Skote klap by winkelsentrum aan Wes-Rand

‘n Veiligheidswag word by die Cradlestone-winkelsentrum behandel nadat rowers tydens ‘n rooftog losgebrand het. (Foto: Netcare 911)

Skote het die afgelope naweek binne en buite die Cradlestone-winkelsentrum naby Krugersdorp geklap toe ʼn bende rowers Sondagmiddag op ʼn juwelierswinkel daar toegeslaan het.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het opdrag gegee dat die polisie se eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad wat rooftogte by winkelsentrums hanteer, ook dié voorval ondersoek.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het teen middagete die winkel binnegekom en die werkers gedwing om agter in die winkel te bly terwyl hulle juweliersware gebuit het waarvan die waarde nog bepaal moet word.

“Skote is afgevuur terwyl die verdagtes die winkel verlaat het en nóg skote is buite die winkelsentrum geskiet,” het sy gesê.

Volgens Peters het drie polisiebeamptes wat toevallig by die sentrum was gesien wat aan’t gebeur is hulle het hulself dadelik aan diens geplaas.

“Minstens twee verdagtes is gewond tydens ʼn oor-en-weer-skietery tussen die polisiebeamptes en die verdagtes is gewond. Hulle makkers het hulle uit die winkelsentrum gedra en in twee wegkommotors, ʼn wit Nissan NP200 en ʼn swart BMW, gelaai.”

ʼn Veiligheidswag wat by die winkelsentrum aan diens was, is met ʼn lugambulans na ʼn hospitaal geneem nadat hy ook in die skietery gewond is. Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 40-jarige wag was in ʼn bedenklike toestand.

Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.

Volgens Peters soek die polisie in hierdie stadium na minstens sewe verdagtes, een van hulle ʼn vrou. Die moontlikheid dat nog verdagtes betrokke was, word in hierdie stadium nie uitgesluit nie.

Mawela het die polisiebeamptes wat ingegryp en hul eie lewe in die gevaar gestel het in ʼn poging om die verdagtes te probeer aankeer en die lewe van onskuldige omstanders te red, geloof.

“Die speurders wat hierdie en ander onlangse rooftogte by juwelierswinkels ondersoek moet, in samewerking met misdaadintelligensie, geen steen onaangeroer raak nie om te verseker dat die verdagtes opgespoor word,” het Mawela gesê.

Die polisie het enigiemand met inligting versoek om hul naaste polisiekantoor of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
koos10

Dis dieselfde area waar plaas aanvalle daagliks plaas vind. Ek dink daar is ‘n groot probleem met polisieering daar rond. Miskien moet die Generaal opdrag gee dat die ondersoek span ook daarna kyk.

Werner

Ja en as n gewapende klant ingryp dan word hy oor die kole gehaal maar die polissie beskerm lewens .Wat is die verskil

Cornelius

Wonder waar kry hulle al die vuurwapens vandaan.

melaney

Dalk ‘n “inside job”? Wonder maar net.

Duwweltjie

Daar is inderdaad nog goeie SAPD lede!