Skote klap in Standerton toe groep rowers toeslaan

Die boere se bakkie waarop geskiet is. Foto: Verskaf

ʼn Boer is in die gesig geskiet, ʼn veiligheidsbeampte is gewond, twee polisiebeamptes is in ʼn motorongeluk beseer en vyf verdagte is deur die polisie vasgetrek – dit alles nadat ʼn bende rowers op twee sigaretafleweringsvoertuie in Standerton, Mpumalanga, toegeslaan het.

Lt.kol. Johannes Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die gebeure het Donderdag omstreeks 08:20 buite die dorp begin. “ʼn Toyota Corolla het twee ongemerkte bussies ingewag wat elk ʼn vrag sigarette vervoer het. Saam met die bussies was ʼn veiligheidsvoertuig wat die voertuie vergesel het,” het Nhlabathi gesê.

Hy het gesê die Corolla het op die Bethal-pad naby die Tutuka-kragstasie voor die voorste bussie ingery en dit tot stilstand gedwing. Die eerste bussie moes so vinnig rem aanslaan dat die agterste bussie teen die voorste een gebots het. Kort daarna was daar tussen tien tot 20 swaargewapende mans wat intussen in vermoedelik vyf ander voertuie op die toneel stilgehou het.

“Die verdagtes het op die veiligheidsbeampte in sy voertuig geskiet en die man in die arm gewond. Die verdagtes het daarna die sigarette uit albei voertuie gesteel en in hul Quantum-bussie gelaai.”

Intussen het twee broers, onderskeidelik 30 en 34 jaar oud, wat albei op ʼn plaas naby die toneel boer, toevallig verby die toneel gery. “Hulle het werkers op hul bakkie gehad en het hulle by hul plaas gaan aflaai toe hulle op die toneel afgekom het. Hulle het die drama van ʼn afstand af dopgehou en ons van die voorval ingelig,” het Jannie Kasselman, eienaar van Kasselman-veiligheidsdienste, aan Maroela Media gesê.

Die veiligheidsdienste het spoedig gereageer en alle strukture in werking gestel.

Die rowers het intussen met hul buit op die vlug geslaan, waarna die twee broers hulle in die rigting van Standerton agtervolg het en die rolspelers van hul posisie ingelig het, terwyl die Kasselman-veiligheidsdienste hulle ingewag het.

“Die rowers het agtergekom hulle word agtervolg en het op die boere se bakkie met AK47’s losgebrand. Die 34-jarige man is in die gesig onder die oog getref,” het Kasselman gesê. Die man se broer het met hom na Standerton gejaag vir mediese hulp, maar die bakkie het op pad daarheen onklaar geraak aangesien die verkoeler flenters geskiet is. ʼn Verbyganger het hulle te hulp gesnel en na die dokter geneem. Volgens Kasselman is die man intussen uit die hospitaal ontslaan.

‘n Polisiehelikopter help na verdagtes soek. Foto: Verskaf

Ondertussen het die konvooi rowers hulle in die polisie, verskeie buurtwagte van omliggende dorpe en veiligheidsdienste vasgeloop en op hulle geskiet. Die polisie en veiligheidsdienste het teruggeskiet en het vermoedelik van die verdagtes gewond. Van die rowers het in die bosse naby die dorp se buiteklub ingehardloop, terwyl die ander rowers minstens twee niksvermoedende motoriste se motors gekaap en daarmee gevlug het.

“Hulle het bloot in die pad in geloop en ʼn geweer op die bestuurder gerig en die insittendes gedwing om uit hul voertuie te klim. Dit was absolute chaos. Hulle het selfs ʼn konstruksievoertuig gekaap en die bestuurder gedwing om hulle op ʼn sekere plek te gaan aflaai. Op die ou einde was daar tussen ses tot agt misdaadtonele,” het Kasselman gesê.

Die owerhede het in ʼn stadium van die bosse aan die brand gesteek in ʼn poging om die verdagtes uit die ruigte uit te dwing.

Intussen is twee polisiebeamptes beseer toe hulle na een van die tonele gejaag het. Die voertuig waarin hulle was, het buite beheer geraak en omgeslaan. Die beamptes is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

Ná ʼn volskaalse soektog wat ure geduur het, is vyf mense ingeneem vir ondervraging. “Van hulle beweer hulle was net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd en ons stel nadere ondersoek in om te kyk of hulle met die voorval verbind kan word,” het Nhlabathi gesê.

Die res van die verdagtes kon daarin slaag om met die twee vragte sigarette weg te kom en is steeds soek.

Kasselman het die polisie, die twee broers, honde-eenhede, ander veiligheidsmaatskappye, AfriForum se buurtwagte en alle rolspelers bedank wat saamgewerk het in ʼn poging om die verdagtes aan te keer.

“Selfs die gemeenskap het saamgestaan en kos, koeldrank en water aangedra vir al die mense wat na die verdagtes gesoek het. In ʼn tyd van ʼn noodgeval is dit wonderlik om te sien hoe die inwoners van die dorp en omliggende dorpe saam kan kom en saamstaan. Daar het selfs hulp sover as Nelspruit gekom in die vorm van hul lugvleuel, wat ontsettend baie gehelp het,” het Kasselman gesê.

Die polisie ondersoek onder meer ʼn saak van gewapende roof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lorieka ·

Alles die role is binne in gereel hoe weet ek wat vervoer n Vreemde trok

cor ·

Dit klink soos ‘n Moderne skop skiet en hardloop movie , so regte wilde afrika style. Daar was defenitief binne inligting want hoe anders het die rowers geweet die bussies vervoor vandag sigarette. Dit wys jou net hoe gevaarlik is dit om te rook.

Katje ·

Dat n mens nou so desperaat is vir n sigaretjie en n klein oorloggie moet begin.

Chris Ws ·

Dis beslis ‘n “insidejob” anders hoe het die rowers geweet watter voertuie vervoer die sigarette?

Ernst ·

Ek kan nie glo dat n voertuig vol sigarete kon ontsnap nadat die rowers in die veld vedwyn het. Wat van al die wapens?

Ernst ·

Ek kan nie glo dat n voertuig vol sigarete kon ontsnap nadat die rowers in die veld vedwyn het. Wat van al die wapens?

Oudste ·

Enigiemand wat iets van vuurwapens en die hantering daarvan weet, sal kan getuig dat hierdie misdadigers weet hoe om daardie vuurwapens te hanteer. Kyk na die groeperings wat deur die voorruit geskiet is en dit vanuit ‘n bewegende voertuig. Weermag, Polisie of ander veiligheidsdienste werknemers?

Paul ·

Ja nee, ek het dieselfde gedink. Kan nie dink daardie groeperings is behaal vanuit ‘n bewegende voertuig, op ‘n bewegende teiken, met ‘n AK nie. Maak nie saak of jy John Rambo is of wie nie, g’n mens skiet so goed nie.
Hulle moes sekerlik beide stilgehou het? Dalk het die rowers stilgehou toe hulle agterkom hulle word agtervolg en die boere het ‘n ent verder weg stilgehou? Selfs dan is dit steeds goeie groeperings, wat aandui dat dit iemand is wat baie bedrewe is met ‘n vuurwapen.

Ina ·

Dis die 2 broers wat terug geskiet het vanuit die (stilstaande) bakkie se groepering wat jul sien…

Oudste ·

Die foto se onderskrif verwys: “Die boere se bakkie waarop geskiet is.”

johny_walker ·

Dit was bleikbaar die manne in die bakkie wat uitgeskiet het , die een is nog steeds in die hospitaal , wil nou nie te veel sê nie

marous ·

Die polisie se optredes is oneffektief. Die misdadigers sit vir hulle ore aan , selfs te voet. Nou begin hulle al bosse brand?

Catryn ·

@marous, of die polisie wil voorkom as “oneffektief” vir groter misdaad … het al so baie gesien een was die ander hand…

Catryn ·

Stem nogal saam oor die “voertuie” wat so subtiel raakgeskiet is, iemand wat weet hoe om te skiet… en waar mens in elk geval jou lewe waag vir rowers wat sigarette wil steel, laat hulle dit steel, en klaarkry. Die jong boere kon net sowel doodgewees het, hulle kan dankbaar wees dat hulle net gewond is.

Polisie moet eerder binne die maatskappy wat die verpakkings doen vir aflewerings, gaan snuffel, want iemand het hier inligting deurgegee aan die misdadigers.

Militus ·

Evil prevail while good men do nothing.

Dankie Boere, julle is ysters!

Wessel ·

Bly om te sien hoe die gemeenskap en gemeenskapstrukture betrokke raak. Dit sal alhoemeer belangriker word in die toekoms.

Charles Rossouw ·

Die veiligheids maatskappy van Kassie is al verskeie kere betrokke gewees waar hul plaas aanvalle gestop het. Hulle is regtig betrokke in die gemeenskap. Wel gedaan.

Big daddy ·

Daai groepering op die ruite is nie standaard nie. Daai is opgeleide manne wat daar geskiet het.

Johannes Meintjes ·

“Proudly South African”. Leierskap in SA is skynbaar trots-tevrede op die wanorde, chaos en geweld wat ten tye van hulle leierskaptermyn, – hetsy in die Parlement, kerk, regering, handel en nywerheid of samelewing van die Nuwe SA plaasvind. Die burgers kreun, kerm en bloei …

donker duiwel ·

Nee jong. Net die wittes kreun en kerm en bloei. Die ander gaan maar net aan want dit is vir hulle normaal. Hulle verkies dit so.

Jennifer ·

Dankie vir die boere, hul is nog bereid om hul lewe te waag vir ander.

anton ·

As julle mooi kyk na die gate in die windskerm, kan dit nie van die aanvallers gekom het nie want dan was albei boere vol gate geskiet.
Dit maak sin dat dit afkomstig is van die 2 boere wat terug geskiet het!

Nita ·

Ai die land van braaivleis,sonskyn en Chevrolet is nou die land van rowers,moordenaars en chaos.

donker duiwel ·

Mens kan eintlik net lag. In Amerika sou hierdie in die volgende Heat movie wees. Dankie NP dat julle ons uitgelewer het aan hierdie gemors. Die nuwe Suid Afrika is bakgat. Kyk hoe geniet ons mense vrot rugby terwyl hulle uitgemoor word en die land kaal gesteel word. Ons se baie baie dankie….

Ander Annie ·

Dit moet spesiale sigarette wees. Wat is in daardie sigarette? Die spulletjie kon darem mooi skiet. Baie opleiding gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.