Skote klap helder oordag by winkelsentrum

Die rooftog by Browns in die Cradlestone-winkelsentrum (Foto: Facebook)

Minstens een mens is beseer nadat gewapende rowers Sondagmiddag op die Browns-juwelierswinkel in die Cradlestone-winkelsentrum in Krugersdorp aan die Wes-Rand toegeslaan het.

Volgens Rudi Pieterse van BCI Protection Services het sowat ses tot agt gewapende mans op dié winkel toegeslaan.

Pieterse sê die man wat in die voorval gewond is, is ʼn veiligheidswag.

“Die gewapende rowers het kort nadat hulle toegeslaan het uit die winkelsentrum ontsnap en op die R28 gevlug,” sê hy.

ER24 se nooddiensspanne is tans op die toneel. Niemand anders is klaarblyklik in die voorval beseer nie.

Volgens ooggetuies op sosiale media is meer as vyf skote afgevuur. Pieterse kon nie bevestig of enigiets in die rooftog gesteel is nie.

Die Krugersdorp-polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eish ·

Geen veiligheid tussen massas nie. Met onwettige wapens wat in oorvloed beskikbaar is en geen perke aan misdadigers se roekeloosheid nie, sal bestuur eenvoudig moet herbesin oor veiligheidsmaatreëls by beisigheidsentrums.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Sputnik
Jy is inderdaad in die kol! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Anonnie ·

Dit klink heeltemal te veel na wat gebeur het by Brown’s in Clearwater nou onlangs…. Daar is ‘n GROOT slak in die tuin!!

dance ·

Minstens een mens? Is dit nie een persoon? Of wat julle dit roep altans.

Ruby ·

‘n Juwelierswinkel in Mall of The South het Sondag 30/07/17 ook deurgeloop en gereeld winkels in Alberton City.

Elsa ·

WAAR is sigbare en betroubare Polisie en Sekuriteitswagte wat kan diend doen…? sodat almal veilig kan voel .. wonder hoe ontsnap booswigte deur BOOMS sonder arrestasies…kundige geregsdienaars MOET ontplooi word , nie more nie moes al gister gewees het

Louis ·

Is die Browns weer gister geroof, of is dit die roof van 2 weke terug wat nou eers gerapporteer is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.