Skote klap by Secunda-winkelsentrum

Die Secunda-winkelsentrum in Mpumalanga (Foto: Secunda Mall/Facebook)

’n Groep gewapende rowers is Donderdagoggend tydens ’n mislukte gewapende rooftog by die Secunda-winkelsentrum in Mpumalanga geskiet.

Die rowers het glo ’n juwelierswinkel in die sentrum geteiken.

Die winkelsentrum se bestuur wou nie in dié stadium bekend maak of enige van die rowers in die voorval dood is nie en Maroela Media het verdere navrae aan die polisie gerig.

Michelle Nell, winkelsentrumbestuurder, het wel gesê die bestuur is “dankbaar” dat geen huurders, personeel of klante gedurende die voorval beseer is nie.

’n Gedeelte van die winkelsentrum se onderste verdieping is vroeër Donderdag vir ondersoekdoeleindes afgesper hoewel dié vlak na verwagting teen 14:00 oopgestel sou word.

Die tweede verdieping is reeds vroeër vandag oopgestel.

Volgens Nell is die meeste van die winkels intussen weer oop.

Dit is nie duidelik wie die verdagtes gefnuik of geskiet het nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marius ·

Laat die wat eerste gil hieroor hul huis adresse verskaf sodat dit leeg gedra kan word sonder dat ‘n vinger gelig mag word . Punt .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.