond te sak voordat jy kan “vlug” na ‘n inkopietog – hoe kry die skelms dit reg sonder hulp. Probleem le by beteuterde bestuurders van inkopiesentrums. Kry hulle “kick backs”?

lilipit ·

Dina, ongelukkig het hierdie spesifieke sentrum nie booms / parkeerkaartjies of eintlik eens wagte nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.