Skote klap in Kaapstad

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Sewe mense is Dinsdagoggend by ʼn taxistaanplek in Kaapstad geskiet.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 by die Joe Slovo-taxistaanplek op die hoek van Democracy- en Freedomweg in Milnerton plaasgevind.

“ʼn Wit Quantum-minibus het by die staanplek stilgehou. Vier onbekende mans het uitgeklim en lukraak op die mense by die staanplek geskiet voor hulle van die toneel gevlug het,” het Van Wyk gesê.

Van Wyk het gesê vyf taxibase, ʼn taxibestuurder en ʼn passasier is gewond.

“Een taxibaas het self na ʼn hospitaal toe gery en die ander slagoffers is met ʼn ambulans na hospitale geneem. Een van die slagoffers het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. Die motief vir die aanval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mia Joubert ·

Ek lees die berig en die adres val my op ….. op die hoek van Democracy en Freedomweg. So eie aan Suid-Afrika

Haan ·

“Joe Slovo” “Democracy” en “Freedom”… Hoe ironies dat die tragedie juis dáár afgespeel het

marous ·

Nou gaan hulle dit weer verander na bloed straat en duikweg en hospitaal straat…

Dies ·

Hulle sal trots wees om te sien hulle nalatingskap het toe inderdaad in n kommunistiese chaos uitgedraai.

TDW ·

Ek sal graag wil hoor van die kapenaars daar wat aan die gang is. Asb lewer kommentaar.

Katsikobiep ·

Onwettige vuurwapens word gebruik, SAPS kry dit eers van die straat af, voor julle ons s’n kom haal!

jakes ·

Die nuwe wildeweste is mos nou in SA. ” Billy the Kid” is n vulletjie teen wat elke dag hier gebeur. Skiet en hol is die modis operandi van hierdie skurke en gewoonlik word hulle nooit gevang nie. Is om van naar te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.