Skote klap in Kaapstad-hospitaal

Twee pasiënte is Saterdagaand dood en ʼn polisiebeampte ernstig beseer toe ʼn 40-jarige man die polisiebeampte se vuurwapen by hom afgeneem en verskeie skote gevuur het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die polisie van Seepunt het ʼn 35-jarige verdagte na New Somerset-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“ʼn Man in die saal het die vuurwapen van ʼn polisiebeampte gegryp en hom deur die kop geskiet. Hy het nog skote gevuur op twee pasiënte wat naby hom was. Albei pasiënte is op die toneel dood verklaar en die 32-jarige polisiebeampte is ernstig beseer.”

Polisiebeamptes op die toneel het die vuurwapen van die verdagte afgeneem en hom in hegtenis geneem.

Die identiteit van die slagoffers is nog nie bekendgemaak nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.